Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 3
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 199

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248.

Die beter insig van Jurah

199 Die ander sê: "Jy is weliswaar altyd die versigtigheid self, en versigtigheid is die moeder van die wysheid, maar hier lyk dit nie of jy dit reg gebruik nie! Want ons het ook `n bietjie mensekennis, en hoe langer ons die ondersoeker gadeslaan, des te meer verdwyn elke gedagte dat Hy iets kwaads ten doel het! Ek, jou mede-afgevaardigde, het voorheen my ore baie gespits, en het baie gehoor van die geheime bespreking van die ondervraer met Cyrenius. Dit het slegs betrekking gehad op `n ligte besorgdheid oor die moontlikheid om ons van ons waansin te genees! Die tempel moet ons indirek op lafhartige wyse heeltemal verkeerd ingelig het oor die Messias en oor die Romeine, waardeur ons nou `n blinde angs vir hulle het, en ons regte en goeie geloof vir hulle verberg!

[2] Op ons weg hierheen het ons tog wel die geleentheid gekry om die Romeine wat oral aanwesig is, gade te slaan, en ondanks al ons sluwe navrae kon ons nêrens iets ontdek, waaruit op te maak sou wees dat die Romeine werklik so onmenslik is nie. Inteendeel hoor ons altyd dat hulle allerweë baie ongedwonge is en dat hulle die beste beoordeling ter wêreld het. Jy sê wel altyd: 'As hulle by hierdie geleentheid onmenslik sou wees, dan sou hulle dit wel baie goed weet om voorlopig voor die oë van die wêreld te verberg en om nie voortydig onrus onder die volk te saai nie!” Maar die mening deel ek nie. Elke mens behoort tog altyd aan `n familie wat hulle verdwyning tog wel sou moet merk, en daarna sou gaan navors waarheen die geliefde familielid verdwyn het! Maar tot op hede is van so iets nog nêrens `n spoor gevind nie, en daarom glo ek hier dat jou, origens baie prysenswaardige, versigtigheid te ver gegaan het, veral teenoor die baie oop en opregte Ondervraer!

[3] Ek het egter nou iets heeltemal anders hier bemerk en wel iets baie uitsonderlik, en dit verbaas my baie dat dit jou skerp blik heeltemal ontsnap het!"

[4] Skabbi sê: "Nou, wat dan?! Ek sou tog ook iets moes gemerk het, want my oë ontgaan andersins nie so maklik iets nie, en my gevoel is so teer soos `n oggendbriesie. Dit sou my verbaas het as jy iets hier ontdek het wat my oë sou gemis het!"

[5] Die tweede afgevaardigde, wat Jurah heet, sê: "Tog wel! Het jy nie gemerk wat die Ondervraer so terloops wou aangee toe Hy ons Elia se visioen in die grot so goed verstaanbaar - asof dit op Homself betrekking gehad het – verklaar het nie?"

[6] Skabbi sê: "En wat sou Hy dan daarmee wou aangedui het?"

[7] Jurah sê: "Niks anders nie as dat hy Sélf die beloofde Messias is, voor wie se mag alle heersers van die aarde hulle moet buig! Kyk, dit het jou groot versigtigheid heeltemal ontgaan en dit het ek ontdek! Ook hoor my baie gespitste oor hoe die opperstadhouer kort tevore jou ondersoeker sy 'Heer' genoem het! Iets ongehoords vir `n Romeinse opperbevelhebber! Kyk, dit is suiwer dinge waarmee `n mens uit louter oordrewe versigtigheid tog werklik nie sommer oorheen moet hardloop nie! Maar wat as hierdie seldsame Man moontlikerwys tóg die beloofde Messias sou wees?!"

[8] Skabbi sê: "Nou, dan sou hy baie tevrede kan wees met my teregte sorg, want my versigtigheid is juis daarop gerig om die heiligheid van ons godsdiens te bewaar vir die gif van die heidene! Jou waarneming kan sekerlik waarheid bevat, maar sonder die skerpste, mees geheime ondersoek mag ons nie sommer iets aanneem nie, - tensy ons deur die oortuigendste bewyse gewoonweg daartoe gedwing sou word. Want alles wat jy waargeneem het, sou tog `n listige masker kan wees, en dan sou dit baie moontlik kan wees dat ons op die plek wat deur my gevrees was, staan! Wees dus maar kalm, vriend! As sulke dinge waar is, neem die mens dit altyd nog vroeg genoeg aan, want `n oorhaastige aanvaarding sou iemand in `n groot verleentheid kan bring!"


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205