Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 3
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 24

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248.

Die heldersiendheid van die geneesde besetenes

24 Toe sê Markus weer, wat sy geduld begin verloor: "Ek weet waaragtig nie wat ek met julle moet aanvang nie. Ek kan nou wel nie soveel daarteen inbring nie, maar om julle heeltemal gelyk te gee, dit kan ek julle ook nie. Julle klagtes is nou nie heeltemal ongegrond nie, maar julle lyk heeltemal asof julle in julle ongelukkige opwinding dinge swarter sien as wat dit in werklikheid is. As julle egter tot vir my as `n duiwel aansien, sê dan eers vir my of hierdie hele geselskap nie miskien almal uit duiwels bestaan nie!"

[2] Die spreker van die vyf sê: "O, sekerlik nie! Kyk maar na die Man (na My wysende) langs jou, Hy is `n volmaakte Mens, `n egte Seun van God! Dit gaan egter nie so lank duur nie, of die duiwels gaan Hom vernietig! Verder agtertoe staan nog twee jongmanne en `n meisie, hulle kom ook van bo maar sal nog erg vervolg moet word as hulle ook geen duiwels wil word nie. Dan sien ek nog `n paar arme mense, wat lyk asof hulle vissers is; alle ander, insluitend jy en jou hele huis, is egter redelike goeie duiwels, op pad om mens te word, wat julle egter nog behoorlik baie moeite en sorge sal oplewer! Weet jy nou waaraan jy toe is?"

[3] Markus sê: "Maar sê jy my nou eers, noudat jy tog aan die woord is, hoe jy alles so presies kan weet, want ek sien om my heen slegs mense wat min of meer heeltemal volmaak is, maar duiwels sien ek nie daarby nie. Waarop baseer jy dan jou bewering, wat tog lyk of dit êrens waarheid bevat?"

[4] Die spreker van die vyf sê: "Op dit wat ek sien. Die liggame lyk wel dieselfde, maar die siele verskil enorm! Die verskil is geleë in die kleur en in die vorm. Die siele van hulle wat ek vir jou aangedui het, is so wit soos pasgevalle sneeu op die hoë berge en het `n wonderbaarlike lieflike gedaante, wat nog baie mensliker daar uitsien as hul uiterlike, liggaamlike vorm. Maar júlle siele het `n nog donkerder kleur as julle liggame en sien nog lank nie so menslik daaruit as julle liggame nie, want aan julle siele is daar nog duidelike spore van `n dierlike vorm sigbaar!

[5] Maar ek vind in julle dieresiele tog `n klein, ligte gedaante wat heeltemal na `n mens lyk. Miskien sal sy, as sy in julle groei, julle dieresiel in `n menslike vorm soos `n vel om haar heen trek! Dit kan ek egter nie verder vir jou beskryf nie, en jy kan jou by die volmaakte mense daaroor laat inlig."

[6] Markus sê verder: "Maar sê my nou hoe is dit dat jy almal so kan sien en ek nie!"

[7] Die ondervraagde sê: "Deur my groot lyding, waarby die liggaam se gehoor en sig vergaan het, het dit die oë van my siel geopen en daarmee kan ek nou ook die siele van ander mense sien en baie duidelik die groot verskil sien tussen mense en mense, tussen kinders van God en wêreldse kinders of, wat dieselfde is as tussen engele en duiwels!

[8] Maar wêreldse duiwels kan ook engele word - maar dit verg baie moeite en selfverloëning van hulle; eweso kan engele duiwels word. Dit kos egter nog meer moeite en is haas onmoontlik, omdat daar in die engelesiele `n te sterk selfstandigheidskrag aanwesig is. Die hel het ons vyf probeer inlyf. Tot op hede het al haar vreeslike pogings met ons misluk; maar hoe dit nog verder met ons sal gaan, dit weet ons nie, maar net `n God wat ons geskep het en laat bestaan, maar wat Hom nou verder weinig of glad nie meer oor ons bekommer nie. Daarom het ons reeds gesamentlik op die gedagte gekom dat daar óf heeltemal geen God is nie, óf dat die te verhewe God hom nie oor ons kan en wil bekommer nie!"


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205