Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 3
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 229

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248.

Sorge oor die verspreiding van die leer

229 Murel sê: "Geëerde wyse vriend! Hierdie leer het nou juis die voordeel dat dit, na my mening, wat duidelikheid aanbetref op `n nog méér as wiskundige vaste basis staan en daardeur geen ruimte vir twyfel bied nie. Daarom is ek ook van mening dat hierdie leer nooit vervals sal kan word nie!"

[2] Mathael sê: "Dit sou wel te wense gewees het, maar tog sal dit nie so wees nie! In haar suiwer geestelike aard alleen het sy nie heeltemal so `n wiskundige vaste basis soos wat jy sê nie! Dink maar eers wat dit jou gekos het om enige besef te kry van die verborge waarheid daarin en daarna tot alles vir jou eindelik volledig duidelik geword het!

[3] Jy was deur allerlei kennis en ervaring voorberei en verryk, jou verstand was al baie gelouter, en tog het jy nie vir Moses en Jesaja verstaan nie. Daarvoor was daar woorde nodig om die lig helder in jou hart te maak!

[4] Maar stel jou nou mense voor wat vooraf géén hoë kennis of ervaring opgedoen het nie en daar kom dan `n apostel van die nuwe leer én verkondig hulle die waaragtige evangelie uit die hemelse lig! Hoe sal sulke mense op so `n verkondiging reageer?!

[5] Ek vind daarom dat ons die Heer veral moet vra om aan ons te gee, hoe ons ons toehoorders die nuwe lewewekkende woord van die lewe met lewende oortuiging en in verstaanbare taal moet bring! Want ek ag dit uiters noodsaaklik vir die ontwikkeling van die goeie saak dat dit enige vrugte sal afwerp!"

[6] Philopold sê: "Geëerde vriend, gekleed in die gewaad waarmee konings getooi is! Jy het weliswaar baie goed en korrek gepraat, maar die Heer het tog Self al belowe dat ons nie hoef na te dink oor wat ons in Sy Naam sal sê nie; dit sou ons op die regte oomblik in die hart en in die mond gelê word! As dit nou verseker en stellig die geval sal wees, dan weet ek eintlik nie waarom ons die Heer dit nog `n keer moet vra nie!

[7] Ek is egter van mening dat ons, as latere uitbreiers van hierdie leer, die krag om wonders te doen nie heeltemal moet mis nie, want teen die ruwe geweld van die mense rig slegs wonders iets uit. Die mens, wat tweederdes dier is, moet eers deur `n wonder tot stilstand en tot nadenke gebring word, voordat `n mens met hom oor God en oor die ewige bestemming van die mens kan praat.

[8] By mense met `n sekere ontwikkelingspeil sou in die gunstigste geval `n wyse woord ook sonder wonderdade wel voldoende gewees het, maar ten opsigte van ruwe geweld doen jy niks sonder wonders nie! Al die halwe en heeltemal verwilderde volkere het meestal deur die nagemaakte wonders van hulle heersers en priesters halwe diere geword. Hulle woorde verstaan hulle nie, maar `n werklike wonder, wat beter moet wees as `n nagemaakte wonder, bring dit so ver dat hulle geloof gaan heg aan die betere 'wonder’, en as `n mens hulle eenmaal gewen het, dan kan `n mens daarna begin om hulle doelgerig onderwys te gee.

[9] Dit is my mening en ek beweer ook dat `n mens selfs by baie intelligente mense met `n wonder, as dit werklik is, altyd meer tot stand sal bring en ook gouer die doel sal bereik, as met so `n uitgelese toespraak. Want ook die intelligente mens leef uit bepaalde veronderstellings, wat alreeds `n fout is juis omdat dit veronderstellings is en sulke veronderstellings sal met woorde alleen nie maklik uit die siel verwyder kan word nie!

[10] Kyk ons na onsself en vra ons onsself eers af wat het ons eerstens van ons veronderstellings geleer! Laat ons onsself nie vir die gek hou nie! Dit was juis die dade wat ons getoon het wie Hy is wat dit verrig het!

[11] Daarom glo ek dat ons bó alles vir die Heer vir krag moet vra om in `n geval van nood `n wonderwerk te kan doen!"


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205