Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 3
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 3

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248.

Oor die bestemming en die ontwikkeling van die mens

3 Die engel sê: "Absoluut nie, alles is soos jy dit nou so voortreflik toegelig het. Daarom moet dié dertig alles probeer om te lewe soos hierdie broers nou aan hulle sal verduidelik, dan sal hulle gou-gou in alle opsigte ons broers word.

[2] God gee geen engel en geen mens, wat in beginsel ook `n toekomstige engel is, meer as een volkome eie lewe nie en in dié lewe die vermoë om, uit hulleself, dit uit te bou tot so na as moontlik aan God se ewebeeld. Maar as `n pas geskape engel of `n mens die regte weë ken om tot volle goddelikheid te kom en dit tog nie wil volg nie, moet hy dit aan homself toeskryf as hy in sy doodswakke, ongoddelike toestand bly.

[3] Natuurlik kan selfs `n byna volmaakte gees nooit in alle ewigheid so eindeloos volmaak soos God word nie, maar dit is geen probleem nie, want hy kan tog, wat dit aan betref, alles probeer - natuurlik binne die orde wat deur God vasgestel is - wat hy ookal wil. Uiteindelik kan hy ook self, net soos God, selfstandige wesens skep en hulle `n ewige vrye bestaan gee en dan met sulke wesens die hoogste vreugde en saligheid belewe, net soos wat `n vader op aarde dit belewe met sy goed ontwikkelde kinders - en dit is `n meer as voldoende gelykenis met God!

[4] Self het ek reeds verskeie wêrelde met klein sonne geskape en dit self heeltemal bevolk. En al hierdie wêrelde is meestal beter van alles voorsien as hierdie aarde van julle. Alles plant hom daar net so voort soos hier en die geeste kan daar, net soos hier, `n groot volmaaktheid bereik. En waarom sou hulle dit ook nie kan doen nie? Uiteindelik kom elke gees tog uit God, soos ook die kiem van toekomstige gewasse nou al verskeie miljarde kere uit die kiem van die vroeëre sade wat gereproduseer is.

[5] En as julle, as nakomelinge van die Satan, God se Gees nog in julle dra, hoeveel te meer dan die nakomelinge van óns goddelike Skeppingskrag, wat dieselfde as God s’n is!

[6] En kyk, dit alles kan julle ook bereik as julle die weë sal volg wat aan julle getoon word! Die van julle wat dit nie wil volg nie, sal op die keper beskou, dit sekerlik aan homself te wyte wees as hy vir ondenkbare lang tye in sy dodelike swakke, nie-goddelike bestaan sal bly.

[7] Laat niemand van julle daarom die wêreldse en sy liggaam méér liefhê as sy gees nie! Elkeen moet hom vóór alles anders slegs instel op die geestelike, dan sal hy ook die vinnigste dit ontvang wat van die gees is, naamlik algehele gelykheid aan God!

[8] Wie hom egter meer besig wil hou met die wêreldse en die liggaamlike, het dit heeltemal aan homself te wyte dat hy altyd in die duistere gebied van die dood sal bly.

[9] Die hele lewe kan voortdurend in `n altyd meer volmaakte lewe oorgaan as hy die moeite sal doen om verder te gaan op die weg van die vasgestelde, goddelike orde. Bly die lewe egter in `n bepaalde opsig agter, veral aan die begin van die groot lewensweg, wel, dan kom dit ook vanselfsprekend nie verder nie, maar bly staan en verwelk uiteindelik soos `n grashalm in die winter wanneer dit, volgens God se orde, sy lewensvrug nou eenmaal verloor het.

[10] Wees daarom geestelik aktief en doen jou uiterste bes daarvoor! Laat geen stap wat jy neem, jou berou nie! Want dan word elke daad en elke stap altyd begelei deur God se grootste seën.

[11] Dink veral nie daaraan dat ek, as engel wat al so volmaak is, dat ek my nou aan `n totale niksdoen sou kon oorgee nie! Ek wen nou oneindig baie deur my aanwesigheid hier, en sal my eie skeppings voortaan nog meer volmaak daar kan stel. As ek, as suiwer en volmaakte gees, hier so onskatbaar baie kan wen, hoeveel te meer geld dit dan vir julle, wat so ver agter my in volmaaktheid staan!

