Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 3
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 226

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248.

Die belofte van die Heer

226 Murel sê: "O Heer! Dit kan tog nie anders nie?! Want die wyn wat ek te drinke gekry het, bevat net so min besinksel soos U leer en ek sê U nou ook dat ek hierdie keer, en dit vir die eerste keer in my hele lewe, Jesaja heeltemal verstaan het! Hierdie geestelike wyn bevat vir my ook geen besinksel meer nie en beslis ook nie vir almal wat aan die baie ryk, geestelike maal deelgeneem het nie. En deur U, o Heer, heeltemal gesuiwerde wyn van die profeet, het ek nou ook U, o Heer, heeltemal herken, en ek verstaan nou hoe ek ook aan hulle behoort wat op hierdie berg roep: 'U, o Heer, is ons God waarop ons gewag het en U help ons nou waaragtig en daardeur is ons nou vir ewig geholpe!' Maar Moab is ook behoorlik platgeslaan, hy lê nou daar soos leë strooi en soos die afval wat die wurms en die bromvlieë aan gevreet het. O, wat `n onuitspreeklike vreugde vir my siel, wat so arm was, en so lank na waarheid gesmag het, maar hier ryklik skadeloos gestel word van al die moeite wat sy haar op die hals gehaal het voor die ontdekking van die suiwer waarheid self!

[2] Ja, Heer, U alleen is ons God en Heer en buite U is daar in ewigheid geen ander nie! Vir U alleen is dus al ons liefde in ewigheid! En ook jy, beste broeder Philopold, my onverganklike dank. Want jy het eerstens my oë geopen, dat ek dit sou kan sien, wat ek tot nog toe aan alle eindes en op alles ter plaatse van hierdie aarde tevergeefs gesoek het!

[3] Maar nou, Heer, het ek van ons almal nog één belangrike versoek aan U! Noudat U ons U eenmaal laat vind het, versoek ons U, om vir ons, U kinders, nooit meer so te verlaat dat ons nakomelinge weer `n duisend jaar moet soek sonder om te kan sê: 'O Heer, ons het U teruggevind’ nie! Ons almal, o Heer, bring die versoek dringend onder U aandag!"

[4] Ek sê: "In My woord, wat My Gees en My Liefde is, sal Ek van nou af aan by die mense van goeie wil bly tot aan die einde van die wêreld! Wees almal van julle maar daarvan verseker!

[5] Maar in hierdie uiterlike, menslike materievorm in ewigheid nie meer nie, sodra Ek dit binnekort eenmaal volgens die ewige besluit sal verander!

[6] Want deur dié liggaam het Ek die hele oordeel en die dood op My geneem, en dié liggaam moet drie dae aan die dood prys gegee word dat julle siele voortaan die ewige lewe kan hê!

[7] Want dié liggaam van My is die plaasvervanger van julle siele. Om julle siele die lewe te gee moet dit die lewe laat, en die afgestane lewe sal ewig ten goede wees vir julle siele.

[8] Maar op die derde dag sal My liggaam die lewe in `n heeltemal ander vorm weer herneem, en die oorvloed van My ewige Gees sal dan in julle indring en julle in alle waarheid lei.

[9] Eers in die waarheid sal julle in julle harte en in julle siele verander word soos ook My liggaam verander is, en julle sal self vry en onafhanklik die ewige lewe neem uit die oorvloed van My Gees, en so sal julle dan waaragtige kinders van God word, en vir ewig so bly.

[10] Nou word julle almal eers daartoe voorberei en klaargemaak. Luister na My stem en hoor My woord!

[11] Niemand sal egter ooit tot My in My ryk kan kom as hy nie deur My Gees getrek word nie! Maar wie is die Gees? Dit is die ewige Vader wat julle na My sal lei.

[12] Hierdie Gees is naamloos, maar is in wese Liefde. As julle die liefde het, het julle ook die gees, - maar as julle die gees het, het julle ook vir My. Want Ek, die Vader en die Gees is Eén!

[13] Beywer julle daarom in die liefde tot God en die liefde tot die naaste, veral tot die allernaaste wat arm is en liggaamlike en geestelike hulp nodig het, dan sal julle met hierdie liefde die liefde tot God opwek, veral as julle daarby nie gaan let op die wêreld en haar ligsinnige oordeel nie. Want wie van julle hom terwille van die wêreld skaam vir die arme broeders en susters en hulle sal ontwyk, om by die wêreld `n eersame reputasie te verkry, hy sal deur My ook nie geken en aangeneem word nie!

[14] Kortom Ek sê aan julle: Wie hom vanweë die wêreld sal skaam vir My arme broeders en susters, vir hom sal Ek My ook skaam!

[15] Wie in die armes egter ook My Gees sal erken, sal Ek ook vir ewig as My kind erken! Laat dit vir julle almal gesê wees! - Maar nou sal ons op hierdie plek drie uur lank `n versterkende rus neem!"


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205