Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 3
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 245

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248.

Op Venus

245 Toe lê Rafael by elkeen sy hande tegelykertyd op die voorhoof en bors en op dieselfde oomblik was die drie met die oë van hulle siel aanwesig op die planeet Venus en kry `n goeie indruk van die bodem, skepsels en inrigtings en hoor selfs die aanwesige mense daar praat juis tydens `n byeenkoms ter verering van die groot Gees van die geeste. En daar word die volgende gesê: "Mense van hierdie mooi aarde, wat die groot Gees geskep het soos wat Sy oog dit verlang het, ons is hier byeen om hierdie groot Gees ons lof en ons verering op te dra! Die groot Gees is baie magtig en wys, daarom kan ons Hom ook alleen maar eer deur ons teenoor Hom in al ons handel self as wys te gedra. Die ware wysheid bestaan uit die grootste moontlike orde. Die hoogste graad van hierdie orde is die simmetrie. (beeld eweredigheid). Laat ons onsself beskou as die hoogtepunt van die hele skepping! Hoe simmetries is die bou van ons ledemate! Watter gelykenis het beide ons oë, beide ons ore, beide ons hande en beide ons voete! Kyk na ons gestalte! Wie kan daar sê dat daar tussen ons nie die grootste moontlike, fisiologiese gelykenis bestaan nie? As daar in ons karakters en temperamente geen verskil sou wees nie, sou daar geen persoonlike herkenning moontlik gewees het nie!

[2] Daaraan sien ons, net soos aan baie ander dinge, dat die Wysheid van die groot Gees die grootste welbehae moet hê aan volkome simmetrie, en daarom sal ons by alles wat ons doen en verrig baie streng die hand aan die simmetrie hou! Niemand moet sy huis dan ook maar `n haarbreedte groter maak as die van sy buurman nie, ook geen ander vorm gee en ook, by die plasing daarvan, geen haarbreedte buite of binne die regte lyn sit nie, want dit sou nie welgevallig wees aan die groot Gees nie en Hy sou so `n huis wat buite die orde val, nie seën nie.

[3] Ook sien ons aan alle skepsele dat die groot Gees die meeste hou van `n ronde vorm. Want hoe meer volmaak `n skepsel is, des te meer volmaak is ook die ronding van sy vorm. Daarom moet ook alles wat ons maak afgerond wees, want daaraan het die groot Gees `n besondere welgevalle en dit moet Hy ook wel hê omdat ons wesens na Sy ewebeeld geskape is en met sy sintuie begaafd, ook alleen aan ronde vorme die grootste genoegdoening belewe. Daarom is die voorskrif dat alles wat ons maak behoorlik rond moet wees. Wie sonder noodsaak en wettige toestemming iets hoekig en selfs spits sal maak, roep die misnoegdheid en die toorn van die groot Gees oor hom af!

[4] Verder sien ons dat die mooi, roosagtige wit kleur ongetwyfeld vir die groot Gees die mees aangename moet wees, omdat Hy ons, Sy mees volmaakte skepsels, die kleur gegee het. Dus moet ons die kleur veral by ons kleding in ere hou en voorkeur gee, en ons mag ons nie laat verlei deur ander kleure vir ons kleding te kies nie, want ook dit sou die groot Gees onaangenaam tref!

[5] Ook moet ons alleen daar, waar dit werklik nodig is, heeltemal regte lyne gebruik, soos ook die groot Gees hom alleen daar van `n heeltemal regte lyn bedien, waar dit onvermydelik is! Oral elders sien ons rondings en daarom is dit noodsaaklik, as ons die groot Gees in alles wou navolg, en volmaak wou wees, om ook hierdie maat en hierdie vorm so streng as moontlik in ag te neem.

