Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 3
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 30

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248.

Die protes van Cyrenius

30 Cyrenius sê vir My: "Majesteit en Heer, sê U nou daarvan? Wat moet ons daarvan maak? Praat Mathael die volle waarheid? U kan dit tog maklik tot in die kern beoordeel; sê nou ook iets daaroor!"

[2] Ek sê: "Het Ek jou dan nie al vroeër gesê dat jy daarna moet luister nie? As Ek sou gesien het dat hulle onjuisthede verkondig, sou Ek julle sekerlik nie aanbeveel het om na hulle te luister nie. Luister daarom nog maar verder na Mathael! Hy laat weliswaar `n harde, maar `n goeie wind waai; ook al golf die see sterk daardeur, kom `n mens met so `n wind tog baie gouer vooruit as met die kragtigste roeiers!

[3] Luister maar nog verder na hom, want tot nou toe het hy julle nog saggies aangepak, maar as hy nog bietjie meer aangevuur raak, sal hy nog met baie ander bewyse te voorskyn kom!"

[4] Cyrenius sê: "Daarvoor bedank ek hom by voorbaat! Ons is tog al uitgemaak vir duiwels! Bestaan daar nog iets erger waarvoor hy ons sal kan uitmaak? Is dit nie aan te  prys van my kant dat ek hierdie vyf arme duiwels vir hul hele aardse toekoms wil versorg en as dank gee hulle ons `n onderwysing soos wat U dit nog nooit Self gedoen het nie!

[5] Ag, ek het eintlik glad geen sin meer daarin om na hierdie Mathael te luister nie. Sy uitkyk op die lewe kan op sigself hóe waar wees, maar dit deug nie vir die aardse lewensomstandighede nie en geen mens kan iets vir sy liggaamlike behoeftes daardeur doen nie!

[6] Ja, mense soos die profete en die ou priesters kon natuurlik net enkel en alleen vir hulle ewige lewe sorg, want vir hul liggaamlike behoeftes het andere gesorg, vir wie dit uiteindelik niks saak maak of daar `n ewige lewe vir die siel is of nie! Hulle kry slegs wette wat hulle moes nakom sonder om ooit die werklike rede daarvoor te verneem en wat hulle nou eintlik daarmee moes bereik.

[7] Vir miljoene moes dit, met of sonder vooruitsig op `n ewige lewe, voldoende gewees het en sal dit vir ons dan nie meer so wees nie?!

[8] As dit egter vir ons nie meer voldoende is nie, dan kom by elke mens wat ook maar `n vonkie ware naasteliefde in hom het, die vraag: Wie stel uiteindelik die talle miljoene arme duiwels daarvoor skadeloos dat hulle almal, ondanks die hou van uiterlike voorskrifte, tog ten prooi val van die ewige dood? As die mense toevallig ontstaan het, dan kan die leer wel korrek wees; maar as hulle almal, wat wel te sien is aan hul baie wyse liggaamlike bou, die werk is van `n baie wyse en goeie God, dan moet daar `n ander en vir alle mense meer praktiese weg wees om die ewige lewe te bereik. As dit nie daar is nie, dan is die totale lewe die veragtelikste wat die menslike verstand ooit as veragtelik en afskuwekkend kan waarneem!

[9] Want as `n ewige lewe maar net weggelê is vir diegene wat dit in `n sekere sin bereik ten koste van vele ander mense, wat vir so `n hoofpersoon van die ewige lewe moet werk om slegs aan hóm die ewige lewe te besorg - dan wil ek self nooit van die ewige lewe ook maar die kleinste vonkie hê nie, en `n algehele, ewige dood is vir my dan verkiesliker! So dink ek nou daaroor.

[10] U leer, Majesteit en Heer, vind ek aangenaam, goed en waardevol, want dit gee my, as ek swak mag word, die hulp van `n Almagtige Helper. Maar volgens die leer van Mathael het ek niemand anders as myself nie. Slegs ekself kan my die ewige lewe gee of ontneem en `n God sou heeltemal geen rol daarby speel nie, behalwe om met verergde of welwillende blikke te kyk hoe `n arme duiwel hom loswerk uit die kloue van die dood en om maar oor die onherbergsaamste paaie, wat besaai is met dorings, rotse en giftig gebroedsels, na die ewige lewe op te klim!

[11] Nee, nee, dit is nie moontlik nie; julle is dwase met julle hele leer oor die ewige lewe! Ja, as ek my `n skenker van die ewige lewe kan voorstel, wat as hy dit wil, net soos U, o Heer, iemand ook reeds op aarde die lewe terug kan gee, dan doen ek alles sodat hy my te eniger tyd ook die ewige lewe sal gee. Maar as ek dit vir myself uit alle verborge wyshede van die profete op die een of ander wyse eers bymekaar moet maak, dan het ek, soos gesê, niks van `n ewige lewe nodig nie! - So praat en het gepraat Cyrenius, die Romeinse opperstadhouder oor Sirië en oor alle lande van Asië, Afrika en `n groot deel van Griekeland!"

[12] Ek sê: "Vriend, hierdie keer het jy jouself waarlik onnodig oortref in allerlei niksseggende gepratery. Wat hierdie vyf was, dit weet jy; waarom hulle dit was, weet jou nou hopelik ook!

[13] Ek het hulle tans heeltemal gesuiwer en in hulle die enig ware, onbedrieglike lewenslig ontsteek en daarmee die weg versper waaroor die uitgedryfde, slegte gaste hulle moontlikerwys nog eens `n nadelige besoek sou kon bring.

[14] Hierdie vyf is daarom nou voorlopig heeltemal rein en deursien in hulleself die dunste drade van die volle lewe, soos dit eintlik was vanaf die oerbegin. Hulle deel nou aan almal openlik mee wat in ou tye maar weinig vir weinig gegee was: hoe kan jy dan kwaad word vir hulle daaroor?!

[15] Want weet, wat hulle sê is presies dieselfde asof Ek dit Self vir julle gesê het. Hulle vertel die waarheid egter ietwat minder verborge.

[16] Besef eers die regte waarde van wat hulle gesê het en word dan eers kwaad, as jy kan. Maar nou, omdat dit wat hulle gesê het vir jou ietwat ongemaklik voorkom, het jy duidelik ongelyk deur kwaad te word. Laat Mathael verder praat en kyk dan of dit wat hy sê, prakties is of nie en of dit teen My leer indruis of nie!"


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205