Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 3
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 33

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248.

`n Voorspelling van Mathael

33 "O vriend, dit sal op hierdie aarde nog so erg word en daar sal sóveel kwaad sal rondgaan dat selfs die satan, in watter gestalte dan ook, die menslike samelewing nie meer sal durf besoek nie. Maar daar sal altyd weer mense wees wat as blindes meer sal sien en as dowes meer sal hoor as ons wat nou met wyd geopende oë en ore hier sit.

[2] En daar sal eendag `n tyd kom dat die mense die lewenskrag van die dampe van die water in grade sal meet en hulle sal dit beteuel, soos die Arabiere hul perde beteuel en hulle sal hierdie krag vir alle ongelooflike swaar werksaamhede gebruik. Ook vir die swaarste wa sal hulle die verborge lewenskrag wat in die water is inspan en daarmee met die snelheid van `n afgeskiete pyl wegry.

[3] Hulle sal ook die lewenskrag van die water vir die groot skepe inspan en hulle sal die skepe vinniger as die stormwind oor die watergolwe aanjaag, ja, uiteindelik selfs elke storm die hoof bied en dwarsdeur sy verwoede gesig vaar sonder om enige betekenisvolle skade op die lyf te loop. Slegs rotse en sandbanke sal vir sulke vinnige skepe altyd nog gevaar en skade kan oplewer.

[4] Maar baie gou na hierdie tyd sal dit vir die lewe van die mense baie sleg begin uitsien. Die aarde sal onvrugbaarder word, groot lewensduurte, oorlog en hongersnood sal ontstaan en die lig van die geloof in die ewige waarheid sal op baie plekke verflou en die vuur van die liefde sal uitdoof en afkoel en dán sal die laaste vuuroordeel oor die aarde kom!

[5] Geseënd is hulle dan wat hulle lewenswater nog nie ten behoewe van aardse gewin laat verdamp het nie. Want as die groot vuur van die oordeel uit die hemel sal kom, sal dit hulle nie kan seermaak nie, omdat hul eie lewenswater hulle daarteen sal beskerm.

[6] Net daarna sal die egte lewensvrede en God se orde mekaar vir altyd die hand reik en tweedrag en twis sal nie meer voorkom onder hulle wat die gesuiwerde aarde sal bewoon in geselskap van God se engele nie. Hoewel ons vergane en gebrekkige liggame dit nie sal sien nie, sal ons innerlik waarnemende en alles begrypende siele des te meer getuie wees van alles wat ek nou gesê het.

[7] Kyk, ek sou dit eintlik nie vir jou gesê het nie, maar ek voel `n drang in die hart van my siel daartoe, of eerder gesê, van my innerlike ‘ek’. En hierdie drang is daarvandaan afkomstig vanwaar vir ons vyf die genesing gekom het! - Verstaan jy my nou al beter?

[8] Cyrenius sê: "O, nou verstaan ons mekaar weer baie goed, nou hoop ek werklik om baie van julle te hoor en ek het met julle `n goeie vangs gemaak! Ek bly by wat ek gesê het, vir julle aardse behoeftes sal ék sorg, julle sal egter vir die geestelike behoeftes van my en almal in my groot huis sorg dra.

[9] Dit is weliswaar `n slegte vergoeding vir die groot daad wat julle vir my en my huis sal doen, maar wie kan iets daaraan doen dat mens op hierdie wêreld aan die gewer van die hoogste en ewigdurende lewensgawe voorlopig niks beters kan aanbied nie?! Gaan julle daarmee akkoord?"

[10] Mathael sê: "O, hoe kan u dit nog vra? As ons iemand kan dien en ons nuttig kan maak, is ons meer as tevrede! Want `n mens mag ook `n aardse gawe, as dit uit `n waaragtige goeie hart kom ter wille van die goeie en die ware, nooit onderskat nie. Want die gewer en die rede vir die geskenk maak dat dit ook `n algehele geestelike waarde kry en sodoende eweveel werd word as `n suiwer geestelike gawe.

[11] Want waar die materiële die geestelike ondersteun, soos wat die geestelike die materiële, word alles uiteindelik geestelik en dan kan die een in die ander `n oorvloedige ryke seën van God verwag.

[12] As iets wat egter geestelik moet wees, soos in die tempel te Jerusalem, slegs ter wille van die materiële gegee word en die materiële slegs maar ter wille van `n verwagte materiële seën vir iets geesteliks gegee word, word alles uiteindelik materieel en dit het nie die minste geestelike waarde meer nie, en God kan nooit seënryke gevolge daaraan verbind nie!

[13] Wees jy dus maar gladnie bekommerd daaroor dat jou materiële gawe vir die geestelike wat ons jou gegee het, dat dit nie voldoende sou wees nie. Dit kry juis deur die gewer en deur die ware rede vir die gee ook geestelike waarde en die seën van bo sal geestelik en ook materieel ryklik daarop volg. Want die gees is ook ewige meester van alle materie, wat uit die aard niks anders is as `n veroordeelde, heeltemal onderworpe gees, wat altyd blindelings die vrye lewensgees van God moet gehoorsaam nie. Van die eindelose krag van God gaan die oordeel van alle materie in wese uit en Hy alleen kan dit weer die lewe gee, soos en wanneer Hy dit wil!"

[14] Cyrenius sê: "O, hoe buitengewoon en sonder weerga! Nou wil ek julle vir geen koninkryk op aarde weer onder my sorgsame hande laat uitgaan nie! Hopelik sal ons mekaar steeds beter verstaan en mekaar ook steeds minder misverstaan! Maar nou moet ons die Enige Heer alleen alle lof en al ons liefde bring, omdat Hy Hom oor julle ontferm het en julle daardeur by my uitgebring het. Want sonder Hom sou ons almal so goed as vir ewig verlore gewees het!"

[15] Al vyf sê daarop: "Amen, aan Hom alleen behoort alle eer, alle lof en alle liefde, nie net van hierdie aarde nie, maar van die hele oneindigheid! Want Hy alleen is dit wat nou die hele oneindigheid opnuut vorm! Eindeloos groot en gewyd is Sy Naam!"


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205