Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 3
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 237

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248.

Die oorsaak van die lyding van Mathael

237 Toe vra Mathael dit vir My in sy hart en ek gee hom dadelik baie duidelik die volgende antwoord in sy hart, wat hy dadelik hardop vir die drie voordra: "Die Heer het die Samaritane beskerm, omdat hulle hulleself afgewend het van die bedorwe leer van Jerusalem en teruggekeer het na die suiwer leer van Moses en Aäron. - Jy, Mathael, was `n ervare, gedugte spreker en jy sou nie afwyk van dit wat jy jou voorgeneem het nie. Die Heer het dit geweet en sien dat jy Hom by die suiwer, gelowige Samaritane groot skade sou berokken as hulle met jou onderwysing in aanraking sou kom. Daarom laat die Heer jou met jou metgeselle tereg by die berugste straatrowers uitkom, omdat Hy wel geweet het dat jy nie vroeër van hulle sou wegkom voordat jou onbuigsame wil heeltemal week en meegewend sou wees nie. Solank jy in die besit van jou volle bewussyn was, sélf `n rower onder die rowers was, laat jou wil hom sekerlik nie buig nie. Inteendeel, jy het `n baie sluwwe plan bedink en al vyftig rowers met hulle vroue en kinders so ver gekry dat hulle die totaal verkeerde leer van Jerusalem baie gunstig gesind word, omdat hulle daarin selfs sekerheid en `n veilige toevlugsoord vir hulle rowershandewerk gevind het.

[2] Toe jy dit so ver gebring het om reeds die volgende dag met jouself as aanvoerder van nou in totaal vyf-en-vyftig voorvegters van die belange van Jerusalem en dat julle besluit het om Samaria binne te val en daar met onverbiddelike hardheid die leer van Jerusalem in te voer en elke teenstander oor die skerpte van jou swaard te jaag, laat die Heer dit toe dat jy deur die ou gees van Abraham gewaarsku word.

[3] Maar omdat ook hierdie verskyning jou nie van gedagte kon laat verander nie, laat die Heer eers toe dat jou siel haar in haar liggaam verberg omdat jou liggaam deur baie duiwels in besit geneem was. Vanaf daardie tyd het jy, tesame met jou geselle, `n skrik vir die omgewing geword!

[4] Selfs jou vyftig roofapostels ontvlug die streek en word fatsoenlike mense en omdat hulle duidelik ingesien het watter verskriklike lot jou en jou vier metgeselle getref het - vanweë die voorgenome bose plan om die Samaritane te bekeer – betaal dit hulle daarom nie meer om die Samaritane vir Jerusalem te bekeer nie.

[5] En so trek die Heer `n baie doeltreffende en heilsame streep deur jou onbehoorlike rekening en laat jou so lank in die oordeel van die hel vasgeketting bly totdat jou siel `n meer geskikte mentaliteit ontwikkel het.

[6] Die Heer het natuurlik geweet waar jou siel vandaan kom en hoe en waarom sy so onbuigsaam was en laat daarom ook toe dat die allerbitterste oor haar kom, omdat sy haar op geen ander manier ooit as te nimmer sou verbeter het nie.

[7] Baie ver weg bevind `n aarde haarself, ook behorende tot die planete wat om hierdie son sirkel, wat tot op hede feilik geen sterrekundige nog ontdek het nie. Op hierdie aarde (Uranus) lewe baie styfhoofdige mense, wat nie vroeër van `n eenmaal voorgenome plan en voornemens af te bring is nie, en dit dan ook uitvoer. Ook vanaf dié wêreld word siele, wat daar rypgemaak is, vir die verkryging van die kindskap van God op hierdie aarde geïnkarneer, waarby hulle nog baie van hulle styfhoofdigheid behou.

[8] In `n sekere sin is ook jy so `n vreemdeling op hierdie aarde. Jy stam wat jou siel aanbetref van daardie wêreld af en daarom was jou voorneme so styfhoofdig en onbuigsaam in jou.

[9] Om jou siel buigsaam te maak en die van die ander wêreld afkomstige natuur van jou siel so te omvorm dat sy ontvanklik sou word vir die egte en vrye waarheid uit God, ten einde binne te kan gaan in die goddelike liefde en daardeur in die volmaakte kindskap van God, was hierdie weg die enigste ware en effektiefste.

[10] In die hel van die geeste en siele van hierdie aarde moes jy, net soos die siele van die kinders van hierdie wêreld, `n sekere ryping deurmaak. Sodoende moes jy deur die nouste deurgang gaan om as `n veredelde lewensap na die hoër gebiede van die lewe te kan opstyg. As sodanig staan jy daarom nou reeds voor God, die Heer van al die lewe."


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205