[12] Dank JaHWeH God daarom dat Hy aan julle hierdie heilige kans vol barmhartigheid gegee het, waardeur julle in één uur meer vir jul gees sal kan bereik, as met julle wêreldse onderwys in tienduisend jaar!

[13] Kyk, sulke besonder kanse vol barmhartigheid gee God maar baie min aan `n wêreld. Elkeen wat die voorreg het om deelgenoot van so `n geleentheid te wees, moet dit dan ook met al sy krag vir sy gees benut.

[14] As God êrens `n profeet stuur of opwek, moet hulle hulleself om hom heen verdring om vir hul eie beswil die heilige woord van God te hoor, want God wek slegs eenmaal in `n honderd jaar sulke manne met diepe, ware, hemelse wysheid op.

[15] Gróót profete egter, deur wie God die mense van die aarde baie en belangrike dinge wil meedeel, word hoogstens elke duisend tot tweeduisend jaar na die mense van hierdie aarde gestuur. Hul doel is om die mense enersyds so ruim en uitgebreid moontlik die verdere, nuwe weë van God tot nog groter volmaaktheid te wys en andersyds weg te voer van die talle dwaalweë wat hulle vir hulself gemaak het en terug te bring na die enigste regte weg.

[16] Want kyk, in God se groot skepping staan niks stil nie, net soos wat die tyd op aarde ook nooit stilstaan nie! Die geeste maak altyd sigbaar groot vordering en omdat so `n groot vooruitgang in die ryk van die suiwer geeste voortdurend geboekstaaf word, mag die onsterflike skepsels op die hemelliggame nie agterbly nie, om nie te ver by die ryk van die geeste agter te raak nie.

[17] Na die verskyning van sulke groot profete gaan die mense deur eie inspanning ook weer in `n goeie rigting, dalk nie oor die algemeen nie maar dan tog wel op persoonlike vlak. Maar soos wat daar in die geesteswêreld `n groot sprong geneem word, is die altyd ietwat afgeskermde lig van `n voormalige groot profeet nie meer so werksaam nie; `n nuwe profeet word opgewek en uitgestuur en die mensdom gaan dan weer, al is dit aanvanklik individueel, agter hierdie groot sprong in die geesteswêreld aan.

[18] So word die menslike natuur tog in `n paar eeue vindingryker en presteer uiteindelik in dinge waarvan die vorige geslagte nooit gedroom het nie.

[19] Maar as op hierdie wyse na ongeveer twaalf tot vyftien eeue `n hoogtepunt bereik is, word die menslike aard van binne af tog traag en bly stilstaan, wat God op hierdie aarde ook toegelaat het. Daardeur sal daar altyd alle denkbare ontwikkelingsfases te vinde wees omdat die meer aktiewe mense daaruit die gevolgtrekking sal maak dat, sonder die openbarings wat van tyd tot tyd verskyn, die mensdom uit homself duisende jare op dieselfde plek sal bly staan en geen stap vooruit sal gee nie, wat julle almal in die praktyk kan sien by die huidige Indiërs en Agter-Indiërs.

[20] JaHWeH laat dit toe, sodat die mense wat te eniger tyd daar is, hulself hiervan kan oortuig dat dit presies so is soos wat ek vir julle voorspel het. Maar die mense sal hulle uiteindelik self, deur middel van hulle nakomelinge, moet opvoed. Want vir volke wat op `n lae trap van geestelike ontwikkeling staan, wek JaHWeH nooit `n eie groot profeet op nie. Hy laat hulle, dit wil sê die onontwikkelde volke, deur die vernaamste volke van hierdie aarde, wat eintlik slegs maar deur die openbarings eerste ontwikkel het, in `n sekere sin verder opvoed, waarvoor JaHWeH Sy baie wyse redes het.

[21] Maar die mense wat op `n hemelliggaam die naaste aan God staan, moet hulle van so `n hoë roeping altyd wel diep en dankbaar bewus wees en hulle onvermoeid daarvoor beywer, anders is dit hul eie skuld as hul nakomelinge later ver sal sink onder die vlak van die Agter-Indiërs, wat ons Sjinese noem, en uiteindelik, soos die diere, volkome dom word! - Sê my nou, dertig broers, of julle dit alles wel duidelik verstaan het!"


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205