[6] Ons weet egter dat ons die presiese uitvoering daarvan slegs deur middel van die volmaakte rekenkunde en vaardige meetkunde sal kan bereik. Daarom is dit ook weer vir elkeen die hoogste plig om hierdie kuns en wetenskap in die eerste plek te beoefen, want anders sou `n mens vir die groot Gees elke dag wel duisend maal lelik en veragtelik voorkom! Want die groot Gees sien en meet alles elke oomblik. Waar Hy in `n orde wat vir Hom alleen welgevallig is, `n onsorgvuldigheid aantref, daarop laat Hy Sy oog en dus ook Sy seën nie meer rus nie, sodat daar niks kan gedy nie!

[7] As hierdie hoofpunte egter by ons heeltemal in orde sal wees, dan spreek dit vanself dat ons ook in ons denke en wil orde moet hê, want die uiterlike volkome simmetrie in alles moet noodsaaklikerwys die innerlike simmetrie van die siel tot gevolg hê, wat die groot Gees natuurlik die belangrikste vind.

[8] Hoe vinnig sou hoogmoed en verderflike minagting van die een mens ten opsigte van die ander nie binnnesluip nie, asook armoede, ellende en behoeftigheid. Slegs deur in alles die simmetrie baie streng te handhaaf, word die bose altyd op `n afstand gehou en op die wyse lewe ons almal gelukkig, omdat niemand hom kan verbeel om beter te wees as sy naaste nie.

[9] Waar die groot Gees Self die asimmetrie noodsaaklik geoordeel het, skaad dit ons ook nie, maar bring dit slegs voordeel. Ons kan byvoorbeeld nie almal saam oud word nie. Weliswaar is dit volgens die streng orde nie korrek nie, maar die groot Gees kompenseer dit volledig deurdat die ouderdom, ryk aan kennis en ervarings, die jeug net so ryk maak as wat die ouderdom self is!

[10] En so is daar nog meer van sulke ongelykhede in die simmetrie van die ordening van die groot Gees. Dit dien egter slegs om ons te leer dat daar ook langs die grootste orde wanorde is, wat nie geseënd is nie omdat dit toegelaat is, maar alleen dat ons daardeur die slegte makliker kan herken. Laat niemand met `n geskeurde gewaad rondloop nie, maar bedek die gat met `n passende lap en verseël dit, as hy geen nuwe gewaad vir homself kan maak nie!

[11] By sommiges is egter opgemerk dat hulle hulleself by die aanpak van `n lang tog laat bedien van `n slag- of steunstok. Dit is teen die orde en moet vermy word! Wie vanweë sy ouderdom tóg `n stok moet gebruik, moet twee gelyke stokke neem, vanweë die simmetrie in elke hand één, om geen aanstoot te gee in die Oë van die groot Gees nie!

[12] Ook word opgemerk dat enkeles hulle tuine anders inrig en anders indeel as die mooi tuine van die ordeliewende bure. Dit is die groot Gees nie welgevallig nie en ook daardeur sal nyd en naywer onder julle kan ontwikkel, wat vir die groot Gees heeltemal iets ontsettend sou wees! Sorg daarom daarvoor dat daar in julle tuine en op julle akkers dieselfde orde heers! As tuine en akkers daar so lieflik geordend bylê, gee dit die Oog van die groot Gees werklik genoeë en die seën laat dan nie op hom wag nie.

[13] Sorg ook in julle huise vir sodanige orde dat, as `n buurman die huis van `n ander betree, hy hom nie vreemd daar voel nie, maar net soos in sy eie huis sal voel! Dit sien die groot Gees ook met groot welbehae aan, want julle is almal één familie vir die groot Gees en julle moet nooit van mekaar vervreemd raak nie.

[14] Ook al sou iemand van die einde van die wêreld hierheen kom, dan moet dit vir hom tog só wees asof hy tuis in sy land en in sy eie huis was! So iets sien die groot Gees graag en Sy seën bly nie agterweë nie.

