Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 3
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 23

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248.

Die nasleep van die demone-invloed

23 Cyrenius sê: "Heer, sulke woorde het ek nog nooit gehoor nie! Dit is sleg, en jammer genoeg tog in baie opsigte waar. Wat kan ons met hierdie mense aanvang? Waarlik, almal is verbaas; selfs Jarah skyn nou nie meer so presies te weet wat om daarvan te maak nie en die engel het ek `n paar keer sien huil! Dit vind ek tog baie vreemd! Sê vir my wat ek nou met hulle moet begin doen!"

[2] Ek sê: "Wel, Ek het jou dit immers vooraf gesê dat hulle heelwat beroering sou veroorsaak. Maar dit is nie so erg nie, daar het nog iets soos `n aandskemering van die verdrewe, bose demone in hul harte agtergebly en hulle moet hulle daarvan heeltemal ontdoen, dan kan hulle eers geholpe raak, maar geen oomblik vroeër nie. Ook moet ons hulle hier nog en`n tydjie laat rus en na `n rukkie sal die mooie dag hul siele `n bietjie harmonieuser stem. Jy sal nog baie hoor en dit sal nóg vir jou, nóg vir iemand anders skade doen. Want hul siele is geen gewone siele nie, en hoort tot die beter wêrelde, daarom moet ons ook baie geduld met hulle hê! As hulle meer tot hulleself gekom het, reken maar daarop dat daar dan nog heelwat gaan loskom! Maar gee hulle nou nog brood en wyn; want nou gaan hulle werklik honger en dors word!"

[3] Markus gee hul baie vriendelik brood en wyn en sê: "Drink, broers, en eet hierdie lekker brood na hartelus! Want van nou af aan sal dit met julle nooit weer op hierdie aarde sleg gaan nie, hoewel dit hier werklik geen paradys is nie!"

[4] Al vyf sê: "Jy skyn `n goeie duiwel te wees; want anders sou jy ons, wat eintlik nie so geaard is soos jy nie, sekerlik nie so `n uitstekende wyn en die buitengewoon lekker brood in sulke hoeveelhede gegee het nie! Ons kan jou dit nie vergoed nie, maar ons is jou ook nie ondankbaar nie! Kyk, goeie duiwel, dit lyk of ons lekker met jou kan gesels! As daar suiwer mense op hierdie aarde gewoon het, dan sou die lewe op hierdie aarde helaas nie so sleg gewees het nie. Maar vir elke vyf mense is daar altyd `n duisend duiwels en dan moet alles tog op die lange duur suiwer duiwels word! Daardie geringe aantal mense word té veel en té sterk deur die duiwels oorheers en kan daardeur nooit vry asem haal nie!

[5] Kyk, alle mag kom tot op hede van die duiwel der duiwels en sy huis is vergote mensebloed, vermeng met die bloed van arme en goeie duiwels, soos wat jy één daarvan is – en is dit wat `n mens hier die heerskappy van God noem?! Ja, wel, ook `n heerskappy van God, maar nie van Sy Liefde nie, maar van Sy Toorn! Waarom God egter vertoornd is, weet geen skepsel nie! Baie diere hoort by die gelukkige skepsels van hierdie aarde, maar die wesenlike seldsame mens is die lasdier van alle kwaad op hierdie miserabele wêreld! Hy kan nie vinnig genoeg hardloop om soos `n bokkie voor al die boosheid te vlug nie! Sy hande is so breekbaar soos was, hy is van nature naak en het hy nie eers soveel wapens as `n by of `n mier om hom teen `n vyand te verweer nie. As jy `n trop tiers sien, dan is dit almal tiers en sien jy `n trop leeus, dan is dit almal leeus, dus met dieselfde aard en hierdie roofdiere lewe baie goed met mekaar saam; maar as jy `n groep mense sien, dan is die menslik-lykende wesens nie almal mense nie, maar vir die grootste gedeelte duiwels! En daarom is daar altyd rusie, onvrede en oorlog onder hulle! Al die sleg sit in die duiwels endaar is in die mense slegs die aanleg vir die goeie, wat baie bederf kan word te midde van soveel duiwels en die mens word dan minstens `n halwe duiwel of hy moet verdra wat ons verdra het! Maar daar is verskillende duiwels onder die duiwels van hierdie skandelike wêreld, grotes en kleintjies; maar hulle is almal maklik te herken aan die feit dat hulle almal sonder arbeid en kraginspanning so goed en gemaklik as moontlik wil lewe. Hulle wil ook oral die eerste wees en baie respek en aansien geniet; hulle weet hoe om oral aardse goedere te vergaar, klee hulle voortreflik en diegene wat hulle nie altyd baie nederig groet nie, agtervolg hulle tot die dood toe!

