Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 3
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 210

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248.

Die toekoms van Jarah

210 Toe kom ons ou gasheer Markus en sê vir My: "Majesteit en Heer, die aandete is gereed. Sal ek dit, as U dit so beskik, nou weer dadelik op die heeltemal herstelde tafels laat sit!?"

[2] Ek sê: "Doen dit, want vandag het selfs Ek al behoorlik honger en Ek sal My verheug in `n goeie vis, `n aansienlike stuk brood en `n suiwer en goeie wyn!

[3] Jou twee seuns moet egter nog één keer die oewers van die see fynkam! Langs die oewers dryf nog `n paar lyke; dit is `n aantal arm Judeërs met hulle vroue en kinders. Ek wil nie dat hulle, of ook ander, die dooies moet vind terwyl Ek hier vertoef nie. Die see is spieëlglad en die sterre skyn vannag besonder helder. Jou seuns kan die taak maklik volbring en te meer omdat goeie hulp aan hulle verleen kan word van die aanwesige skippers van Kisjonah wat hier teenwoordig is, van Ebahl uit Genésaret en van die skeepslui van Cornelius. Ongeveer nege persone dryf langs die oewers oor `n afstand van hoogstens `n anderhalf uur hiervandaan, hulle moet julle hierheen bring. Julle moet hulle dan met die gesigte na onder gekeer op `n skuins bodem neerlê en so tot moreoggend laat lê! Ek sal hulle dan eers more opwek"

[4] Markus vra: "Heer, waarom dan nie reeds vandag nie, waarom eers more?"

[5] Ek sê: "Vriend Markus, moenie opgewonde wees nie! Ek weet waarom die gras, wat eers in die komende jaar die weide sal groen kleur, nie reeds in hierdie jaar opgeskiet het nie! Bekommer jou dus gladnie daaroor nie, want op die punt ken Ek die reëls al baie beter as jy, beste Markus! Gaan nou en sorg dat alles wat gedoen moet word, ordelik verloop!"

[6] Markus verwyder homself, sorg dadelik dat die kos na die tafels gebring word en gee ook die opdrag deur aan die seuns, wat dadelik in `n groot boot klim en die ander voorgenoemde skippers vir hulle samewerking vra.

[7] Ons verlaat ons plekke en gaan na ons tafels, wat op die reeds bekende wyse ingedeel is. Die drie in die lewe teruggeroepenes gaan saam met die vrou na die huis van Markus, waar hulle spys en drank en vervolgens `n goeie slaapplek kry, - heeltemal volgens My wil, ten einde hulle voor die oggend te versterk.

[8] Terwyl ons na die tafels loop, kom die bewoners van die tente van Ouran eers na buite om hulle ook na die tafel te begewe.

[9] Toe trek Jarah My aan My arm en sê: "Heer, U my altyd groter liefde, kyk eers hoe die moedige stryders vir U ryk nou eers, deur honger gedrywe, uit hulle skuilplekke na buite begin te sluip! Waarlik, daaronder vind jy, behalwe Mathael, vas en seker maar weinig groot geeste! Ag, dit was voor die storm begin tog wel `n komiese gesig, toe die vyftig fariseërs deur die aanblik van die eerste gevalle, sekerlik eenpondsware haelstene, dit optel en springend in die groot tent ingedryf word!

[10] Hulle weet net so goed soos ek dat U die betroubaarste beskermer teen elke ongemak is en tog het hulle kleingelowig en het baie benoud geword en het `n stoflike beskerming gesoek. Nou skaam hulle hulleself sigbaar dat hulle dit gedoen het en hulle durf hulle volgens my nie na U, o Heer, wend om U goed onder oë te hou nie! Mathael kon wel met sy gesellin gebly het, want hy moes sy jong, mooi, koninklike gemalin volg. Na my mening is dit hom dus te vergewe, maar by die ander was dit maar hulle geringe vertroue en hulle klein geloof die rede en daarvoor kan ek hulle nie prys nie."

[11] Ek sê: "Jy het wel gelyk, dogtertjie, maar laat ons diegene wat nog op bepaalde punte swak is die tyd gun, dan sal ietwat meer ervaring hulle wel in alles sterker maak! Dink maar eers hoeveel jy al by My meegemaak het, waardeur jy dus maklik meer moed kan hê. Hulle het egter baie minder meegemaak en daardeur kon hulle angs maklik groter gewees het as hulle vertroue. Later sal hulle ook wel meer vertroue hê. - Verstaan jy dit?"

