Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 3
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 4

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248.

Die nuuskierigheid van die fariseërs

4 Die jong fariseër sê: "Hoë, verhewe, magtige gees! Wel baie, maar nog lank nie alles nie! Daarvoor dank ons jou almal uit die diepte van ons hart, want jy het werklik met die groot hemelsleutel geheime ontsluit waarvan ons vroeër nie die minste vermoedens oor gehad het nie. Ons sal ons van nou af aan ook alle denkbare moeite troos om op die regte lewensweg verder te gaan, ons sou dit egter nog naderby wou leer ken. Maar vir vandag het ons al meer as voldoende gekry, want voordat ons geestelike maag dit sal kan verteer, sal ons `n bietjie tyd nodig hê. Môre sal ons wel ontvankliker wees vir hoër en meer diepsinnige sake as nou.

[2] Nou sou ons slegs nog `n paar wyse woorde wou hoor van die Man wat baie wys voorkom, wat langs die verhewe stadhouer sit en heel onopvallend met hom praat. Want, ook afgesien daarvan dat hy `n engel mag wees, skyn hy julle almal ver te oortref - sy gelaatsuitdrukking en sy gemaklike voorkoms tydens jou engelagtige toespraak verraai diepte en grootsheid!"

[3] Julius sê: "Dit is wel so, maar die Man is nou eenmaal nie so maklik tot spraak geneig as wat julle dink nie. As Hy wil, praat Hy dikwels baie en dan is elke woord soos `n hele skepping vol wysheid. Maar as Hy volstrek nie wil praat nie, kan niemand Hom daartoe bring nie. Probeer julle dit self, spreek Hom aan, dan sal Hy julle wel `n antwoord gee!"

[4] Die jong fariseër sê: "Nee, dit durf ek nie doen nie, want Hy sou ons wel `n antwoord kan gee waaraan jy jou lewe lank aan sal dink! Daarom onderdruk ons nou ook graag ons waarskynlik baie ongeleë nuuskierigheid!"

[5] Julius sê: "Nou tree julle werklik baie wys op! Môre is nog `n dag, dan sal daar miskien `n vroeër en beter geleentheid homself voordoen om met Hom te praat. Miskien reël Hy vandag nog iets, dan kan julle Hom gemaklik en rustig beluister."

[6] Daarmee stel ons jong fariseërs hulleself tevrede en wag op `n geleentheid om My te hoor praat.

[7] Kort daarna kom `n wagmeester uit die rigting van die see, waar die bekende misdadigers gevange gehou word, en sê vir Julius: "Heer en gebieder! Dit is nie meer uit te hou met die vyf roofmoordenaars nie. Hulle uiter verskriklike taal en gaan daarby so ontsettend te kere, dat al die soldate so ontstel is daaroor dat sommige van hulle, vanweë die verskriklike en baie brutale lastering, hulleself nouliks daarvan kan weerhou om hulleself aan die misdadigers te vergryp nie. Want hulle sê: 'Ons sal liewer wil sterf as om gedweë sulke ontsettende boosaardige en brutale lastering aan te hoor!'"

[8] Julius vra My: "Heer, wat moet ons daaraan doen?"

[9] Ek sê: "Daar is nog vyf ure oor tot die môre en so lank moet die vyf hoofmisdadigers dit uithou! Mens kan en mag hulle geen oomblik kwytskeld nie! As die bewakers die laster egter nie kan verdra nie, moet hulle hulleself terugtrek sodat hulle dit nie hoor nie; want geeneen van die misdadigers sal daardeur kan ontsnap nie, want hulle is stewig geboei en los kan hulle nie kom nie. Daarvoor staan Ek in! Die sewe politieke gevangenes is nie so moeilik nie en is rustig, hulle kan met die bewakers hierheen gebring word, en more sal ons geen moeilikheid met hulle hê nie. Maar die roofmoordenaars sal ons nog genoeg moeite gee. Laat dit só gebeur, want slegs deur groot kwelling kan die siel van die slegte roofmoordenaars meer en meer bevry word van hulle satansliggame en die baie bose geeste. Sonder vrymaking sal daar van genesing glad geen sprake wees nie."

[10] Na My woorde verwyder die wagmeester hom en bring My advies dadelik tot uitvoering.


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205