Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 3
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 28

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248.

Die Elohimsbegrip van Mathael

28 "Kyk, wat jy God noem, noem ek die lewende water, maar die water sien self nie dat dit lewe in hom het nie. As hy egter deur die magtige liefdesgloed, wat hom manifesteer as `n sware druk op die sentrum van die bestaan, tot kook gebring word, verhef die lewensgees hom vry bo die water wat voorheen gevange gehou was en dan sweef die Gees van God bo die waters, waarvan Moses ook praat. En die Gees verkry kennis van homself en van die water en kom tot die erkenning dat hy en die water altyd één was; en hierdie ewigheidskennis word ook verstaan met 'Daar was lig!'

[2] Sodra jou gees, vriend, ook bo jou kokende lewenswater sal swewe, sal jy ook werklik jou lewe en die lewe van God in jou begin ontdek.

[3] Kyk, al die bestaande moes eens geword het, dit moes `n begin gehad het, omdat dit andersins ook onmoontlik ‘daar’ kon gewees het! Uit homself en uit al die ander kan lewe nooit uitdruklik met sy selfbewuste krag begin het nie, en sou die krag ook nog lank nie daar gewees het nie. Maar omdat dit eens begin het, is dit die rede dat dit daar is, net soos wat ons spesifiek aanwesig is omdat ons eens begin het as dit wat ons nou is.

[4] Ook vóór hierdie bestaan was ons al daar, maar toe nog in die vorm van die nog onontwikkelde, koue lewensdampe in die koue, rustige water. So het die hoogste lewenskrag in God ook `n dubbele bestaan, ten eerste `n stil bestaan wat maar net bewus is van die bestaan, en ten tweede `n vrye bestaan wat lyk of dit afstam van `n innerlike handelingsbeginsel wat hom volkome bewustelik geheel en al deurgrond!

[5] Daarom staan daar ook in Moses: 'In die begin skep God hemel en aarde en die aarde was woes en leeg en duisternis in haar dieptes.' Wie of wat is dan nou presies die hemel en wat of wie is die aarde? Dink jy miskien dat dit hierdie aarde is wat jou nou dra, of hierdie hemel wat vir jou lug en lig gee? Dan sou jy tog sekerlik ver van die waarheid af wees! Waar was dan in daardie tyd hierdie aarde en waar was hierdie hemel?

[6] Kyk, daarmee is slegs globaal aangegee hoe die ewige lewenskrag van God in haar bestaan begin het om die verskille te ondersoek en te ken! En daarby stel die 'hemel' die persoonlike Wysheid voor, wat Haarself aanbied, maar in die van liefde gloeiende swaartepunt van Haar sentrum, in die sentrum van die gloeiende liefde, wat bedoel word met die woord 'aarde', was dit nog duister en woes en leeg, dus nog sonder diepere kennis van die ‘eie ek’.

[7] Maar die sentrum word warmer en warmer namate die massa van die uiterlike selfbewusyn meer daarop begin te druk. En die sentrum bereik die toppunt van hitte en uit die kokende lewenswater styg die damp op, sweef nou vry op en bo die waters van die stille en rustige, ewige voorbestaan en leer haarself volledig ken. En hierdie ken is nou juis die Lig wat die God van Moses ter verdrywing van die duisternis dadelik na die skepping van hemel en aarde laat ontstaan het.

[8] Slegs vanaf dáárdie oomblik word God, asof Hy `n uitgesproke woord was, Self die 'Woord' en die woord Dit was!' is `n vrye wil wat in homself deeglik herken, Dit in Sigself, `n Woord in die Woord, `n Alles nou in Alles!

[9] En vanaf daardie oomblik af begin daar nou uit die deeglike herkende oerlewensbron al die andere lewens uit vrye wil te voorskyn kom. - Verstaan jy nou al iets daarvan?"


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205