Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 3
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 239

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248.

Die gedagte dat God Homself verveel

239 Rafael sê: "Vriend, nie jy het nou so geoordeel nie, maar die Heer Self het jou die mening in jou hart gegee en daarom moet dit goed wees!"

[2] Ook Murel sê: "Nee, wat jy alles hier hoor, is tog wel baie vreemd vir hierdie wêreld! En tog kan geen suiwer menseverstand iets daarteen inbring nie! Ons verveling, as ons skielik so wys en alwetend soos God sou wees en ook God se verveling in die goed voor voorgestelde situasie dat Sy skepsels, kinders en selfs engele Hom nooit sou waarneem, voel, hoor en sien nie, - nee, dit is werklik twee beskouings en oordele waarvoor die dieper nadenkende mens noodgedwonge alle respek moet kry! Daaroor het nog niemand uit die tempel ooit gedroom nie en tog is dit waar! Ek kan nou dink en gevolgtrekkings maak wat ek wil en geen verweer vind nie, hoewel die uitdrukking 'God se verveling' ietwat vreemd klink! Maar van welke kant ek die uitdrukking nou ook beskou, dit bly waar en volkome korrek! Nou dring daar nog `n baie passende voorbeeld ter verdere verklaring van hierdie heeltemal nuwe waarheid aan my op en dit kan ek tog nie van julle weerhou nie!"

[3] Mathael sê: "Broeder, vertel dit dadelik! Want uit `n verrykte gemoed met soveel ervaring kan maar alleen iets waar, goeds en vir hierdie saak baie bruikbaar te wagte wees!"

[4] Daarop sê Murel: "Dit is nie die ware rede nie, maar dit is omdat julle dan kan sien hoe ek dit nou alles verstaan het! Ek stel my `n mens voor wat alle wysheid besit en hom heeltemal alleen op hierdie aarde bevind. Hy sou graag die ander mense, as hulle daar was, sy volle vertroue wou skenk. Hy soek die aarde tot in al haar hoeke noukeurig deur en vind geen lewende en denkende wese nie. Sy groot wysheid word hom tot `n las, want wat hy ookal maak en doen, dit word deur niemand gesien en verstaan nie. Hoe sou dit so `n mens met die verloop van tyd beïnvloed! Sou hy nie in vertwyfeling verval nie? Sou die verskriklikste verveling hom nie heeltemal verteer nie?

[5] Hoe onbeskryflik aangenaam sou hy dit nie vind as hy eindelik êrens `n onbeduidende maagd of ook maar `n ruwe kneg sou vind! Met watter onbeskryflike liefde sou hy hom nie oor die vonds ontferm nie!

[6] O, daaraan is duidelik te sien wat die een mens vir die ander beteken en wat `n saligheid dit is om aan `n naaste goed te doen!

[7] Wat `n verskriklike lot sou dit nie gewees het om as mens op die hele aarde geen tweede mens te kon vind om hom `n weldaad te bewys nie!? Alleen al daarom is die liefde `n suiwer hemelse lewenselement, omdat die onmoontlikheid om haar deur dade aan ander mee te deel, `n mens baie ongelukkig sou maak!

[8] Wat sou `n sanger aan die ontroerende klank van sy stem gehad het, wat net so klink soos `n goed gestemde harp, as hy vir ewig alleen daarna sou moes luister?! As `n voëltjie eensaam in die bos van boom tot boom spring en met sekere klaende, vraende geluide sy soortgenootjies soek en nie vind nie, word hy angstig, hy verstom weldra, word treurig en verlaat gou die leë bos.

[9] Reeds met die besit van soveel liefde is dit duidelik dat hy sigbaar sal verlang na sy soortgenote, hoeveel te meer dan `n begaafde mens met `n diep gevoel, gees en rede! Wat baat dit hom om alle groot kundighede en talente te hê as hy niemand daarmee, behalwe homself kan help nie?!

[10] En aan die hand van hierdie waarneming kan ek dan ook gevolglik aanneem - dit wil sê volgens ons menslike begrippe - dat dit vir JaHWeH God uiteindelik tog baie saai moes geword het, hoewel Hy tog die hele oneindigheid vol onoortrefbare, wonderlike wêrelde om Hom heen gehad het, maar waarop geen lewende wese sou bestaan sodat hulle, wat Hy uit Sy liefde geskape het, Hom sou ken en liefhê, en dat Hy baie plesier sou belewe aan die tallose wonderwerke van Sy Wysheid, Mag en Krag nie. Maar om Hom te kan ken en lief te hê, moet die Skepper die skepsel - en die Vader die kind - só tegemoetkom en Hom só aan hom openbaar dat dit vir die skepsel en veral vir die kind moontlik kan wees om die Skepper, die Vader, as sodanig te ken.

[11] As aan hierdie voorwaarde nie voldoen word nie, het God tevergeefs engele en mense en ook alles wat bestaan, geskape. Hy sou dan sonder meer vir ewig alleen gebly het en Sy skepsele, hoe mooi ookal, sou net soveel van Hom af geweet het as wat die gras weet van die maaier wat dit afmaai en tot hooi laat opdroog.

[12] God het Homself egter altyd op die mees aangewese wyse baie duidelik geopenbaar aan Sy wesens wat ware lewensvryheid gesoek het, wat met alle rede en verstand begaafd was en Hy het hulle voorberei op hierdie eerste koms van Hom. Met hierdie koms is ook al die beloftes egter nou vervul. Die skepsele sien Hom soos wat Hy Is in vlees en bloed, Hy beweeg heeltemal as Mens onder hulle rond en leer hulle soos `n ewige Vader om hulle groot en ewige bestemming te ken.

[13] So is alles dus nou soos dit is, en dit hang nou net van ons mense af om die aanbevole lewensmiddele baie nougeset te gebruik, en dan is die groot, dubbele doel bereik, naamlik: Die kind het sy ewige, heilige Vader herken, hy sien Hom met liefdevolle oë aan en verheug hom buitengewoon oor Hom, en die Vader verheug Hom ook buitengewoon daaroor dat Hy nou nie meer alleen is nie, maar in die stralende midde van Sy kinders, wat Hom ken, loof, en bo alles liefhet en altyd opnuut Sy wonder werke met verbasing aanskou, dit baie bewonder en Sy oneindige Mag en Wysheid prys! En sowel vir die Skepper as vir die skepsel moet dit `n oorvloeiende bron van saligheid wees! - Het ek nou sleg of goed geoordeel?

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205