Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 3
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 197

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248.

Die Persiese vrees vir die Romeine

197 Ek sê: "Het julle dan nooit in julle land die berig ontvang dat daar dertig jaar gelede in `n stal te Bethlehem, die ou stad van Dawid, uit `n maagd `n Koning vir die Judeërs gebore is nie?

[2] Drie wyses uit julle Moreland het `n ster gesien, en vra hul gees, wat hierdie ster, wat hulle nie geken het nie, beteken het. En die gees dra hulle op om die ster te volg. Dit sou hulle lei na die pasgebore Koning van die Judeërs, wat op aarde `n ryk sou vestig wat ewig geen einde sou hê nie.

[3] Die wyses het goud, wierook en mirre geneem, bestyg hul lasdiere met `n groot en skitterende gevolg, en trek die ster agterna, wat nie gerus het voordat die geboorteplek van die pasgeborene bereik is nie. Daar soek die drie toe na die pasgeborene en kom by Herodes, wat hulle ook nie kon inlig nie, maar hulle weer na Bethlehem verwys het waar die wonderbaarlike ster stilgestaan het. Hy raai hul aan om ywerig te soek, en versoek hul tewens om direk by hom aan te meld, sodat ook hy daarheen kon gaan om aan die pasgeborene eer te bewys.

[4] Toe die wyses die pasgeborene vervolgens gevind het, en Hom hul offers aanbied, waarsku `n gees uit die hemele hulle terstond om hul ontdekking nie aan Herodes te vermeld nie, waarop hulle toe langs `n ander weg na hul land teruggegaan het.

[5] Sê eers of en wat julle daaroor gehoor het!"

[6] Die afgevaardigde sê: "Ja, ja, u herinner ons aan `n voorval wat in die hele Persië tot aan Indië toe baie stof opgeskop het. Want die drie wyses, soos `n mens daar langs die grens van Indië meer van hulle vind, het toe baie rugbaarheid aan die saak gegee, sodat dit selfs tot die koning deurgedring het. Hy het egter nie baie aandag daaraan geskenk nie, omdat hy die wyses geken het en geweet het dat hulle altyd geneig is om van `n muggie `n olifant te maak! Sulke dinge het daarom nooit baie indruk by ons gemaak nie, soos wat alle towenaarswonderwerke nou ook in hoë kringe alle waarde van die vreemde en buitengewone verloor het, omdat `n mens in bevoegde kringe meer as voldoende op die hoogte moet wees met allerlei soorte magiese towerhandelings. `n Mens kyk nog wel na baie gekose en geslaagde toorkunste as `n mens in `n goeie bui is, en `n mens lag ook daarby as daar grappige dinge gebeur, - maar soos gesê, sulke toorkunste het by ons geen waarde nie.

[7] Slegs die suiwer, met getalle aantoonbare waarheid is by ons van belang. Alle ander bepaalde wonderlike, afwykende dinge het by ons gegoedes alle waarde verloor en ons gee glad nie meer daarvoor om nie! Daar kan op die beste hier en daar baie korrekte dinge daaragter steek, maar dit lê dan so onder allerlei mistiek begrawe dat geen menslike vernuf dit ooit volledig onbesmet voorendag kan haal nie. U, verhewe Vriend, sal dit met my eens wees dat dit verstandiger is om alle sintuie slegs op die suiwer waarheid te rig, as om met `n digterlike dwepery toegedaan te wees, hoe uitsonderlik dit ook mag wees!"

[8] Cyrenius sê nou terloops aan My: "Heer, dit lyk vir my dan dat ons met ons saak met hierdie, op sigself weliswaar baie gewaardeerde mense, niks sal bereik nie. Hulle sit te diep gewortel in hul getallewaarheid, en is vierkant teen alles wat ons geloof poog om te noem! Ook skyn hulle sondermeer vyande te wees van watter wonderwerk ookal, wat altyd deur U in die uiterste geval gebruik word as `n onweerlegbare bewys van U volle goddelikheid.

[9] Met `n wonderwerk sal u dus moeilik by hulle kan aankom as U dit nie heeltemal teen hulle hare wil instryk nie. Ook met ander bewyse ter verklaring van dit wat op U betrekking het, sal mens met die tekste in die profeet Jesaja en in Dawid en Salomo, niks met hulle kan uitrig nie, omdat die profete slegs by hulle aangeskryf staan. Ek sien dan ook werklik geen derde uitweg meer nie! Want met getalle is tog nie te bewys dat U die werklike Messias is nie, en op `n ander manier skyn hulle nie toeganklik te wees nie!"

[10] Ek sê sydelings aan Cyrenius: "Laat dit maar, daarvoor sal Ek wel sorg! As mens `n Mathael en `n owerste Floran in die goeie spoor kon gebring het, dan sal `n mens hulle ook wel sover kan bring. Die hardnekkigste was tog wel owerste Stahar en nou is hy heeltemal in orde, - hierdie eerlike mense sal des te vinniger en makliker in die regte orde gebring kan word!"

[11] Cyrenius sê: "Daaraan twyfel ek nie, want slegs vir U is alle dinge moontlik, maar vir my begrip wat nog baie menslik is, is dit volstrek nie maklik uitvoerbaar nie."

