Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 3
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 220

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248.

Die verval van die Egiptiese en die Indiese wysheid

220 Toe vra Murel aan Philopold om hom die nodige uitleg daaroor te gee. Waarop Philopold sê: "Vriend en beste broeder! Jy het baie ondervinding en het selfs na die Indiërs gegaan en na die lande wat nog baie ver agter die Ganges lê, tot aan die berge wat nog geen sterfling betree het nie, en bowendien het jy so ver in Egipte deurgedring tot waar die Nyl oor rotse bruis en donder. Die ou rotstempel van Jabusimbil het nie vir jou onbekend gebly nie en die Memnon-suile het jy op `n more gehoor weergalm. Jy het die ou spykerskrif bestudeer, en die nog ouer hiërogliewe skrif het jy probeer ontsyfer.

[2] Die leraars van Karnak sou jou alles moes uitlê waarvoor jy hulle baie ruim daarvoor wou betaal, maar tog het hulle dit nie gedoen nie, omdat hulle dit nie kon doen nie. Die huidige wyses en geleerdes van Egipte is naamlik nie meer te vergelyk met hulle wat ten tye van die ou Farao's die grondleggers van die skole en tempels was nie. Van die oudste wyshede weet hulle nog baie minder van af as die skrifgeleerdes en fariseërs in Jerusalem, en die Birmane (Brahmane) is nog slegter daaraan toe. Hulle blyk na `n soortgelyke asketisme oorgegaan het wat `n skande vir die mensdom is, en wat is die asketisme anders as enersyds onbegrensde hoogmoed en juis daarom onbegrensde domheid andersyds!?

[3] Die mense het óók eers die ware Wysheid besit, net soos vader Noag dit besit het. Maar in die loop van tyd, toe die families tot `n volk uitgegroei het, wat duidelik meer behoeftes gehad het as `n klein familie, toe word die fisiese kragte van die mense te veel in beslag geneem, sodat elkeen hom nie alleen besig kon hou met die innerlike wysheid nie.

[4] Die volkere kies toe vanuit hulle midde die mees wyste manne, dra hulle die heilige taak op en verplig hulle om daarvoor te sorg dat die Kennis van God altyd onder hulle hoog gehou moes word en dat die innerlike wysheid nie verlore mag gaan nie, maar by hulle en hulle kinders bewaar moes bly.

[5] Daarna het die volk die wysheidsleiers en -bewaarders en - versorgers die reg verleen om wyse wette uit te vaardig. Die hele volk van die eerste tot die laaste man het daarvoor borg gestaan en moes dit uitvoer, waarby sondaars teen die heilige wette `n streng tugtiging te wagte kon wees.

[6] In die beginperiode van sulke instellings het alles baie goed verloop en het dit `n redelike heilsame werking gehad. Maar later het die priesterkaste hulleself ook uitgebrei en het baie nodig gehad vir hulle liggaamlike onderhoud. Weldra was daar dan ook nuwe wette en voorskrifte uitgevaardig met die mistieke titel 'uitgaande van God'. Dit het nou begin wemel van strawwe en boetes en van allerlei op wonderwerk lykende bedrog. Ook middele om weer vry te word het die mense nie vergeet nie. Wie by die oortreding van een of ander, sogenaamde goddelike voorskrif, sy straf kwytgeskeld wou hê, moes losgeld betaal wat hy nouliks kon bybring. Die arme moes natuurlik die boetedoening deurstaan alleen as `n angsaanjaende voorbeeld. Dat dit huidiglik nog baie erger moet gaan, kan jy jouself wel indink!

[7] En kyk, vriend, daar het jy waarheid en die hoogste wysheid gaan soek!? Dat jy dit onmoontlik daar kon vind is verstaanbaar, asook dat jy daarna `n formele vyand van die lewe geword het. Maar dat jy self as priester en skrifgeleerde nie op die gedagte kon kom om juis in die Skrif te gaan soek of en hoeveel waarheid en wysheid daarin verborge lê nie en of `n mens volgens die reëls van die ou profeteskool nie tot `n innerlike lewensbeskouing sou kan kom nie, vind ek tog ietwat onverstaanbaar!

[8] Ek was daar aan die een kant seker nie baie beter daaraan toe met my kennis van die waarheid nie, en my wysheid het merendeels uit die Griekse filosofie bestaan, hoewel ek die goddelike Skrifte van die Judeërs `n hoë waarde toegeken het, - maar vir my het die hoofwortel ontbreek, waardeur hierdie heerlike boom van my dan ook geen vrugte kon dra nie."


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205