Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 3
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 205

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248.

Die noodsaaklikheid van die 'nie verstaan’!'

205 Ek sê: "Vriend, kyk eers boontoe na die sterre! Ken jy hulle en verstaan jy wat en waarvoor hulle is? Moet hulle dan daarom nie daar nie wees nie, omdat tot op hede nog geen mens dit kon verstaan het nie? Verstaan jy dalk wat die son en die maan is? Moet dit daarom nie daar wees nie, omdat jy dit nie verstaan nie?!

[2] Verstaan jy die wind, die bliksem, die donder, die reën, die ryp, die sneeu, die ys? Moet dit alles daarom nie daar nie wees nie, omdat jy en alle ander mense dit alles nie verstaan nie?!

[3] Verstaan jy die duisendsoortige diere, hulle gedaante en hulle geaardheid? Verstaan jy die wêreld van die plante en hulle vorms? Weet jy dalk wat moet lig en wat moet warmte wees?!

[4] Moet dit alles daarom ook daar nie wees nie, omdat jy en alle ander mense dit nie kan verstaan nie?!

[5] Verstaan jy dalk jou lewe en hoe jy kan sien, hoor, voel, proe en ruik? Moet die mens dalk nie sien, hoor, voel, proe en ruik nie, omdat hy dit alles nooit kan verstaan nie?!

[6] Omdat daar in hierdie stoflike wêreld al so baie dinge is wat die mensdom nooit volledig sal kan verstaan nie, moet jy maar eers daaroor gaan nadink en My vervolgens jou mening gee!"

[7] Skabbi sê: "Majesteit en Heer vol goddelike Krag! Ek hoef nie baie daaroor na te dink nie. Ek verstaan alles wat U vir my hiermee wil sê. U wou dit vir my onder oë bring, dat soos die mens in die sfere van die hoë wysheid soek, dit daar net so eenders is soos in die sfere van die stoflike skepping. Ons mense weet en verstaan eintlik heeltemal niks daarvan nie, behalwe die globale buitekant en dit wat ons met ons growwe, stoflike sintuie daarvan kan waarneem en wat betref vorm, kleur, geur en smaak van die geskape dinge kan onderskei. O, hoe weinig en eintlik heeltemal niks verstaan ons en weet die mens en tog dink hy dat hy baie wys is en is hy trots op sy skamele bietjie kennis! En wat weet hy dan? Niks nie, maar dan ook glad niks nie!

[8] O, hoe blind en dom is alle mense tog! Hulle bring dit nie eers so ver om in te kan sien dat hulle heeltemal niks is en gladnie kan insien en verstaan dat hulle niks is en glad niks kan insien nie. - Die gras groei en die siende en voelende mens verheug hom daaroor. Maar wat nodig is wat die gras moet doen om te ontstaan en te laat groei en wat op dieselfde wyse dit maar altyd laat voortbestaan het - watter sterfling sien dit in?!

[9] Adam, Henog, Noag, Abraham, Isak, Jakob, Moses en Elia was beslis die mees wyste mense wat die aarde ooit gedra het; in hulle was baie lig uit God. Maar geeneen van die genoemde voorvaders van die wysheid kon ook maar in sy drome bedink het hoe gras ontstaan, groei, saad vorm en hoe die moontlikheid in die saadkorrel gelê is vir `n ewigdurende ontwikkeling van `n grenslose hoeveelheid van dieselfde soort gras nie.

[10] Ons weet nog nie eers hoe die allereenvoudigste mosplantjie groei en hom voortplant nie en hoe die wurmpie in die modder kronkel nie, hoe kan ons dan oor die elemente praat en oor die verre sterre?! Omdat ons mense nie eers iets daarvan af weet nie, weet en verstaan ons nog minder wie en wat die sterre is en waarvoor en waaruit hulle gemaak is!

[11] En daarom, groot en verhewe Heer, wil U my, deur aan te dui dat ek volstrek niks weet nie, en in die opsig tereg wys en sê: 'God, die Alwyse, plaas baie vir die oë van die mense en vir almal se uiterlike sintuie en daardeur ook gelyktydig vir die sintuie van die siel, om die mens tot nadenke te dwing.' Maar die mens moet self die verklaring soek. Want as God dit dadelik vir hom sou gegee het, sou die mens binne die kortste tyd traag geword het en uiteindelik deur niks meer geïnteresseer word nie, en lui word.

[12] Want as `n mens eenmaal iets heeltemal ingesien en verstaan het, het sy trae natuur geen belangstelling meer daarvoor nie. Dit is te veel in elke opsig deur die ervaring bevestig en bewese, en het daarom geen nuwe bewyse meer nodig nie. En so sou die mens homself kennelik ook baie seker in die suiwer geestelike sfeer gedra het as hy alles haarfyn en sonhelder sou verstaan het wat die groot profete van God in die boeke van die wysheid opgeskrywe het. Hy sou gou gaan slaap het en uiteindelik nêrens meer oor iets nagedink het nie. Waaroor sou die mens dan ook nog oor enigsins wil nadink, as hy alles tog alreeds verstaan?!

[13] God weet daarom baie goed in welke situasie Hy die mense moet hou dat hulle moet dink, wil en werklik besig moet wees. Hy mag doen wat hy wil – as dit maar net nie niksdoen is nie!

[14] Ek besef nou ook dat die geskiedenis van die Messias en die verhaal daaroor lank nie so `n sterk indruk op my sou gemaak het as ek nie uit Jesaja alle tekse wat daarop betrekking gehad het, bykans heeltemal sou verstaan het nie. Oor die drie sterrekonings sou ek hoogstens geglimlag het, as hulle met hulle mistieke, wyse tirades by my sou gekom het, en as elke ander een wat dit aanbetref by my sou gekom het, sou hy geen haar beter daaraan toe gewees het nie!

[15] Maar omdat dit alles tot op die oomblik in `n gelowige halfdonker gebly het, voel ek nou `n des te groter vreugde omdat die Een wat alleen so moeilik en onverstaanbaar is om te glo, Homself so helder voor my oë ontvou het en omdat ek Hom nou voor my sien, vir wie alle Judeërs en ook ek so verlangend op gewag het! - Majesteit en Heer, het ek U verstaan of nie?"


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205