Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 3
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 198

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248.

Skabbi bly agterdogtig

198 Cyrenius verstaan nou wel wat daar met die Perse aan die gang was, maar hy verstaan net nie hoe so `n sataniese lasterpraatjie van die Romeine by die Persiese Judeërs tereg kon kom nie, en wie sulke afskuwelike saad daar uitgestrooi het nie.

[2] Ek sê: "Weet die tempel dan nie dat Ek al ongeveer nege maande My leer verkondig nie?! Gaan maar eers daarheen en win daar inligting in! Daarvandaan kom alle kwade en valse berigte oor My, oor My dade, en ook oor julle Romeine, omdat hulle weet dat julle nie teen My is nie! Johannes die Doper sou nog gelewe het as die tempel nie geweet het om die moeder van die mooi Herodias aan die arm te neem nie!

[3] Alles is afkomstig van die tempel, en sy arms ryk ver oor die aardbodem, maar weldra sal `n mens dit `n groot stuk korter maak! Kyk, só staan die dinge nou en jy sal hopelik kan insien dat dit weliswaar moeilik is om met hierdie mense ooreen te stem, maar dit is geen verlore moeite nie! En hulle moet op die regte weg gebring word, omdat dit andersins werklik nie goed sou wees vir My, vir My leer en vir julle nie!

[4] Nou sal jy ook die werklike rede begin sien waarom Ek eintlik hierdie Perse van die ondergang op see gered het. Om hul liggame in die lewe te hou sou Ek geen engel gestuur het om hulle te red nie. Maar omdat die regte voorligting deur hierdie mense oor My en My werk baie belangrik is in verband met die groot invloed wat hulle op hul groot land en op hul talryke volk uitoefen, moes Ek hulle lewens red. Sonder hulle sou ons geen effektiewe middel gehad het om die Perse te bevry van hul eenmaal opgevatte wanvoorstelling nie."

[5] Cyrenius sê: "O Heer, Aan U alleen alle lof, nou is alles weer in orde en ek verstaan nou alles! Gaan nou maar weer verder met hulle, want ek sien nou goed in dat daar seker baie goeie resultate te wagte kan wees en ook moet wees!"

[6] Terwyl Ek Cyrenius egter terloops inlig, dink die Perse iets baie anders daarvan, en ons Skabbi sê aan sy metgeselle: "Kyk net hoe beide leiers saam heimlik staan en oorleg pleeg op welke nuwe, nog sluwer manier hulle ons miskien tog kan vang! Want tot nou toe het hulle niks uit ons gekry wat ons weet nie, maar nou moet ons nog tien keer erger oppas! Tot nou toe het hulle slegs die geskut in hul stellings gebring, maar nou sal hulle hoogswaarskynlik met muurdeurbrekende stormramme begin, en as ons nie baie goed kan standhou nie, sal ons soos dun riete fyngestamp word! Daarom moet elkeen van ons soveel moontlik op sy hoede wees! Want hulle mag beslis nooit ons innerlike geloof uit ons te voorskyn haal soos `n emmer water uit die een of ander onderaardse reënput nie! Die ondersoeker het my eers angs wou aanjaag deur te beweer dat hy ons geheimste gedagtes baie akkuraat ken soos wat Hy vroeër ons nood op die water gesien en onderken het. Maar ek dink by myself: "O, sluwe jakkals! Deur die gat sou jy dus wou ontsnap?! O, dit sal nie deurgaan nie, snode vriend!” Hy sien egter gou in dat Hy my op die manier sekerlik nie sou kon vang nie, daarom gaan Hy dadelik na die opperstadhouer toe, en nou het Hy vaste oorleg met hom gepleeg, welke val nou voor ons gesit sou moet word om ons met sekerheid te vang. Maar sowel positief as negatief sal ons met geen val te vang wees nie! Ons moet egter oplet soos kraanvoëls in hul moerasse, - andersins is ons verlore!"

[7] Een van hulle sê: "Hoe ken hy dan jou naam? Van ons kon hy dit nie te wete gekom het nie!"

[8] Skabbi sê: "Dit lyk weliswaar baie vreemd, maar dit moet ons nie van wysie afbring nie, want die weë en middele wat sulke, deur die wol geverfde mense, ten dienste staan om baie geheime dinge van ander mense te wete te kom en te verneem, is ontelbaar. Daarom moet `n mens homself nie so maklik deur sulke verskynsels laat mislei nie.

[9] Slegs God alleen is alwetend - en `n mens maar net dan as hy deur God se Gees geroep word om aan ander mense dinge te openbaar wat die vermoëns van `n normale mens nooit sou kon ontdek nie. So `n mens wat deur God besiel is, kom egter maar selde in hierdie slegte, selfsugtige wêreld in - en by die duistere heidene, wat vol heers- en selfsug is, geheel en al nooit nie.

[10] Maar hierdie mense, wat met die hele wêreld en sy wyses op allerlei maniere in verbinding staan, is deur en deur opgejaagde sluwe jakkalse, en voortreflik verstaan hulle die kuns om mense met hul geheime te flous! Met vriendelikheid, strengheid, grootmoedigheid, geduld, selfs deur hul geheime prys te gee om by die ondervraagde `n totale vertroue te wek en sy tong los te maak, en so benodig word nog meer van sulke truuks aangewend om agter die baie, selfs mees verborge, geheime van die mense te kom. As hierdie heidene wat van elke medelye gespeen is, egter eenmaal in die kennelike besit gekom het van wat slegs skynbaar in hul heerssugtige planne in die weg staande geheime is, wee dan diegene wat hulleself aan hierdie onmense verraai het! Hulle is slu en sleg en kan alleen maar deur `n enorm sluwe set van die teenparty in toom gehou word! Weliswaar kan hulle langs allerlei verborge weë steels groot geheime agterkom, - maar nooit agter die geheime van die hart as die ondervraagde weet om dit volhardend te verberg nie!

[11] Vriende, ons staan nou hier voor onverbiddelike regters! Die omstrede en deur die heidene gehate tema is die Messias, wat nou al werklik verskyn het soos wat ons van alle kante af onmiskenbaar verseker is. In Galiléa moet Hy Hom êrens verborge hou tot Sy ware, presiese berekende tyd sal kom. Daarom maak die heidene jag op Hom, en slegs al die geloof aan die moontlikheid van ontsnapping van die groot Redder van die Judeërs uit die harde en skerp tierkloue van die heidene, is dodelik! Julle weet nou op welke bodem ons tans staan en julle sal daarom ook weet wat daar gedoen moet word!"


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205