[6] Dus, goeie duiwel, jy kan maar sê wat jy wil, slegs jou soort voer die heerskappy op die wêreld en die paar mense bevind hulle in die diepste slawerny en is totaal afhanklik; en dit moet dan volgens die Skrif die eintlike 'Kinders van God' wees?! Waarlik, as `n God só vir Sy kinders sorg soos wat Hy byvoorbeeld vir ons vyf mense gesorg het, en wanneer die lot van die arme kinders van God altyd moet wees dat hulle die duiwels met die grootste nederigheid moet dien, dan bedank ons so `n kindskap van God!"

[7] Markus, vir wie die titel 'goeie duiwel' nie so baie aanstaan nie, sê: "Dit is wel waar dat die kinders van God op hierdie wêreld dikwels baie moet deurstaan, maar kry hulle later aan die ander kant van die graf nie? Wat `n onvoorspelbare oorvloed van altyd groeiende en sigself altyd maar vermeerderende salighede! As `n kind van God goed daaroor nadink, kan hy hom tydens hierdie kort lewe die beste deur `n klein vernedering op die proef laat stel."

[8] Die spreker van die vyf sê daarop: "Wie gee jou dan die versekering daarvoor? Dink jy miskien dat die Skrif dit doen? Gaan weg met die versekering! Kyk en sê eers wie dit is wat vir die mense die mooi Skrif verkondig en hulle as dienaars van God die hoogste laat eer! Kyk, dit is nou juis die ergste duiwels!

[9] Laat God self maar eers in mensegedaante na benede kom en hulle al hul onuitspreeklike skandelikhede voorhou en hulle oproep om boete te doen. Waarlik, as Hy Hom nie met Sy hele almag teenoor hulle stel nie, gaan dit met Hom nog baie slegter as wat dit in Sodom met die twee engele gegaan het, wat Lot die dringende versoek gebring het om hom met sy familie ver van hierdie plekke te verwyder omdat dit geoordeel sou word!

[10] Maar as die uitdelers van die beloftes van God maar al te duidelik en onmiskenbaar die ergste duiwels is, sê dan eers vir ons, goeie, ou, ietwat blinde duiwel, wat `n mens of respektiewelik `n veronderstelde kind van God uiteindelik van sulke beloftes kan verwag! Ek sê aan die hand van ons veelsydige ervarings vir jou, wat ons hartseer genoeg moes opdoen: Niks, glad niks nie!

[11] Of daar is geen God en alles wat bestaan is die werk van die ruwe, blinde natuurkragte wat deur die eeue heen al die bestaande laat ontstaan het, óf daar is `n Allerhoogste, Goddelik Wese, wat wel die groot aarde, die son, die maan en die sterre bestuur, maar wat op Sigself te groot en te verhewe is om hom met ons, verganklike stofmyte van hierdie aarde te bemoei. Die hele Skrif is dus slegs maar van mense afkomstig en daar staan eintlik ook meer kwaad as goed in. En dit wat nog daarin staan wat goed is, daarop slaan geen duiwel en geen mens ag nie; net die bose word daaruit deur die duiwels op die breë rug van die mens geplaas!

[12] 'Jy mag nie doodslaan nie!' het God vir Moses gesê, maar aan Dawid het dieselfde God opdrag gegee om teen die Filistyne en Ammoniete op te trek en hulle met al hulle besittings, hulle vroue en kinders, algeheel te vernietig! `n Mooi lewe is dit, en `n logika sonder weerga! Het `n Almagtige God dan nie genoeg middele om die volke wat Hy haat, van die aardbodem af te verdelg nie? Waarom moes daar dan, téén die gegewe gebod in vir alle mense aan Moses, `n mens met baie duisende krygsknegte opgeroep word om op te trek en nie slegs één nie, maar talle honderdduisende maar net dáárom dood te maak, omdat hulle volgens die woord van `n siener, aanstoot gegee het aan God? Wat die bedoeling is van sulke sieners en van sulke konings, wat God aanstel om hele volke gewoonweg net van die aarde af te verdelg, sal Hy wel die beste weet en dit sal waarskynlik die sieners en die konings heimlik óók wel weet!

[13] Ek is ewenwel van mening dat `n God van liefde nooit mense, wat hy tot liefde opgevoed wil hê, soos kwaadaardige honde hoef op te hits teen ander mense nie, terwyl Hy tog self genoeg middele ter beskikking het om vir Hom die lastige en afvallige duiwels in mensegedaante op die vlug te jaag! Dit is tog gewis `n baie merkwaardige God! Aan die een kant gebied Hy liefde, geduld en nederigheid, aan die ander kant egter haat, vervolging, oorlog en vernietiging! Waarlik, wie so `n handelswyse verstaan, moet meer verstand as `n gewone mens hê!"


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205