Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 3
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 217

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248.

Wie swyg en luister, versamel voortdurend

217 Cyrenius, wat baie opmerksaam saam geluister het tydens hierdie taamlik harde dialoog, sê toe vir My: "Majesteit en Heer, ons owerste Stahar het vordering gemaak! Ek het nie soveel wysheid by hom verwag nie! Sonder moeite het hy die teenparty heeltemal tot swye gebring en die wonderlikste is nog dat hy vir Murel gewen het. Hom ken ek as `n eersteklas redenaar en ek beskou hom ook as `n man wat op die goeie aarde in alles ter plaatse en ander uithoeke tog wel baie ervaring opgedoen het en daarom baie weet om te vertel, en wat hy sê is altyd goed gefundeerd. Ek ken hom, omdat hy altyd as afgevaardigde na my toe gekom het, veral wanneer die Judese priesters `n versoek gehad het. Hulle het geweet om hulle versoek altyd so te klee dat `n mens dit beslis nooit heeltemal kon afwys nie. Daarom verwonder dit my des te meer dat Stahar hierdie Murel nou volledig verslaan het.

[2] U sou, o Heer, hom nou ook wel menige woorde ingegee het, want anders sou Murel beslis gewen het! Wat Murel sê, maak ook wel sin; sy veronderstellings staan nie heeltemal op sand nie. Stahar het egter met kragtiger argumente teëgegaan en het aan hom dinge getoon wat natuurlik nog op `n baie vaster ondergrond staan.

[3] Ek moet trouens toegee dat daar onder die Judeërs, selfs in hierdie ontaarde tyd, manne is soos wat daar verder op die hele wêreld nie meer gevind kan word nie en ek kan hulle daarom beslis nie meer vyandig gesind wees nie. Stahar moet ek in elk geval weer `n aanstelling gegee word waarin hy, gesien sy wysheid, `n rojale arbeidsveld moet kry, want hy staan nou al geheel en al aan U kant!"

[4] Ek sê: "Dit is so en Ek weet al lankal dat dit sou gebeur, - maar Murel sal nog belangriker word, want Murel se gees is baie standvastig en in sy siel lê baie goeie bruikbare ervarings opgesluit, waarmee hy al baie goed die egte van die onegte en al die goeie van die bose kan onderskei. Hierdie Murel moet ons nog verder bekeer en hom die enige ware orde van die goddelike Gees laat sien en hy sal dit met sy welsprekenheid dan volledig verder aan die ander kan uitlê."

[5] Cyrenius sê: "Maar, wat my hier baie van U leerlinge verbaas is dat hulle hierby staan asof hierdie dinge gladnie gebeur nie! Hulle luister slegs en hulle oë staan altyd groot en opmerksaam oop, maar hulle redeneer of praat glad nie onder mekaar nie! Waarom gedra hulle hulleself so passief?"

[6] Ek sê: "Omdat hulle, op één na, baie goed weet waarmee hulle te doen het! Wie swyg en luister, versamel voortdurend, maar wie self praat, verstrooi en kom nooit tot die werklike rykdom nie. Maar as die leerlinge wat oorspronklik by My was, eenmaal baie versamel het, sal ook hulle praat en dan eers sal die verlossing deur hulle aan die volkere van die aarde verkondig word. Hoewel hulle merendeels tot die arm visserstand behoort, is daar onder hulle baie wyse manne.

[7] Maar nou weer terug na ons Murel! Hy sal weliswaar wel nog soos `n muggie om ons ore zoem, maar sy gees sal daarna deur eie persoonlike ontwikkeling reusagtig sterk word."

[8] Cyrenius sê: "Ek verheug my weer buitengewoon oor die proses, want ek is altyd baie bly as `n blinde siende word en `n stomme weer praat."


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205