Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 3
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 232

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248.

Die gewete en die invloed van die engele

232 Dan voeg Rafael, wat natuurlik ook nie geslaap het nie, hom by die drie en sê vir Mathael: "Dink jy dan dat ons tallose engelegeeste, en ek hier in die besonder, die Heer alleen maar hier op hierdie heuwel ter dienste staan?

[2] Kyk, soos wat jy nou hier met jou eie oë kan sien, staan ons altyd klaar vir die eervolle diens van die Heer en ons dra Sy Wil van die een oneindigheid na die ander, en wees hiervan verseker dat ons jou in jou Pontus omgewing baie verseker sal vind en jou altyd van alles op hoogte sal bring wat jy volgens God se orde noodsaaklik moet weet! Wat daar ookal mag gebeur, jy sal, as jy wil bly soos wat jy nou is, van alles wat vir jou nodig is, oombliklik in kennis gestel word, en meer sal jy voorlopig glad nie nodig hê nie.

[3] Sou jy as koning egter in die gebruiklike heersershoogmoed verval en jou op die wyse afwend van die Heer en dus ook van ons, dan sal jy natuurlik niks meer sien van die ryk van God en Sy onmeetlike barmhartigheid nie!

[4] Sorg dus slegs daarvoor dat jy in die Barmhartigheid en volle Liefde van die Heer bly, - al die ander sal jou dan vanself ten deel val!

[5] As jy jou van alles wat die Heer in die vervolg op hierdie aarde persoonlik sal doen, self sou kon oortuig en as jy jou dan op een of ander wyse tog deur die wêreld laat verlei het, dan help alles wat jy gesien en gehoor het jou net soveel asof jy niks gesien en gehoor het nie! As jy egter altyd bly in die Barmhartigheid en Liefde van die Heer, deurdat jy jou nie laat verblind deur die wêreld nie, maar die Heer altyd bo alles sal liefhê en al jou naastes soos jouself, dan sal jy, ook al was jy in die vreemdste en verste wêreld, tog in alles ingewy word wat die Heer ook maar sal doen, - vir so ver dit vir die verlossing van jou siel vereis word. Want om werklik alles te weet wat die Heer in die hele oneindigheid wil en voorskryf, is glad nie noodsaaklik vir die verlossing van jou siel nie!

[6] Kyk, die Heer skryf vir elk van die tallose wêrelde altyd iets voor wat daar moet gebeur, maar dit het alleen nut vir die wêreld waarvoor dit voorgeskryf is, en dit is gladnie vir die verlossing van jou siel geskik nie! Ook moet die Heer vir die voortbestaan van hierdie aarde baie reël wat jou óók niks aangaan nie. Maar van wat Hy vir die sieleheil van die mense sal voorskryf, sal niks van jou weerhou word nie! - Is jy daarmee tevrede of nie?"

[7] Mathael sê; "Verhewe vriend uit die hemele van God! Ek is daarmee volkome tevrede en het alleen nog nodig dat ek deur jou vermaan word sodra ek, deur watter omstandighede dan ookal, van die Heer en Sy orde ook maar die geringste sou afwyk! Want `n opstopper op die regte oomblik is meer werd as `n wêreld vol groot skatte!"

[8] Rafael sê: "Dit sou ook sonder jou wens altyd gebeur. Want sien, elke mens het `n geestelike orgaan in sy hart wat altyd oop staan vir ons engele van God en waar ons ongehinderd toegang het! Die orgaan kom altyd op vir die eenvoudige begrippe soos: goed - sleg, waar - onwaar, reg – onreg ensovoorts.

[9] As jy altyd die goeie, ware en regte doen, dan word die ooreenstemmende en goeie deel van die orgaan deur ons aangeraak en in jou ontstaan daardeur die genotvolle gevoel dat jy goed en reg gehandel en gepraat het.

[10] As jy egter op een of ander wyse nie goed gehandel en gepraat het nie, word die teenoorgestelde deel van die orgaan deur ons geprikkel en `n angstige gevoel sal oor jou kom en jou sê dat jy buite die goddelike orde gegaan het. En die orgaan heet in die taal van die morele baie fynsinnige, die gewete.

[11] Jy kan jou volkome op die stem verlaat, sy sal jou nooit as te nimmer bedrieg nie! Dit is alleen maar moontlik as iemand die orgaan so sou laat afstomp dat sy uiteindelik, omdat sy te stoflik geword het, ons aanraking gladnie meer sou waarneem nie, maar dan sou die geestelike deel van die mens sonder meer so goed as heeltemal verlore wees! Maar dit sal by jou seker nooit die geval wees nie, omdat jy in die Barmhartigheid en Liefde van die Heer al `n té groot voorsprong behaal het en die Heer jou tesame met jou gesellin heeltemal nuut gevorm en voorberei het. Jou siel is wel nog die oue, waarin die Liefde van die Heer as Sy Gees baie kragtig gaan heers, maar jou ou slegte vlees is deur die Heer verander, sodat dit jou siel nie sal belas nie.

[12] As jy in jou hart slegs die vaste wil sou hê om die Heer los te laat, sal jou liggaam wild word soos eens by Esau, wat, teen die wil van sy vader, aan die jag op wilde diere meer plesier beleef as om te waak oor die stomme kuddes van sy vader. Maar by jou is so `n verwildering onmoontlik, omdat jou siel reeds te kragtig is en deur en deur deurdronge is van die gees van die liefde tot die Heer.

[13] Binnekort sal, deur die beoefening van die naasteliefde, jou liefde tot die Heer `n kragtige, wesenlike vorm aanneem en dan heeltemal één word met die siel. Dan sal jy in die Gees en in die Waarheid wedergebore wees en die geestelike huwelik aangaan met die Oerliefde in God en daardeur ook één met Haar word.

[14] Daardeur sal God se Liefde ten opsigte van jou ook eers werklikheid word en vorm kry, en jy sal God dan altyd kan sien en spreek, en die Heer sal, soos nou hier liggaamlik vir jou sigbaar en in jou hart hoorbaar is, jou Leraar en Leidsman wees en vir ewig bly. Én dan sal daar bykans geen moontlikheid meer wees om jou in jou hart en jou insig van die Heer af te wend nie, want dan sal jy in die wil en kennis as `n egte en ware seun van die ewige Vader heeltemal één met Hom wees. - Verstaan jy dit?"

[15] Mathael sê: "Ja, ek verstaan dit goed en ek is nou heeltemal in alles gerusgestel!"


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205