Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 3
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 20

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248.

Voorbereiding vir die genesing van die misdadigers

20 Toe die jong fariseërs en leviete die tafels so ryklik belaai sien met heerlik voorbereide visse, met brood en met wyn, sê Hebram: "Nou, baie behoeftig lewe die leerlinge van die Heer uit Nasaret ook nie! Nou is daar glad geen rede om onsself nog langer daarvan te weerhou om in die eerste plek Romeinse soldate te wees en daarby met hart en siel Sy leerlinge nie! Hoe dikwels het ons nie in die tempel ter ere van JaHWeH moes vas nie, en hier word nie gevas nie, hoewel dit vir die Judeërs vandag op die voor-sabbat voorgeskryf is om streng te vas! En tog word God daardeur sekerlik nie onteer nie, want anders sou die goddelike Gees dit nie deur die mond van ons Majesteit en Heer gesê het nie! Kortom, wat Hy nou ook sê of wil, ons sal dit altyd doen of ons dit nou soet of suur vind! Want die gees wat op die sabbat sy son net so laat opgaan soos op `n werksdag en wat sy winde geen rusdag gee nie, staan sekerlik hoër as die dom gees van ons tempel wat eens, vir die regte wyding van die sabbat, drie voor- en drie na-rusdae voorgeskryf het. Omdat die week egter, insluitend die sabbat, maar sewe dae tel, vra mens jouself af wanneer daar onder daardie omstandighede dan gewerk moes word! Die dom wetgewer het die onsinnigheid daarvan ingesien, en gooi daarna baie water in die wyn! Vrede sy met sy as!

[2] Kortom, ons nuwe Heer en Majesteit toon in alles die ware Gees van God en daarom wil en sal ons ook met lewe en dood en deur dik en dun Sy leerlinge wees. Maar die tempel gaan ons vir ewig die rug toekeer! Amen. So is dit en so sal dit gebeur! Gevas het ons al dikwels genoeg en ons het niks daarmee bereik nie. Met ons reise gaan ons nou die dom, oordrewe vas opgee, ons gaan ook op die voor-sabbat en die dae van die nuwe maan eet en ons sal op hierdie nuwe, menslik verstandige manier nou die hoogste bereik het wat `n mens ooit sal kan bereik. Laat ons dus opgewek en vol goeie moed wees! Ons het die beloofde Messias al, en die tempel sal Hom onder die huidige omstandighede waarskynlik nog baie lank nie te siene kry nie, en as hulle Hom te siene kry, sal hulle Hom tog sekerlik nie herken nie. Ons egter, het Hom en ken Hom, en daarom jubel ons en sê: Hosanna aan Hom wat ons gevind het! Slegs aan Hom gee ons al ons agting en liefde!"

[3] Julius sê: "Dit is reg, daarmee stem ek ook in en voeg nog daaraan toe: Heil en seën aan alle mense wat van goeie wil is!"

[4] Cyrenius sê: "Ja, heil aan die hele wêreld en barmhartigheid van bo en hoog geprese sy die Naam van ons Verlosser, wat Jesus heet! Voor hierdie Naam moet in die toekoms alle volkere van die aarde, alle engele in die hemele en alle, alle geeste onder en bo die aarde hul knieë buig!"

[5] Daarop sê die engele, Jarah, Josoë, Ebahl en alle leerlinge hardop "Amen!".

[6] Maar na hierdie amein sê Ek: "En nou, My vriende en broers, eet en drink ons, want die oomblik nader waarop die vyf misdadigers genees moet word!" - Toe reik almal gretig na die visse, die brood en vervolgens na die wyn.

[7] Die ontbyt word so in `n kort tydjie genuttig en dit gebeur sigbaar met baie groot eetlus, want die visse was so smaaklik voorberei dat die heerlike smaak ons meer as normaal tot eet aanspoor. Ook My Jarah raak gretig en haar Rafael nie minder nie, wat verskeie jong leviete en fariseërs so seer opval dat hulle hulleself onderling afvra waarom die engel, wat tog `n egte gees moet wees, die visse en die brood en die wyn met `n soort onbedwingbare aptyt opeet en ook sy lieflike leerling flink aanspoor om te eet, wat haar daarvoor ook gladnie ongeneë is om behoorlik met haar hemelse meester te wedywer nie.