[15] Enigeen wat dit wel gewaag het om aan `n groot watervlakte vreemdsoortige geboue te bou om die omgewing te versier; maar dit is die groot Gees nie welgevallig nie. En wat die groot Gees nie aangenaam vind nie moet ons ook nie aangenaam vind nie!

[16] Versorg en behandel die getemde huisdiere goed, want ook hulle is werke van die groot Gees en daarvoor bestem om nuttig vir julle te wees. Hulle is lewende werktuie en daarom moet ons hulle in hoë eer hou.

[17] Ook moet niemand sonder noodsaak ook maar die kleinste plantjie verniel nie, want dit sou ondankbaar wees teenoor die groot Gees, wat ons geen seën sou bring nie. Die paaie moet skoon gehou word, en julle moet geen gras daarop laat groei nie omdat dit nie vertrap en in hulle groei gesteur mag word nie! Doen dit alles nougeset en julle sal nooit nood ly nie!

[18] Beskou my woorde as die geopenbaarde wil van die alwyse en almagtige, groot Gees en hou julle nougeset daarby, dan sal julle hier gelukkig wees en salig aan die ander kant, in die wêreld waarvan die siele wat van ons geskei is, vir ons sê dat dit uitermatig mooi en heerlik is en waarin ons ook meermale die groot Gees en Sy stralende dienaars te siene sal kry.

[19] Ten slotte moet ek julle egter nog iets meedeel wat `n ligte gees my reeds geruime tyd gelede meegedeel het en nou weer, maar nog baie duideliker as die eerste keer, Snags sien julle wel die blinkende, groot ster, wat deur `n kleintjie vergesel word. Die mooi, heldere Kapra (so noem die Venusmense ons aarde) ken julle maar al te goed, maar julle almal weet nie wat Kapra is nie.  Ek het dit ook nie geweet nie. Die Gees vertel dit my egter en toon my in `n soort droomtoestand Kapra as `n wêreld en aarde wat eers groter was as die aarde wat ons dra.

[20] Die kleiner, Kapra (maan) altyd begeleidende ster is ook `n aarde, maar aanmerklik kleiner as Kapra self. Hierdie klein aarde is baie kaal en op die helfte heeltemal sonder wesens.

[21] Maar op die groot Kapra toon die Gees ons `n mens, en sê: 'Kyk, dit is die Heer! In Hom woon die volheid van die ewige, groot Gees. Van nou af aan sal hierdie Gees in heeltemal menslike gedaante vir al Sy skepsele wat met rede begaaf is, net so toeganklik wees as een mens vir `n ander. Die mense van Kapra is merendeels Sy kinders en hulle word almal `n groot, goddelike mag gegee soos wat hulle, hierdie kinders, die wil van hierdie Mens in alle mense vervul. Die wat Sy Wil egter nie vervul nie, bly dom en swak en word nie as kinders aangeneem nie, maar bly soos die siele van die diere solank dier tot hulle hulleself die wil van die groot Gees, wat in die Een Mens woon, volledig hul eie gemaak het!

[22] Ons, mense moet daarom altyd `n besondere agting vir die mooi, helder Kapra hê! Ons moet egter die groot Gees, wat nou soos `n volmaakte Mens op Kapra woon, ook liefhê soos hier `n vrou haar man en `n kind sy vader en sy moeder liefhet, dan sal ook ons by magte wees om die groot Gees eendag soos `n mens te sien en te spreek, - wat die saligheid wat ons te wagte staan baie sou vervroeg. Ja, die Gees wat dit aan my geopenbaar het, sê selfs dat dit vir baie van ons op hierdie aarde waarskynlik nie onmoontlik sou wees om gelykgestel te word met die kinders van Kapra nie.

[23] Glo dit, noudat julle dit gehoor het van julle leraar en leier, wat die waarheid liefhet, en kry in julle harte eerbied vir die ster, dat haar lig ons ryklike strale van seën en barmhartigheid mag skenk!"


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205