Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 3
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 34

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248.

Uiterlike ooreenkoms

34 Toe sê Mathael weer: "Hy is by ons. Maar daar is twee wat baie na mekaar lyk, sodat dit uiterlik baie moeilik is om vas te stel wie van hulle die ware een is. Ek glo dat dit die Een is wat nou al etlike kere met Cyrenius gepraat het. Maar dit kan ook die ander een wees, want beide gesigte straal in `n sekere sin `n hoë graad van wysheid uit! Hierdie een het ons al gehoor en Sy Woord was magtig, verstandig, ernstig en wys, maar `n wyse mens sou óók so kon praat. Die ander een het egter nog niks gesê nie, miskien omdat hy nie voortydig herken wil word nie. Wie van ons durf `n woord te rig tot die nog steeds swyende?"

[2] Hierdie swyende een was Jakobus die ouer een, wat, soos bekend, uiterlik baie na My gelyk het en ook net sulke klere gedra het soos wat Ek gewoonlik gedra het.

[3] Na die vraag van Mathael, gaan die vier ander uiteindelik ook staan en bespreek onderling wie van hulle die swyende sou aanspreek en wat hy sal moet sê. Geeneen van die vyf waag dit egter nie, en Mathael rig hom daarom weer tot die vriendelike Cyrenius en vra hom onopvallend of die swyende man dalk die Verhewe, Magtige Verlosser is - of dit tog Ek is. Want hulle wil dit tog ook graag met sekerheid uiterlik vasstel, om deur die aandrang van hul hart nie aan die verkeerde persoon uiterlike eer te bewys nie!

[4] Cyrenius sê: "Ek het nog geen bepaalde aanwysing van Hom gekry om Hom van naderby te beskryf nie. Voorlopig is dit nie die belangrikste nie, want Hy sien vóór alles maar net die hart van die mens aan. Julle harte is nou duidelik in die beste orde in die wêreld en voorlopig hoef niks daaraan toegevoeg te word nie. As dit egter Sy Wil is en belangrik sal wees vir julle heil, sal Hy Hom wel van naderby bekend maak aan julle. Ek dink egter dat, as julle ons gedurende hierdie dag van naderby sal gadeslaan, dit deur die skerp blik van julle buitengewone wysheid tog nie sal ontgaan wie van ons die Waaragtige en alleen Magtige is nie."

[5] Dit was voorlopig voldoende vir die vyf en nou eers begin hulle die omgewing ietwat beter waar te neem en hulleself af te vra waar hulle hulleself bevind. Hulle verstaan wel dat hulle hulleself aan die Galilese see bevind, hulle kon maar net nie uitvind presies waar nie.

[6] Toe sê Cyrenius vir hulle, omdat hy die meeste na hulle geluister het: "Julle is nou in die buurt van die stad Césarea Philippi op die eiendom van die ou Romeinse soldaat Markus, wat julle voorsien het van wyn, brood en sout. Op die oomblik is hy nie hier nie, omdat hy in sy huis besig is vir vanmiddag. As hy terugkom, sal julle hom wel in julle huidige, meer heldere toestand van naderby leer ken, want toe hy die brood, wyn en sout aan julle gegee het, was julle meer in die hiernamaals as hier, en het julle beslis weinig ooghare gehad vir sy baie agtenswaardige persoonlikheid."

[7] Mathael sê: "Ja, ja, jy het heeltemal gelyk! Ons besit nog wel die innerlike, helder toestand wat ons dadelik na ons ontwaking gehad het, maar toe het alles verskriklik, baie vreemd en onheilspellend daar uitgesien. Noudat alles egter stadig maar seker vriendeliker daar begin uitsien, en hierdie hele omgewing baie ligter en vriendeliker geword het, is ons ook vriendeliker, helderder en in `n sekere sin meer opgewek, hoewel ons daardeur ons innerlike, ware sienswyse nie kan wysig nie.

[8] Die waarheid, vriend, bly ewiglik die waarheid! Maar hierdie wêreld is vanaf vandag tot môre baie veranderlik en haar kinders ook. `n Mens kan hom nie heeltemal op iemand verlaat nie, want vandag is iemand nog jou vriend en môre is hy dit nie meer nie, of `n bose tong het jou verdag gemaak by hom waarop hy dan opgehou het om jou vriend te wees en heimlik reeds `n slegte oordeel oor jou gevel het!

[9] Sodoende is daar op hierdie wêreld geen bestendigheid nie, nie by dinge en ook nie by mense nie! Maar die Heer sal tog alles ten goede vir die mense omkeer!"


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205