Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 3
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 41

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248.

Die raad van Mathael

41 Mathael sê: "Kyk, broer, ons almal behoort aan die tempel en moes dieselfde lot deel, julle het slegs na die suide gegaan en ons moes na die ooste trek. Ons het egter in die hande van `n troep beliggaamde duiwels geval en daardeur het ons liggame `n woonplek van talle duiwels geword. Maar hier was `n Verlosser, die grootste wat die aarde ooit gedra het, en wat ons, slegs deur Sy Almagtige woord, gratis genees het.

[2] Hy is hier! Dieselfde, waarvan die Romeinse hoofman Julius in sy vraag aan julle melding gemaak het. Maar vir julle is dit nou nog nie die oomblik om met Hom nadere kennis te maak nie. Hy sal self bepaal wanneer julle hom beter kan leer ken! Vra dus nie verder uit nie en luister na wat ek nou vir julle gaan sê!

[3] Julle is nog kinders van hierdie wêreld, maar as julle wil, kan julle ook die ware, vrye en lewensegte kindskap van God verkry. Hierdie Romeinse maghebbers sal graag vir julle die middele daartoe verskaf. Die meneer wat julle ondervra het, sal sekerlik geen oomblik aarsel om julle op die goeie weg te bring nie, en nou selfs nog makliker omdat Cyrenius, die opperstadhouder uit Sidon hier is.

[4] Kyk, daar agter julle staan ook dertig tempeldienaars! Hulle behoort reeds tot die vreemdelingelegioen en hulle is nou goeie Romeine. As julle dit ook wil word, is julle vir altyd en ewig geholpe! In Jerusalem sal ons nooit weer enige geluk vind nie, want julle ken die aard van die tempel en hopelik ook die van byna die hele Jerusalem, ook so die vervloekte water! Watter mens kan dan ook maar ooit die wens hê om die hoofnes van alle duiwels en sonde ooit weer op te soek? As julle wil sterwe, gaan dan na Jerusalem. As julle egter wil lewe en ook die ewige lewe vind, word dan liggaamlik Romeine en geestelik waaragtige Judeërs volgens Moses! - Verstaan julle dit?"

[5] Suetal antwoord: "Ja, ja, ja, dit verstaan ons. Maar dit is net ongelooflik merkwaardig dat jy nou so enorm helder van gees geword het! Ek herken jou nou ook as my kollega uit die tempel en weet dat jy `n bekwame spreker was en meermale die hoë menere flink in hul gesig die waarheid vertel het. Dit het dan ook tot gevolg gehad dat jy - ek meen met nog vier van jou soort - na Samaria moes gaan! Ja, ja, dit is jy en dit is vir ons `n riem onder die hart om jou weer hier heeltemal gesond en goed te sien! Jou raad, vriend, is op sigself baie goed, maar die talle gode van die Romeine -"

[6] Mathael val Suetal in die rede: "- is altyd nog talle kere beter as die duistere monoteïsme en die eintlik algehele afgodery van die tempel! Sê my, watter priester in die tempel glo nog in `n God? Ek sê vir jou: Hulle buik en hulle wellus is nou die ware elohim van die tempel! Hulle dien die dood, die sonde en alle duiwels! Die gebooie van Moses kan jy vir `n paar silwerlinge kry as jy dit so wil, maar van hul vreet- en wellusvoorskrifte laat hulle geen komma val nie! Hulle besit geen lewe meer nie en gee hulleself tog uit vir here van die lewe en wil as sodanig hoog geëer word!

[7] Hulle het nie die vaagste benul meer van dit wat lewe is nie. Hulle verstaan geen jota meer van die Skrifte en die profete nie - soos wat jy nie die einde van die wêreld verstaan nie. Hulle het almal lankal hulle sielelewe verloor en versorg daarom so ywerig die lewe van hul mottesak. Hoe kan hulle dan uit hulle volledige doodwees die ewige lewe van die siel aantoon en gee?

[8] Die diepte van die lewe moet ontdek word deur die stryd van die lewe met die lewe en met die dood. Deur daardie insig moet dit altyd meer deur dade versterk word, as dit as werklike lewe wil bestaan. Maar hoe kan die dood jou laat sien wat die lewe is wat nog nooit deur hom ontdek is nie, in en buite homself is? Ek sê vir julle: In die tempel woon die ewige dood al lankal, maar hier woon die waarlike ewige lewe! Kyk, die Romeine verstaan dit en word met lewe vervul, terwyl die tempel dit nooit sal verstaan nie omdat hy al vir ewig dood is. Wat is derhalwe beter: die veelgodedom van die Romeine, of die eengodedom van die tempel?!"

[9] Na hierdie woorde van Mathael kan die twaalf byna nie hul verbasing oorkom oor die ware insig en klaarblyklike wysheid van Mathael nie.

[10] Daarop sê Suetal verontskuldigend vir Julius: "Hoë meester, vergeef ons dat ons u so lank op `n antwoord laat wag, maar u hoor self die wyse woorde van Mathael en dit vervul ons so dat ons u die gevraagde antwoord nog nie kon gee nie. Maar as u nog enige geduld met ons sal hê, sal ons u beslis `n deeglike antwoord gee!"

[11] Julius sê: "Laat Mathael maar nie met rus nie, want hy verstaan meer as ek en nog talle duisende soos ek! As hy praat, sal ek graag `n duisend jaar lank wil swyg en na hom luister! Pleeg dus maar net oorleg met hom, hy sal in staat wees om julle vrywel die beste raad te gee!"

[12] Suetal sê: "Ja, hy het ons al raad gegee en dit hang nou maar net van u af of u ons in die vreemdelingelegioen gaan opneem!"

[13] Julius sê: "Goed so! Dit het al so goed as gebeur, maar ondanks dit sal die wyse Mathael julle vir dié doel nog menige uiterste wyse lesse kan gee!"

[14] Suetal antwoord: "Ja, dit merk ons op, hoewel daardie eienskap van hom vir ons nog onbegrypliker voorkom as die lug! Hoe hy wysheid gekry het, is totaal onverklaarbaar! Die wonderbaarlike genesing van sy besetenheid is te verstane, maar waar hy nou hierdie wysheid vandaan kry, moet diegene maar verstaan wat dit wel kan verstaan!"


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205