Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 3
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 43

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248.

Waarheid is lewe, leuen die dood

43 Mathael sê: "`n Redelik goeie wil is al gelyk aan `n halwe daad. Die mens moet maar egter nie te lank net by die goeie wil bly nie, maar moet hom so gou moontlik aan die werk sit, omdat die wil andersins met die loop van tyd sal afkoel, sy spankrag sal verloor en sal uiteindelik te swak en magteloos word om `n goeie werk te volbring.

[2] Kyk, solank die water in die pot kook, kan `n mens verskillende vrugte gaarkook en verander in lig verteerbare spyse. Maar as die water in die pot lou en uiteindelik selfs koud geword het, geluk dit nie meer met die gaarkook van die vrugte nie!

[3] Die wil van `n mens lyk daarom soos die kokende water in die pot. Die liefde tot God en tot al die goeie van die lewe uit God is die ware vuur wat die lewenswater in die pot aan die kook hou. Die vrugte wat gaargemaak moet word is die werke en dade waarmee ons instem, maar wat ons nog nie uitgevoer het nie. Daarom moet ons dit juis in die water doen solank dit nog hard kook, omdat dit andersins rou en onverteerbaar sal bly en sodoende geen nut vir die lewe sal hê nie.

[4] Dus, wat `n mens wil, moet `n mens ook doen. Andersins bly die wil altyd `n leuen teenoor die lewe en uit die leuen kan daar in ewigheid geen waarheid voortkom nie!

[5] Waarheid is lewe en die leuen die dood. Soek daarom in alles die waarheid, dit is die lewe en vermy die leuen in en buite jouself, want dit is die ware dood!

[6] Want wat het jy as jy jou verbeel dat jy iets het? Niks anders as die onbeduidende van jou verbeelding nie! En wat is dit? Kyk, dit is niks en daardie niks is die ware dood!

[7] As jy wil bou en geen materiaal en geen bouers het nie, hoe sal die huis wat jy wil bou dan daar uitsien? Wel, dit sal nooit vorm kry nie! Die materiaal is die dade en werke van `n lewende wil. Die energieke wil is die bouers. Hulle trek uit jou goeie werke dan `n egte huis op en hierdie huis is jou ware lewe in God, wat ewig en onverwoesbaar sal bly staan. Maar met weinig moeite word geen huis gebou nie en verseker nie die lewenshuis nie. Daarom moet ons met al ons verleende krag besig wees, anders sal die bouery sleg vorder.

[8] Toe Noag die ark gebou het, het hy in die begin baie traag met die werk begin wat aan hom opgedra was. Toe sy teenstanders dit opgemerk het, het hulle altyd snags alles verniel wat hy oordag tot stand gebring het. Eers talle jare later het hy begin om dag en nag aan die ark te werk en het daarby wagte aangestel. Toe eers het die bouery met rasse skrede tot voltooiing gevorder en, soos dit bekend is, het hierdie struktuur ten tye van die groot vloed aan hulle wat daarin was, beskutting gebied en het hulle van `n sekere ondergang gered.

[9] Ek sê vir jou dat ons nou eintlik almal soos Noag is. Die wêreld met haar leuens en bedrog en al die verleidinge wat daaruit voortkom is die ewigdurende vloed. Om nie daardeur verslind te wil word nie, moet ons so vlytig as moontlik die opdrag vir die bou van die ark uitvoer. Hierdie ark is die konsolidasie van die lewe van ons siel om daardeur die goddelike, geestelike lewe in die siel te behou en uiteindelik volledig te vorm.

[10] As die vloed van die lokkende, wêreldse verleidinge dan uiteindelik sal versink in die diepte van haar leegheid, dan sal die goddelike lewe sig met alle krag in en buite die siel manifesteer en in die suiwere en nuwe lewensfeer in `n vryheid sonder weerga, sonder enige vyandige gehoon, `n nuwe werk begin en daarmee in en met God die hele oneindigheid van ewigheid tot ewigheid seën! - Verstaan jy hierdie vergelyking?"


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205