Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 3
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 2

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248.

Oor die verskyning van hoë, hemelse wesens

2 So is aan ons Romeine uit die geskiedenis genoeg oorlewerings bekend waarin vermeld word dat byvoorbeeld Sokrates, Plato, Aristides en nog baie ander wyses altyd `n beskermgees by hulle gehad het, wat hulle ingelig het en hulle altyd, afhangende van hul intelligensie, wyse lesse en in noodgevalle betroubare raad gegee het. Die van hulle wat die raad nie gevolg het nie, kon verseker wees van skadelike gevolge.

[2] Wel, as `n mens dit weet, deels uit die geskiedenis en deels uit persoonlike ervaring, dan kom so `n verskyning, soos wat julle hier teëgekom het, vir jou tog nie so onmoontlik voor nie. Kortom, ons weet uit die talle oorlewerings en uit hedendaagse ervaringe dat hoë wesens gladnie so selde as wat baie dink, by ons mense kom nie, hulle op allerlei wyses herkenbaar maak en ons eers hieroor en dan weer daaroor duidelikheid gee. Onder die omstandighede is ons engel beslis nie so `n ongewone verskynsel soos wat `n mens aanvanklik geneig was om te dink nie!

[3] Dat so `n volmaakte gees kragte besit wat vir ons verstand onbegryplik is en daarom ook wonders kan doen wat vir ons heel besonders is, vind ek ook nie buitengewoon nie.

[4] `n Tyd gelede was ek in die posisie om mense uit Agter-Egipte te ontmoet en deur middel van `n tolk met hulle te praat. Hulle was heeltemal naak en het selfs hul skaamte nie bedek nie. Hulle het ons Romeine aangesien as hoë, hemelse wesens en het hulle buitengewoon verwonder oor die groot en skitterende geboue van Rome, oor die mooi klere en ons uitsonderlike prag. Hulle het al ons menslike produkte aangesien as werke van die gode en het ook gedink dat ons dit was. Hulle vra my of ons ook voortdurend die son en die sterre, asook die maan, beheer en na ons goeddunke bestuur, of dat daar vir daardie werk miskien nog ander gode was.

[5] Natuurlik het ons hulle onderrig gegee en voor daar `n jaar verby was, het hulle goed geweet dat ook ons slegs mense was. Hulle het baie van ons geleer, het hulle uiteindelik self geklee en dit het hulle baie vreugde verskaf toe hulle geleer het om self kledingstowwe te maak en daaruit allerlei mans- en vrouekleding te vervaardig. Na `n paar jaar keer hulle, toegerus met alle moontlike kennis, na hul vaderland terug en het daar onder andere skole opgerig en só `n bietjie lig in hul natuurlike wildernis gebring.

[6] Wel, as ons met ons uiters beperkte geestelike ontwikkeling `n volmaakte gees sien optree, moet ons natuurlik baie verbaas wees dat so iets moontlik is. Maar as ons gees eers volmaak is, sal ons beslis ook hoë dinge kan doen en dan sal ons onsself sekerlik nie soos nou verwonder wanneer `n gees, deur middel van die krag wat aan ons bekend is, `n klip in sy oerelemente ontbind nie.

[7] Maar dat ons in ons geestelike deel in staat is tot `n volmaaktheid wat onbegrens is, bewys talle voorbeelde aan ons. En aan hierdie tafel sit mense wat miskien wel al op dieselfde vlak as die engele staan, en één van hulle sou selfs die engele al ver vooruit kan wees, soos julle al vroeër van die arts uit Nasaret gehoor het.

[8] Wy julle daarom van nou af aan veral aan die grootste moontlike ontwikkeling van julle gees, dan sal julle nie slegs so `n klip nie, maar `n hele berg in sy oerelemente uiteen kan laat val!"

[9] Toe rig Julius hom tot die engel en sê: "En, Rafael, sê jy nou eers of ek tydens my ietwat lang toespraak één verkeerde of onware woord gesê het?!"


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205