Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 3
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 241

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248.

Die ryk van God in die hart van die mens

241 "Maar omdat ek wel kan sien dat julle my gestelde vraag in ieder geval nie kan beantwoord nie, sal ek dit self vir julle, wat `n beter begrip het, toereikend beantwoord. Julle moet egter goed oplet en my antwoord diep in julle hart ingraveer. Want daarvan hang baie af, uiteindelik selfs alles, dat julle die voorwaardes baie presies ken wat noodsaaklik is vir die volledige bereik van die ware kindskap van God, omdat dit volgens die onveranderlike, goddelike orde noodsaaklik is.

[2] Julle weet dat elke mens homself, heeltemal onafhanklik van die almag van die goddelike wil, vrywillig volgens die erkende, goddelike orde moet bekwaam en omvorm om so `n vry kind van God te word.

[3] Die aanbevole kragtigste en dus werksaamste middel daarvoor is die liefde tot God en in gelyke mate die liefde tot die naaste, of hierdie nou `n man of `n vrou, jonk of oud is, dit maak geen verskil nie.

[4] By die liefde behoort die ware nederigheid, sagmoedigheid en geduld, omdat die ware liefde sonder hierdie drie nie kan bestaan en geen egte en suiwer liefde is nie.

[5] Maar hoe kan `n mens by homself vasstel of hy hom werklik volgens die goddelike orde in die suiwer liefde bevind?

[6] Die mens moet by homself nagaan of hy, wanneer hy `n arme broeder of `n arme suster sien of wanneer hulle na hom toe kom vir hulp, in sy hart `n drang voel om homself te vergeet en waarby hy met baie vreugde en sonder beperking liefdevol wil gee! Voel hy dit, en dit is natuurlik opreg en lewendig, dan is hy reeds soos `n werklike kind van God ryp en gereed, en die gegewe belofte wat `n kind van God wat op hierdie wyse gereedgemaak is, kan verwag, begin dan die volle werklikheid te word en wonderbaarlik in woord en daad sigbaar te word, en daardeur sal julle leraarskap by julle leerlinge geregverdig wees.

[7] Die leerlinge by wie hierdie belofte hom egter nie openbaar nie, sal die voorbeeld voor oë moet hou, en dit aan hulleself moet wyt as die gegewe belofte nog steeds nie by hulle sigbaar word nie, want hulle het hulle hart nog nie heeltemal oopgestel vir die arme, naaste medemens nie.

[8] Die liefde tot God en wat hy vrywillig volg van Sy herkende wil, is in die hart van die mens die uiteindelike, hemelse element. Dit element is die vertrek en die woonkamer van die goddelike Gees in elke mensehart. Die naasteliefde is die deur na hierdie heilige woonkamer.

[9] Hierdie deur moet heeltemal geopen wees, sodat die oorvloed van die goddelike lewe kan binnestroom, en die nederigheid, die sagmoedigheid en die geduld is die drie wyd geopende rame, waardeur die heilige woonvertrek van God in die mensehart deur die oorweldigende, hemelse lig stralend verlig word en met die oorvloed van al die hemelse lewe verwarm word.

[10] Daarom hang alles af van die vrye, vreugdevolle en opregte naasteliefde. Die grootste moontlike selfverloëning is self `n openbaring van die belofte. - Hier het julle nou die regte antwoord op die allerbelangrikste lewensvraag. Dink daaroor na en maak dit toepaslik, dan sal julle geregverdig wees vir julleself, vir julle broeders en vir God! Want wat die Heer nou Sélf doen, sal die mense ook moet doen om gelyk aan Hom te wees, en so Sy kinders te word. - Het julle dit almal verstaan?"


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205