[12] Ek sê: "Ongetwyfeld, maar daarom tog nie onmoontlik nie. `n Mens moet hulle egter vooraf die moontlikheid gee om hulle volledig van die saak los te maak. Eers later, as hulle hul innerlike heeltemal vrygemaak het, en daar niks agtergebly het nie, kan daar `n nuwe vrug in die gereinigde tuin van hulle hart gelê word!"

[13] Terwyl Ek die gesprek met Cyrenius gehad het, het die Perse onderling gestaan en fluister, en ons afgevaardigde, wat Skabbi heet, sê aan sy metgeselle: "Ek kry altyd meer die indruk dat ons op gloeiende kole staan! Die geskiedenis van die Messias moet hier baie bekend wees. Die Romeine met hul fyn neuse het beslis iets daaroor gehoor, en soek nou waarskynlik in alle hoeke van die Judese ryk om êrens die hand op die man te lê wat hier op aarde, duidelik tot nadeel van die wêreldheersers, `n ewige, onvernietigbare, en tewens volkome onoorwinlike ryk moet vestig. Daarom moet ons baie oppas om nie by die Romeine in `n netelige situasie te beland nie!

[14] Die Man wat nou heimlik met die opperstadhouer gepraat het, is kennelik `n erg sluwe, deur die wol geverfde ondervraer van Rome! As ons ook maar net `n bietjie aan die komende Messias sou geglo het, was ons hier al so goed as geoffer! Daarom is dit hier noodsaaklik om ons stereotiep by die wiskunde te hou en om meer te luister as om te praat. Begin iemand hier weer oor die Messias te praat, dan weet ons terwille van ons huidige aardse heil wat ons vir die uiterlike skyn asof uit één mond moet sê! Ons weet self goed wat ons as Judeërs van die profete moet dink, maar hierdie slimmerikke hoef ons dit nie aan die neus te hang nie! Die regter en ondersoeker ken ons Skrif van a tot z beter as al ons skrifgeleerdes, en wou wel kat en muis met ons speel, maar ook ons is slim en wys en dit sal Hom nie geluk nie, ondanks die feit dat ons hier deur die wonderlike Man van die sekere ondergang gered is. Daarom hou ons onsself nou streng by ons wiskunde, dan sal ons nog wel heelhuids hiervandaan afkom! Maar as ons ook maar enigsins ons mond verbypraat, sal dit ons in die grootste ellende kan stort!"

[15] Al die ander gee Skabbi gelyk en beloof om hulle hier soos één man te gedra, en geen woord van alles wat hulle met betrekking tot die Messias geglo het, te verraai nie.

[16] Toe gaan Ek weer by hulle staan en sê aan die afgevaardigde: "Maar Skabbi, waarom dink julle dan in julle hart sleg oor My en oor die onskuldige Romeine?!

[17] Dink jy dan dat dit My ontgaan het, wat jy nou hier in die geheim met jou mense afgespreek het? Ek sê vir jou: geen lettergreep het My ontgaan nie! Want die Een wat dit sien en geweet het toe julle in groot gevaar was, omdat Hy julle andersins geen hulp kon laat ontbied nie, sien ook hier tot op die bodem van julle hart! As Hy dit egter baie opreg en goed met julle bedoel, waarom wil julle Hom dan geen vertroue gee nie?"

[18] Skabbi sê: "U is wel baie verstandig en wys, maar sal U wysheid ons wel kan help? Ook geeneen van ons is egter bepaald op sy agterkop geval nie, en ons glo dat ons U deurgekyk het! Die vernaamste Romeine staan aan U kant, - nie ver van hier is Romeinse soldate gelaer, waarskynlik om iemand êrens by te dam ingeval mense Hom deur allerlei sluwe vrae en praatjies sou opspoor!? Maar by ons hoef U Hom sekerlik nie te soek nie, want hier sal U ewiglik niks ontdek nie!"

[19] Terloops sê Cyrenius toe weer vir My: "Ag, dit is tog baie vreemd met hierdie mense! Nou gaan hulle die dinge selfs op `n spesiale manier anders voorstel! Wie het Hom nou agter hierdie mense gesoek?! Maar nou is hulle eers werklik geïsoleer en geblokkeer en wel so, dat hulle nou van geen kant af meer te benader is nie! Wat moet ons nou met hierdie mense doen?! Hulle maak vir hulleself `n vaste, totaal verkeerde voorstelling van ons, wat hulle by hulleself, jammerlik genoeg, sodanig vasgesit het dat ons eintlik glad nie iets daaraan kan verander nie. Dit is nou egter die vraag wat daaraan gedoen kan word!"

[20] Ek sê: "Daaraan sal nog baie te doen wees; hulle staan nou al baie digter by die doel as voorheen! Hierdie versigtigheid het hulle al dadelik in die begin, sonder om iets te sê, in ag geneem, omdat hulle vir julle, die Romeine, hier sien! Want by hulle het hulle (die Romeine) sedert `n tyd gelede die gerug versprei dat die Messias werklik in die Judeërs se land opgestaan het en groot tekens daar verrig. Die Romeine sou egter wind daarvan gekry het, en hierdie Messias nou meedoënloos vervolg. Daarby sou hulle dit nie alleen fel op die Messias uitgehaal het nie, maar ook op elkeen wat laat merk om ook maar iets te glo van `n Messias wat nog moet kom, of `n Messias wat alreeds gekom het. En kyk, dit is die hele rede vir hulle beeldvervorming, waarvan ons gou die baas sal word!"


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205