Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 3
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 213

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248.

Die Heer lê die voorskrif van die fariseërs uit

213 In plaas van Skabbi gee Ek skielik antwoord en sê: "Luister, vriend Jurah, jou vraag is tereg en baie belangrik. Jy hoef dit nie vir My te herhaal nie, want Ek weet tog goed waar die skoen by julle druk!

[2] Kyk, dit is waar dat daar `n gebod is, egter eerder uit die tyd van die Rigters, waar by monde van `n siener gebooie gegee word om na te luister aan diegene wat op die stoele van Moses en Aäron sit en te doen wat hulle deur God se Gees voorskrywe word, maar slegs dan, as hulle werke goed is. As hulle werke sleg is, moet hulle van die stoele afgestoot word deur die mees waardige nakomelinge van Levi.

[3] Maar diegene wat op die genoemde stoele sit, weet goed hoe om hulle werke te verdoesel. Daar sit nou, inplaas van waardige opvolgers van Moses en Aäron, slegs verskeurende wolwe in skaapsklere op die heilige stoele en as sodanig het hulle, onder die vermomming van God se wil, wette te midde van die volk geslinger waarvan selfs die wêreld moet steier!

[4] Maar herinner jou eers hoe Ek wel hierdie valse afstammelinge van Moses en Aäron deur die mond van heilige profete baie ernstig laat vermaan het en hoe Ek hulle wel met die strengste roede getugtig het! Waarvoor het dit egter nut gehad? Dan gaan dit weer `n bietjie beter, maar daarna gou weer nog slegter dan vra `n mens in hierdie tyd,- tot nou toe het dit so sleg geword dat dit wel nooit meer slegter sal kan word nie. Hulle het die maat van alle boosheid volgemaak, nog slegs `n paar druppels en dan sal dit oorloop en dan, soos `n sondvloed van Noag, die ondergang bring. Daarvan kan jy volledig verseker wees!

[5] Soos met baie ander, het dit ook gegaan met die voorskrif van die offer in die tempel wat in die plek gekom het van die Mosaïese voorskrif van die kinderpligte ten opsigte van die ouers. In die begin het dit baie goed en regverdig gelyk en dit het alleen betrekking op die kinders waarvan die ouers, soos wel die geval is, werklike uitvaagsels van die mensdom was. Hierdie ouers het merkwaardig genoeg wel baie goeie en brawe kinders gehad, wat vertrou het op God, wat die oerslegheid van hulle liggaamlike ouers wel herken en kon insien. Die eise wat hulle slegte ouers aan hulle gestel het, het hulle hare ten berge laat rys, maar in die onverstaanbare voorskrif van Moses staan daar dat die ouers bó alles deur gehoorsaamheid geëer moet word!

[6] Op grond daarvan vra die ongelukkige kinders toe, in die tye toe die tempel nog goed was, wat hulle moes doen en hulle sê: 'Dit is waar dat Moses op God se bevel die gebod gegee het om die ouers te gehoorsaam en hulle op die wyse hulle lewe lank te respekteer en te eer, dat hulle lank sal lewe en dat dit met hulle goed sal gaan op die aarde. Maar Moses het ook gebooie gegee om nie te dood, nie te steel, nie te lieg, geen onkuisheid te bedrywe met maagde en nog minder om die vrou van die naaste te begeer nie. En juis dit moes hulle vir hulle verdorwe ouers doen! Op welke manier kon hulle nou nie teen die gebooie van Moses sondig nie?'

[7] Toe praat die God deur die gees vervulde hoëpriester: 'Laat die liggaamlike ouers van julle val, offer `n gawe in die plek van die verkeerde gehoorsaamheid en bid tot God, dit sal beter wees vir julle en deur die Barmhartigheid van bo, ook vir julle ontaarde ouers!'

[8] En so gebeur dit toe dat sulke kinders hulle slegte ouers verlaat het, aan die tempel vir hulleself en hulle slegte ouers `n offer gebring het en by goeie mense `n betrekking gaan soek het om daar vir God `n welgevallige lewe te lei.

[9] Tot so ver en tot daar was die voorskrif heeltemal van goddelike oorsprong. Maar met die loop van die tyd het die boosaardige wolwe, wat in skaapsvel gehul was en wat op die stoele van Moses en Aäron gesit het, die voorskrif `n algemene strekking gegee en toe kon ontaarde kinders van goeie en brawe ouers hulleself ook deur offers losgekoop het van die gehoorsaamheid aan hulle ouers, om daarna heeltemal vry en gewetenloos te kan sondig!

[10] Daardeur word die dubbele gebod van God ook dubbel verwring en in die plek daarvan word `n suiwer helse-menslike bepaling ingevoer, wat natuurlik vir God, omdat dit heeltemal teen Sy orde ingaan, `n gruwel van die gruwels moet wees. Want ook `n enigsins suiwer denkende mens moet al by die eerste aanblik al sien dat so `n bepaling nooit as te nimmer goddelik, maar slegs van suiwer helse en sataniese oorsprong kan wees! Maar aan dit alles sal nou gou `n einde kom en dan sal daar nie baie meer oorbly om teen te ageer nie.

[11] Origens is dit baie goed, as `n swakke hom deur `n sterke laat lei! Die ouers is tog altyd sterker as hulle kinders en daarom is dit normaal dat die kinders hulle deur hulle ouers laat lei. Maar as die swakke merk, dat die sterke hom in `n verderflike afgrond wil stort, doen die swakke baie goed om hom van die sterke los te maak en `n veilige plek op te soek.

[12] Verder is dit so dat slegs hy die wet van Moses heeltemal vervul, wat hom in alles so gedra soos wat Ek dit vroeër aan die ou koning Ouran baie duidelik uiteengesit het. - Het julle dit nou goed verstaan?"


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205