Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 3
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 40

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248.

Verdere uitleg van Suetal

40 Toe sê Julius: "Wat die boosaardigheid van die tempel betref, daaroor is ons Romeine al so ingelig dat julle ons niks nuuts en opsienbarend meer daaroor kan vertel nie en daarom sal sy straf nie lank op hom laat wag nie, daarvan kan julle seker wees.

[2] Dat ons nog geen rekenskap die tempel gevra het nie, is ter wille van die dom en nog baie eenvoudige volk, wat die tempel nog altyd as `n heiligdom sien en hul heil daarin soek. As ons die tempel nou sou aanvat, sal ons op enkele uitsonderings na, die hele volk nog teen ons hê. As die groter gedeelte van die volk egter binnekort sal uitvind wat die eintlike aard van die tempel is, dan sal ons die tempel heeltemal en met min moeite kan opruim. Daar sal die nuwe, suiwer waarheidsleer van die groot Verlosser uit Nasaret juis die beste daartoe bydra sodra dit ook maar `n bietjie onder die volk versprei sal wees. Hierdie leer is so suiwer soos die son op `n helder verligte dag en sal maklik deur elkeen verstaan kan word soos wat die hart deur `n goeie wil gelei word. Natuurlik sal hierdie leer nie aangeneem word daar waar die harte van die mense grondig bederf is nie, ook al is dit nog hoe goddelik suiwer! Maar daar sal die Romeinse swaard dan regspreek soos die wêreld dit nog nie op so `n uitgebreide skaal meegemaak het nie, want God se arm sal dan met die Romeine wees. - Dit om julle gerus te stel!

[3] Maar nou oor nog iets anders! Julle het vroeër vertel dat julle jul praktyke teen Rome vernaamlik in die suide van die Judese land uitgevoer het en slegs kort gelede hier na die Galilese gebied gekom het. Daarom wil ek weet watter resultaat julle met julle gestook teen Rome bereik het en wat julle beweeg het om na Galilea te gaan?"

[4] Suetal sê: "Meneer, in die suidelike streke het ons maar net geëet en gedrink en ons het geen woord teen Rome durf uitspreek nie, omdat dit vir ons geblyk het dat die meeste mense baie Romeins gesind was! Ons het nie nagelaat om, waar dit maar moontlik was, belangrike aanwysings oor die misdade van die tempel rond te strooi nie. Maar omdat ons meer met anti-tempelse as anti-Romeinse dinge besig was, het ons onsself `n ruk gelede in `n ortodokse, tempelsgesinde gehuggie behoorlik in die nes gestook. Die mense het in die geheim `n ondersoek na ons ingestel en daar het vir ons niks anders oorgebly as om onsself vinnig uit die voete te maak nie.

[5] In die nag en ontydig het ons na Samaria deurgetrek en het na etlike dae oor die berge hier in hierdie streek aangekom. Hier het ons weldra mense aangetref wat óf om grondige redes hulle nie baie lowend oor die Romeinse heerskappy uitgelaat het nie, of dit maar net gedoen het om ons, kortsigtige onnoseles, om die bos te lei, kortom dit het ons aan mensekennis ontbreek om dit te ontdek. Onnadenkend het ons met hulle saamgestem en laat ook so die een of ander ‘Propter formam’ (bevestiging) los. Maar dit was nie drie dae nie, of ons word skielik deur Romeinse soldate aangehou en hiernatoe gebring, tesame met vier of vyf van hulle wat by ons aangesluit het. En soos wat ons daar gevange geneem is, so is ons hierheen gebring. Nou weet u alles wat u van ons te wete kan kom en nou kan u u volledige oordeel oor ons vel."

[6] Julius sê: "Ek bly by my eerste uitspraak waarby ek julle heeltemal strafregtelik vrygespreek het, maar nou gaan dit oor iets heeltemal anders en dit is in kort die volgende vraag: Wat gaan julle nou doen? Na die tempel kan julle onmoontlik nie weer teruggaan nie, na julle familie in Jerusalem gevoeglik ook nouliks weer nie, want dit sou daar bepaald nie so goed met julle gaan nie! - Wat is julle daarom van plan om te doen?"

[7] Suetal antwoord: "Meneer, dit is `n baie netelige saak! Gun ons bietjie tyd om grondig daaroor na te dink!"

[8] Maar Mathael, wat by hulle staan, sê vir Suetal: "Luister eers na my, ek sal julle raad gee en as julle dit navolg, sal dit nie met julle sleg gaan nie!"

[9] Suetal sê: "Is jy nie één van die vyf wat saam met ons hierheen gebring is nie? (Mathael bevestig dit).

[10] As dat so is, hoe kan jy dan, terwyl jy in elk geval slegs tydelik `n boosaardige dwaas was, vir ons verstandige raad in hierdie uiters moeilike saak gee?! Want julle vyf is as boosaardige en gevaarlike gekke, respektiewelik as besetenes, swaar geketting hierheen gebring! Wie het julle genees? Want jy praat nou `n baie helder taal en moet daarom genees wees! Op die skip het jy maar net gebrul, eers soos `n bees, dan weer soos `n leeu en dan weer gehuil soos `n wolf, en as jy met die mees krysende stem ter wêreld woorde uitspreek, was dit net skelwoorde, vloeke en verwensinge! Kortom, jy is heeltemal nog dieselfde, ook al dra jy nou `n Romeinse mantel en ek het geen woorde daarvoor dat jy nou so helder van gees geword het nie. Iemand uit hierdie groot geselskap moes jou en jou metgeselle genees het! Maar wie? Waar bevind so `n wonderheiland Homself?

[11] Maar wag eers! Nou skiet iets my te binne! Die meneer wat ons verhoor waargeneem het, het ons uitgevra na `n Verlosser uit Nasaret. Hy wou van ons weet wat ons alles al oor hierdie man gehoor het. Ons het hom toe vertel wat ons van hoorsê weet.

[12] Daarna het ons vir meer inligting gevra aangaande so `n seldsame mens, maar het geen antwoord gekry wat ons geval het nie. Jy het ons nou self op die spoor gebring! Dat jy saam met jou vriende genees is, is nie meer te betwyfel nie. Maar dit is ook nie meer te betwyfel dat die Verlosser uit Nasaret, wat so toevallig deur die hoë Romeinse meneer genoem is, hier moet wees! Hy moet hier wees, want geen sterflike mens op hierdie aarde kon julle andersins genees het nie! Sê vir ons of ons vraag korrek is, dan sal ons jou raad met betrekking tot ons toekoms aanhoor!"


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205