[8] Maar Hebram sê vir sy makkers: "Hoe kan julle jul nou daaroor verwonder? Die goeie engel, wat netnou met so `n enorme gemak die ongeveer dertig pond klip met sy tere vingers beheer het, sal met die gaar vis, die brood en die wyn nog baie makliker kan omgaan! En dat sy liewe leerling by die etery so weinig vir hom terugstaan, is omdat sy nog in die groeistadium is. Want so gesien is die meisie, wat nog geen vyftien lentes tel nie, al net so sterk soos `n jong vrou van twintig somers, en dit kom deur goeie voeding. Cyrenius se seun, wat tussen die eetlustige en die nog meer etende engel sit, eet ook wel goed, maar die meisie en die engel oortref hom tog behoorlik! Maar vir die meisie is dit jammer dat sy so baie eet! Sy het tog `n baie mooi figuur en praat baie geesdriftig, maar deur die baie eet verloor sy baie van haar bekoorlikheid. - Ook ons Heer eet en drink heel vaardig. Dit is origens geen ongewone beeld by groot geeste nie. Almal, wat ek tot nog toe leer ken het, was eerder groot as klein eters en ook drinkers! Origens word hier nouliks te veel geëet en gedrink, behalwe dan deur die engel, wat waaragtig reeds soveel geëet het as ons almal tesame! Daarby is dit opmerklik dat `n rein gees die stoflike spyse net so eet soos ons! Ek sou eintlik graag wou weet of hy dit wat hy geniet het, ook op die natuurlike manier deur die so genoemde stoelgang verwyder, of sou hy al die voedsel totaal in homself opneem?"

[9] Julius, wat in die in die buurt van Hebram sit, en vir wie hierdie praatjies nie ontgaan nie, sê: "Watter geweldige onsin sit julle nou weer en versin omdat julle die aard van dinge nie ken nie! Kyk, Rafael is `n gees vir wie julle in sy oorspronklike toestand onmoontlik sou kon aankyk om mee te praat. Sodat hy homself met buitengewone toestemming van die Heer onder ons mense as `n medemens kon manifesteer, moes hy sy suiwer geestelike wese omgewe met `n soort ligte stoflike omhulsel en daarvoor het hy as een van die magtigste aartsgeeste altyd baie ligte materie nodig, wat hy dadelik omvorm om sigbaar vir ons te kan bestaan. Daar is geen sprake van die uitskeiding van die geëete spyse vanuit sy ingewande nie, omdat hy al die voedsel alreeds in sy mond omskakel in sy menslike figuur in. Kyk, so werk dit! Kraam daarom nie sulke onsin onder mekaar uit nie!

[10] En dat die lieflike Jarah, `n baie wyse dogter van die opsigter Ebahl in Genésaret, wat vlak langs die engel sit, vanmôre ietwat meer eet as gewoonlik, kom omdat die Heer haar dit seker in die geheim aangeraai het in verband met die genesing van die vyf vernaamste misdadigers. Hierdie genesing sal gewis baie gedenkwaardig wees omdat Hy, wat tog al dooies opgewek het, Homself daarop heel grondig voorberei het, wat Hy, na my wete, nog nooit vroeër gedoen het nie. Gister het Hy ons ook al daarop gewys dat dit `n moeilike genesing sal wees, wat, om te kan slaag, heel bekwaam en doelmatig voorberei moet word! Daarom eet ook Hy hoogswaarskynlik vanmôre meer as op ander dae. - Is dit vir julle nou meer duideliker?"

[11] Hebram sê: "Goddank, ja, beste hoë vriend en beskermer! As `n verskynsel maar belig en verlig word, word die wonderbaarlike daarvan uiteindelik iets heeltemal natuurliks! As ons onsself in die vervolg miskien weer oor `n wonderbaarlike omstandigheid te veel sou verbaas, moet die verbasing op rekening van ons domheid geskrywe word! Want slegs domheid kan hom oor iets verwonder wat dit onmoontlik kan verstaan. Ware wysheid verwonder haarself selfs in die verste verte nie, omdat sy presies weet waaroor dit gaan. Maar ons in ons dertiger jare is nog baie dom en daar kan dus nog baie verwondering te wagte wees aan die sy van ons groot Heer, Verlosser en met reg ons beloofde Messias! - Maar nou maak Hy aanstaltes om op te staan en te gaan en dus sal ons onsself ook daarvoor gaan klaarmaak!"

[12] Ek sê: "Ja, dit is nou tyd om na buite toe te gaan, daarom staan ons op en ons gaan almal na buite na die oewer waar hulle die vyf vir ons vasgebind het!"

[13] Na My woorde staan almal op van die plek waar ons so lank gesit het en gaan vinnig saam met My na die oewer.


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205