Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 3
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 212

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248.

Die vierde gebod volgens die fariseërs

212 Ouran is nou in sy noppies en sê dat hy nog nooit so `n werklike praktiese wysheid gehoor wat verkondig is nie en dat hy van plan is om hierdie raad ook altyd sorgvuldig na te volg. Ons Perse verwonder hulle egter nog meer daaroor.

[2] Jurah sê: "Ja, dit noem ek `n ware Lig van Bo, want dit het `n sterfling nog nooit ontdek nie! Op hierdie manier sou ek graag al tien gebooie uitgelê wou hê! Dit is nou so voor die hand liggend en duidelik en tog kon ons dit met al ons skerp verstand nie agtergekom het nie! Maar ek het tog nog iets om te vra!"

[3] Skabbi sê: "Ek sou werklik nie weet oor watter punt nog `n heilige vraag gestel sou kan word nie!?"

[4] Jurah sê: "Weet jy dan nie dat daar met betrekking tot die pligte van die kinders ten opsigte van hulle ouers `n nuwe voorskrif bestaan nie, dit sê, dat `n seun of `n dogter eerder `n offer aan die tempel kan gee as om vader en moeder te eer?! Die nuwe voorskrif hef weliswaar die oue nie op nie, maar dit sal `n beter middel wees om die Mosaïese belofte te verkry, as die Mosaïese wet self. Ek sou nou graag, omdat die buitengewone geleentheid homself nou so wonderbaarlik voorgedoen om met die oorspronklike wetgewer Self te spreek, wou hoor wat die Heer van so `n nuwe voorskrif sê!

[5] Eerstens, as `n kind heeltemal slegte en verdorwe ouers het, lyk die voorskrif heeltemal korrek, maar as `n kind, wat wel van nature ligsinnig is, baie goeie en waardige ouers het, wat voor God en alle mense alle agting, liefde en eer van hulle kinders verdien, lyk hierdie te tempels- en hebsugtig lykende voorskrif weer gladnie so goed nie. Die hele voorskrif het `n baie menslike geurtjie en dit straal baie min goddelikheid uit, maar dan staan daar ook weer êrens: 'Na hulle wat sit op die stoele van Moses en Aäron, moet jy altyd luister en jy moet doen wat hulle vir jou voorskryf!'

[6] Maar die voorskrif is ook `n egte kameel waarop die fariseërs al heelwat valse en bose dinge wat as eg beskryf word, die tempel binnegesmokkel het, wat die volk teen die hoë prys van sy morele vryheid vir volkome werklikheid moes koop. Dit is `n gemene saak. Vir my lyk so `n voorskrif om slegs aan bepaalde mense `n eksklusiewe voorreg te gee, `n duiwelse gat waardeur die Satan altyd kan binnekom in die heiligdom in. Hierdie bevoorregte gewydes oorskat hulleself, word eers in `n sekere sin op `n vrome wyse trots en met `n heilige geurende profete-halo (nimbus) omgewe, maar later word hulle dan ten volle ernstig heerssugtig en tiranniek, hoogmoedig en mateloos trots, - maar sit nog altyd op die setels van Moses en Aäron! Ek vind egter broeder, - weet jy, so onder vier oë! - dat die Satan maar self hierdie heilige setels meteens in beslag sou kon neem! En deur sulke ware plaasvervangers van die Satan op die setels van Moses en Aäron het baie bose, menslike voorskrifte in die plek gekom van die goddelike en ons moet dit sluk, omdat die kameelagtige 'hellegat'-voorskrif beveel om te luister na hulle wat op die heilige setels sit en te doen wat hulle beveel.

[7] Ja, die wet op sigself sou wel goed gewees het as `n mens die sekerheid gehad het dat daar altyd slegs die waardigste opvolgers van Aäron en Moses op die heilige stoele sou preek, maar watter werklike ‘drakevolk’ het daar nie al op die heilige stoele gesit nie, en daar nie selde die siende volk die skandelikste wette as skerp sand in die gesig geslinger het, waardeur hulle dan vir die grootste deel verblind moes word! En sulke voorskrifte wat alle waansin te bowe gaan bly vervolgens as `n groot kwelling van die mensdom bestaan en niemand het meer die moed om die juk af te skud nie. Dan kan die suiwer verstand hom tog afvra of God iets daarvan af weet en of daar eintlik wel `n God bestaan wat so `n verskrikking kan aansien in Sy heilige plek!

[8] Wel, enige uitleg daaroor van Homself af sou ons tog wel die beste en die suiwerste en ware toedrag kan toon en daarom sou ek nou regstreeks `n vraag aan Hom wou stel! - Wat dink jy, sal ek dit waag of nie?"


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205