Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 3
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 215

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248.

Die sonde teen die kuisheid

215 Ek sê: "As die lewe van `n mens geen onbeduidende grap is nie maar `n heilige erns is, dan kan die daad waardeur dit ontstaan beslis ook geen beuselagtigheid wees ni,e maar ook net `n baie heilige erns. As jy die motief goed verstaan, dan sal alles vervolgens gou vanself vir jou duidelik word!

[2] Die aangename gevoelens by die geslagsdaad moet op sigself nie die rede vir die daad wees nie. Die rede mag alleen wees dat `n mens verwek moet word!

[3] As jy dit verstaan, sal jy weldra ontdek dat die aangename gevoelens slegs begeleidende verskynsels is, waardeur die werk van die menswording op liggaamlike wyse moontlik gemaak word. As die hoofmotief jou aanspoor, gaan dan en doen dit en dan sondig jy nie! Maar daarby moet daar nog baie reëls in ag geneem word.

[4] Hierdie daad mag nie buite die sfeer van die ware naasteliefde plaasvind nie. `n Hoofreël vir die ware naasteliefde lui egter: 'Doen aan u naaste dit wat u self verlang wat u naaste aan u sal doen!'

[5] Wel, gestel dat jy `n opbloeiende dogter het wat `n seën vir jou vaderhart is. Jy sal oor niks so besorg wees as om `n werklike, seënbringende voorreg vir jou innig geliefde dogter te verlang nie. Daarby is jou dogter wel ryp en dus in staat om `n kind by haar te laat verwek. Hoe sal jou gemoed voel as daar `n origens heeltemal gesonde man kom wat die drang voel om `n kind by `n maagd te verwek en by jou dogter `n vrug met geweld verwek?!

[6] Kyk, dit sal jou met `n verskriklike wraaksug teen so `n boosdoener vervul en jy sal hom nie sonder die ergste denkbare tugtiging laat gaan nie!

[7] En tog sou hierdie man geen sonde teen die kuisheid begaan het nie, want hy voel `n ernstige drang om nie sy saad buite `n goeie vat te verstrooi nie, waardeur `n weg tot menswording afgesny sou word. Maar andersyds is die handeling tog sondig, omdat die ware naasteliefde daardeur baie erg geweld aangedoen word!

[8] Gestel dat jy self in die vreemde `n ernstige behoefte aan die geslagsdaad sou hê. In die veld tref jy `n vrou aan en vir geld en goeie woorde haal jy haar oor om jou terwille te wees en die vrou willig in. Dan sou jy daardeur geen sonde teen die kuisheid begaan het nie en jy sou ook geen egbreuk begaan het as die persoon tewens wettig met `n man getroud was nie. Maar dink eers in watter groot en mistroostige verleentheid en vervolging die vrou sal kom as haar eie man vir haar sou sê: 'Vrou, sê my wie jou bevrug het, want ek het jou sedert die en daardie tyd nie aangeraak nie!', - kyk, dat jy daardeur die huislike vrede tussen `n egpaar versteur het, is `n groot sonde teen die naasteliefde! Want jy kon jou ernstige drang, al sou dit geen behoefte van wellus gewees het nie, eerder tot `n beter geleentheid uitgestel het!

[9] Hieruit kan jy origens sien dat `n man met so `n handeling nie teen die regte en ware kuisheid ingaan nie, maar ook op alle ander menslike newe-omstandighede moet let, sodat hy nie teen die een of `n ander wet oortree nie.

[10] Maar `n man kan met sy vrou net so goed onkuisheid bedryf as met `n hoer en nog erger. Want by `n hoer is niks meer te bederwe nie omdat alles tog al daar bedorwe is, maar `n vrou kan oorgeprikkel raak en daardeur ontwikkel sy `n hartstogtelike begeerte, waardeur sy dan `n meer aanstootliker hoer kan word as `n ongetroude.

[11] Wie egter geslagsgemeenskap met `n ongetroude het, sondig teen die kuisheid, omdat sy handeling alleen die bevrediging van pure wellus is en nie die verwekking van `n mens ten doel het nie en ook nie kan hê nie, want uit pure verstandelikheid moet hy al besef dat `n mens geen koring op die landpaaie saai nie.

[12] Naas die sonde teen die gewone kuisheid begaan diegene wat met `n hoer gemeenskap het, egter ook nog `n sonde teen die menswees van homself en van die hoer, omdat hy deur die handeling baie maklik groot skade aan sy aard aanbring en die blinde hoer nog meer verhard in haar geheime besetenheid en haar daardeur ongeneesliker maak, wat weer `n sonde teen die naasteliefde is.

[13] Wie egter gemeenskap het met `n tot hoer gemaakte vrou, sondig op gelyke wyse twee- en viervoudig wanneer hy self getroud is, omdat hy daardeur egbreuk begaan.

[14] Ek glo nou, omdat jy `n man is met suiwer gedagtes, dat hierdie klein verduideliking voldoende sal wees, te meer omdat `n mens soos jy sonder meer weet wat behoorlik is vir `n fatsoenlike man!"

[15] Jurah sê: "Ja, Majesteit en Heer, nou is alles vir my in alle opsigte duidelik en ek weet nou ook waarheen die vele ontaardings van die kuisheid heen lei! Ja, nou is alles vir my duidelik! In alles is daar maar één waarheid wat vir God geldig is, wat tuishoort in die ewige orde, - alles daaronder, daarbo en daarnaas is sleg!"

[16] Ek sê: "Ja, so is dit en so sal dit ook vir ewig bly. - Maar nou kom die uitgestuurde skippers met hulle dooie mense terug, nou moet hierdie kneg van My daarnatoe om hulle te help om die lyke op die regte manier neer te lê, omdat hulle genesing andersins more moeiliker sou wees!"

[17] Rafael gaan vinnig daarheen en sorg daarvoor dat dit oral op die regte manier gebeur. Die skippers gaan eers daarna na die aandete.


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205