Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 3
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 219

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248.

Waar mens die waarheid moet soek

219 Ek sê: "Vriend, as jy iets verloor het, en dan gaan soek op `n vreemde plek waar jy niks verloor het nie, en daar sonder om die verlore ding te vind, moet bly, en jy jou dan verwonder dat jy ondanks jou lange en vlytige soeke tog niks gevind het nie, - dan was jy, ook al is jy `n verstandige en nugter man, dan in hierdie opsig tog werklik nie so verstandig nie!

[2] Kyk, jy vind dadelik by die begin van jou waarneming Moses en al die profete leeg, geesloos en sonder waarheid, jy beskou dit alles as `n ydele mensemaaksel, jy doen ook nooit die moeite om tot die gees van die Skrif deur te dring nie, jy het liewer tyd en goud verspil om die waarheid daar te soek waar dit nooit te vinde kon wees nie!

[3] Daardeur was dit onvermydelik dat jy oral bedroë daarvan afgekom het en om die bos gelei voel en niks gevind het behalwe die leuen, huigelary en dik opgelegde bedrog nie. Jou vele ervarings was daarom natuurlik ook bitter en het jou tot op hede niks in die sak gebring nie, behalwe dat jy daardeur selfs die lewe begin haat en jy alle liefde en agting en eerbied vir God verloor het.

[4] As jy die Waarheid egter op die regte plek gesoek het, sou jy Haar ook beslis al lankal gevind het, soos baie Haar vóór jou reeds gevind het!

[5] Glo My, die Waarheid vereis geen geloof op die manier wat jy ‘glo’ noem nie, ook geen leë hoop sonder voorbehoud nie, maar Sy skep in jou lewenssentrum `n sonklare vertroue en laat oor die toekomstige lewe nie die geringste twyfel bestaan nie! Die volle en tasbare oortuiging leef in jou gees wanneer dit ontwaak deur die liefde tot God en jou naaste!

[6] Maar natuurlik is so iets nie in die heidense skool van Karnak in Egipte en nog minder by die ou dwases in Indië te vinde nie!

[7] Sy bevind Haar geheel en al baie nader aan die mens en is vir elke ywerige soeker baie maklik te vinde. Maar hy moet Haar daar soek waar Sy te vinde is, - andersins is alle moeite en elke werk verniet! Van dorings en distels oes `n mens nooit druiwe en vye nie en in die plasse en moerasse groei geen koring nie.

[8] Jy sê ook dat jy God nie liefhet of vrees of dank verskuldig is nie, omdat jy Hom nooit gevra het om jou `n bestaan te gee nie! As jou gees al wakker sou gewees het, sou hy jou baie duidelik aangetoon het wat jy aan God, die Vader van alle mense, skuldig is. Jou vlees en jou bloed weet natuurlik net so min daarvan af as wat jou jas weet dat jou maag honger het.

[9] Maar hier aan hierdie tafel sal jy `n sekere Philopold uit Kana in Samaria vind. `n Paar weke gelede het hy net so daaroor gedink soos jy op die oomblik, en sy woorde was presies ook jou woorde. Praat eers met hom, dan sal dit wel ietwat ligter word vir jou. Eers daarna sal Ek jou alles uitlê en dan sal dit wel blyk of God van jou kant `n ware en troue liefde waardig is of nie! Daar, net regoor My sit die man met wie jy eerstens moet praat! Gaan en volg My raad op, hy sal seker nuttiger vir jou wees as die skool in Karnak!"

[10] Murel gaan nou, terwyl hy om die lang tafel loop, na Philopold toe en sê: "Die Heer het my na jou verwys om van jou in die saak wat my so baie besig hou `n eerste, en ware vonkie van lig te ontvang. Sê my daarom iets goeds en waar!"

[11] Philopold sê: "Vriend, ek het alles gehoor wat jy in die nabyheid van ons almal aan die Heer gesê het! Daardeur het ek besef dat ek nie baie anders gedink en gepraat het nie, maar die rede daarvoor het by myself gelê. Ook ek het gesoek op plekke waar ek nooit iets verloor het nie, maar daar waar ek wel iets verloor het, het ek ook nie gesoek nie en daarom het ek ook niks gevind nie. Eers toe hierdie Majesteit en Heer van bo en van die ewigheid na ons toe gekom het, is my oë geopen! Ek het herken wie ek is en waarom, en ek herken ook wat die mens eintlik is en waarom hy daar is! En nou, vriend, is alles lig in my en geen duistere twyfel versprei nog êrens sy skaduwee in my helverligte wese nie! Dit sal seker binnekort ook met jou die geval wees!"


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205