[12] Jarah sê: "Ja, dit verstaan ek goed, maar ek herinner my ook dat almal saam met my baie in Genésaret beleef het en tog durf niemand, behalwe ek, met U op die helder water stap nie, selfs nie U leerlinge nie! Wat was dan die rede vir die geringe vertroue?"

[13] Ek sê: "Tog weens jou groter ervaring, want My engel dra jou sigbaar op sy hande en jy beleef dinge wat geen mens tot op hede nog beleef het nie. En bowendien was jou liefde vir My werklik die grootste en sterkste en daarin is ook altyd die grootste vertroue.

[14] Verwonder jou daar dus nie te veel daaroor dat jou vertroue in My groter is as die van die ander mense nie, want dit word veroorsaak deur jou groot liefde!

[15] Maar soos wat Ek al in Genésaret vir jou gesê het, sal jy oor `n aantal jare nog baie versoekinge moet deurstaan, waarteen jy sal moet veg, ondanks jou groot vertroue in My. Maar deur die Krag en die Mag van My Naam sal jy alle versoekinge weerstaan en eers van daardie tyd af sal jy vry in My lig kan wandel.

[16] Want wat `n mens vry van My wil hê, dit moet hy uit eie krag beveg! Jy, liefste dogtertjie, jy het tot op hede nog geen werklike stryd deurstaan nie en daarvoor was die regte tyd nog nie daar nie en ontbreek die ware geleentheid. Dit sal eers vir elke mens kom as My dagtaak op hierdie aarde beëindig sal wees.

[17] Nou is Ek slegs `n saaier en Ek lê die goeie koringkorrel in die lewende akker van julle harte. Die saad sal eers daar ontkiem en dan opgroei vir die geseënde vrugvorming, eers daarna sal julle vir julleself die vrug op julle eie lewensbodem met baie moeite en selfverloëning moet versorg! Salig is diegene wat die vrug wat Ek in sy hart gesaai het, suiwer en oorvloedig in My ingerigte skuur van My gees sal bring, wat Ek self opgerig het! Waarlik, hulle sal vir ewig geen honger of dors meer hê nie!

[18] Liewe Jarah, wat jy dus nou het, is maar net saad wat deur My in jou hart gelê is. Na `n aantal jare sal dit as `n golwende koringveld daar staan en allerlei storms moet trotseer. Dan sal dit egter `n saak van kragtige en volle vertroue in My Naam wees en deur `n groot, selfverloënende liefde tot My, om die golwende koringveld te beskerm teen die dreigende storms, dat dit nie tot `n verderfbringende uitbarsting kom en die pragtige koringveld, wat Ek Self baie goed verbou het, ten gronde rig nie! Want as daar eenmaal `n vernietigende storm bo so `n veld losgebreek het, is dit bykans onmoontlik om `n einde daaraan te maak.

[19] Jy sal jou nog wel herinner hoe Ek `n paar weke gelede vir jou in Genésaret `n tuintjie aangelê het en het dit gevul met allerlei nuttige plante!? Die plante groei goed en weelderig, maar die tuintjie en die plante moet versorg word, die onkruid moet, as dit êrens opskiet, uitgeroei word en as dit baie warm en droog word, mag die gieter nie vergeet word nie.

[20] Kyk, `n soortgelyke tuintjie het ek ook in jou hart aangelê en Ek het dit ryklik voorsien van allerlei nuttige gewasse. Die onderhoud en die verdere versorging van die tuintjie is nou heeltemal vir jou rekening. Gebruik alle aandag en ywer vir die onderhoud en die versorging van die tuintjie, dan sal jy binnekort `n ryke oes afhaal! – Verstaan jy hierdie beeldspraak goed?"

[21] Jarah sê: "Ja, Heer, my enigste liefde, ek verstaan dit heeltemal. Dit stem my egter tog ietwat verdrietig dat ek nog so baie storms sal moet deurstaan voor die oes! Maar ek hoop én glo: U sal U arme maagd nie ten gronde laat gaan as sy in die nood tot U om hulp sal roep nie. Want U het my smeekbede gehoor en verhoor toe ek U nog nie, soos nou, gesien en herken het nie!"

[22] Ek sê: "Almal wat My ken en in die hart aanroep en op die Mag van My Naam vertrou, sal nooit in der ewigheid skade en skande ly nie, daarvan kan jy volkome verseker wees! Maar nou moet ons aan tafel gaan en eet wat voorgesit word!"


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205