Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 3
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 202

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248.

Die uitwerking van die wonder op die Perse

202 Die voorval maak op ons Perse`n goeie indruk. Dan kyk hulle na Skabbi en kyk dan weer na My, dan weer na die tot lewe opgewektes, voel hulle polsslag en vra hulle nadruklik of hulle tog wel werklik dood was en of hulle hulleself dan absoluut niks kon herinner van wat daar met hulle gebeur het nie!

[2] Maar die man sê: "Vra dit aan hierdie klip, dit sal jou daaroor dieselfde kan vertel as ek nou! Ek weet maar net dat `n geweldige waterstroom my meegesleur het in die see in, waardeur ek dadelik bewusteloos geraak het en derhalwe doodgegaan het, sodat ek vanaf daardie oomblik niks meer geweet het van wat daar met my gebeur het nie. Ek herinner my net nog - maar net innerlik - dat ek myself kort nadat ek deur die dodelike vloed verslind was, baie treurig saam met my dogters op `n groot weide bevind het en het nie geweet waarom ek nou eintlik treurig was nie. Weldra omhul ligte wolkies ons van alle kante en in die lig daarvan voel ek dat ek so gelukkig word! Ons het egter niemand buite onsself gesien nie en tydens hierdie saligheid het `n soete slaap ons oorval en uit hierdie slaap het ons weer hier ontwaak. Nou weet julle alles wat ek daaroor kan sê, - oordeel nou maar self!

[3] Dat my liggaam dood was, daaraan kan net so min getwyfel word as dat ek nou leef! Want daal nou maar eers af in die diepte van die see en bly ruim twee uur onder water, dan staan ek borg daarvoor dat jy liggaamlik heeltemal dood sal wees!"

[4] Skabbi sê: "Ja, ja, jy was volkome dood en die Wonderman het jou slegs deur Sy almagtige woord uit die dood opgewek! Nee, nee, so iets het die aarde nog nie beleef nie! - Maar wat nou?!"

[5] Toe roep Jurah vir Skabbi na hom toe en sê aan hom: "Wel, vriend Skabbi, wat sê jy nou oor hierdie gebeurtenis?"

[6] Skabbi sê: "Wat moet en wat kan ek jou daaroor sê?! Dit het die mag van JaHWeH gedoen en niemand anders nie! Want dit lê ver bo die horison van die menslike ervarings, en geen kennis het nog ooit hierdie ontsettende hoogte bereik nie. Dit bring my nou eers werklik in `n verleentheid!"

[7] Ek sê vir Skabbi: "Wel, vriend, hoe staan dit nou met die geskiedenis van die Messias wat dertig jaar gelede deur die bekende wyses uit die Môreland* in julle land wêreldkundig gemaak is? Is dit volgens jou nog altyd `n sprokie van die astrologie? (*wyse manne uit die ooste)

[8] Want sien jy, dieselfde Mens was toe in Bethlehem in `n skaapstal uit `n jong maagd gebore en aan wie die drie wyses, wat julle sterrekonings noem, goud, wierook en mirre as geskenke gebring het, dit is Ek - tóe `n pasgebore kind en nou `n man in die fleur van sy lewe! Hoe beval hierdie vreemde sameloop van omstandighede julle en wat dink julle daarvan?

[9] Dat Ek sonder meer dieselfde een is, daarvoor staan hier nog twee lewende getuies voor in. Die eerste een is Cornelius, die jongste broer van keiser Augustus en die ander is opperstadhouder Cyrenius, wat My vinnig na Egipte begelei en versorg het en `n ouer broer van keiser Augustus is! As jy dit nou weet, sê My nou, wat jy van die Messias dink wat die drie sterrekonings bekend gemaak het! Bestaan Hy, of bestaan Hy nie?"

[10] Skabbi sê: "Ja, nou bestaan Hy sekerlik, maar tóendertyd het dit erg na `n sprokie van `n sterrekoning gelyk! Want `n mens hoef ons sterrekonings maar net te ken, om te verstaan dat hulle elke nuwe verskynsel aan die hemel tot hulle eie voordeel sal uitbuit. In die eerste plek is hulle baie vertroud met alle geskrifte van die binne- en buiteland. Hulle ken die Judese profete net so goed soos die Indiese. Die ‘Sanskrit’ en die ‘Senta Veista’ van die Perse, Gewers en Brahmane ken hulle net so goed as óns Boeke; ook ken hulle die skole van die heidene en hulle leerboeke. In die tweede plek bestaan daar geen sterretjie aan die hemel wat hulle nie sou ken en selfs `n naam sou gegee het nie.

[11] As daar dan vir hulle `n nog onbekende ster verskyn, soos byvoorbeeld `n komeet, wel, dan word dit die onderwerp van allerlei voorspellings. As so `n voorspelling nie bruikbaar is vir hulle eie bewoners nie, dan gaan hulle daarmee na die buiteland en dan vind hulle wel êrens `n plekkie waar die verhaal opgang kan maak. Ons as ingewydes weet dit maar al te goed en dit is dan vanselfsprekend die verklaring van die feit dat die destydse rondvertelde verhaal oor die beloofde en gebore Messias van die Judeërs nie so baie indruk op ons gemaak het nie, toe die sterrekonings met hulle terugkoms dit aan alle Judeërs met vreeslik baie bombardement verkondig het, om daar self materieel beter af te wees nie. Hulle was wel ernstig met die saak besig, maar ons het ons by die ou spreuk gehou: 'Wie meer fantaseer en lieg as ander, word nie geglo nie, ook as hy nie bedrieg nie!'

[12] Wie sou toe ook maar kon gedroom het dat die sterrekonings eindelik iets waars opgespoor gehad het?!

[13] Nou dink ons natuurlik heeltemal anders oor U, en U sal ons vroeëre ongeloof aan U wysheid nou tog nie as sonde aan ons toereken nie?!


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205