Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 3
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 45

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248.

Die genesing op die geseënde weide

45 Toe Julius My dit hoor sê, gaan hy eers vinnig na ons gasheer Markus toe wat met sy mense druk besig was om `n goeie middagete gereed te maak en lê My opdrag aan hom voor. Daarop gaan Markus vinnig na die voorraadkamer, wat nou nog nie leër wil word nie, neem `n groot, heel brood en `n beker sout en laat twee groot kruike wyn deur beide sy seuns haal, waarop alles so vinnig moontlik na die twaalf gebring word.

[2] Sodra hulle die brood en wyn sien, word hulle ook skielik geweldig honger en Julius sê aan hulle toe hy hul geeuhonger bemerk: "Dat julle baie honger is, weet ek, maar as julle gesond wil bly, eet dan nou nie te vinnig nie, maar gebruik julle tyd daarvoor, dan sal dit julle goed bekom!"

[3] Die twaalf sê: "Ja, ja, vriendelike meester, ons sal ons wel met mate beheers!" Maar desnieteenstaande laat hulle in `n oogwink `n groot brood en ook die wyn en die sout verdwyn en vra dan vir meer.

[4] Maar Julius sê: "Vriende, dit is voldoende as `n voorgereg. Die uitgebreide middagete is binnekort hier, waarby julle ook nie oorgeslaan sal word nie."

[5] Suetal sê: "Ja, ja, baie goed, vir die ergste honger is dit voldoende; eers by die middagete sal ons ons honger stil! Maar, meester en edele mensevriend, ons het niks waarmee ons die gasheer kan vergoed nie!"

[6] Julius sê: "Julle is nou Romeinse burgers en hoef julle nie meer daaroor te bekommer wie die rekening vir julle sal betaal nie! Want `n Romein het nog nooit iemand `n rekening skuldig gebly nie en die gasheer is vooraf deur ons vir talle jare skadeloos gestel. Ons kan hier nog `n volle jaar sy gas bly en dan sal hy nog groot voordeel daaraan hê. Bekommer jou dus nou nie daaroor wie uiteindelik die rekening sal betaal nie!"

[7] Die twaalf sê: "Broer, dit is `n ander taal as in ons tempel, waar mens haas niks te ete kry nie maar des te meer moet vas en bid. Maar die hoë menere vas en bid weinig en verteer elke dag `n hoeveelheid aalmoese en offers ter ere van JaHWeH, terwyl die jong tempeldienaars ‘Pro populo’ (vir die volk) moet vas tot die honger in hul ledemate haas begin te knor! O, waarom het ons nie baie vroeër al Romeine geword nie?! Daar vind jy alles: Wysheid, goedheid, regverdigheid, strengheid waar nodig, en aan brood en wyn skyn geen gebrek te wees nie! Met huid en haar en lyf en siel wil ons Romeine wees! Lank lewe Rome en al sy gesagsdraers!"

[8] Julius sê: "Baie goed, huidige vriende! Julle is goed van geaardheid, hoewel daar nog verstaanbaar baie eieliefde in julle skuil. Dit sal hopelik wel met die tyd verdwyn. Maar vandag sal julle nog besondere dinge sien en hoor, daaruit sal julle baie leer! - Maar vra nie te veel nie, julle moet luister en kyk, die uitleg sal julle wel vanself kry!"

[9] Daardeur het die twaalf nuuskierig geword en vra mekaar af wat die hoë Romein tog sou bedoel het deur te sê dat hulle op die dag nog baie buitengewone dinge sou hoor en sien, waaruit hulle baie sou kon leer, en dat alles in `n sekere sin vanself duidelik sou word! Wat sou dit kon wees?

[10] Die praatsieke Suetal sê: "Nou, wat sal dit dan wees? Het julle nooit van die Olimpiese spele van die Romeine gehoor nie? Waarskynlik gaan hulle so iets hier op tou sit. Omdat ons nou self Romeine is, mag ons daaraan deelneem en waarskynlik baie daarby sien en hoor, wat ons goed te pas sal kom. Dit sal dit wees, en sekerlik niks anders nie."

[11] `n Ander een van die twaalf sê: "Dit dink ek nie. Julle agt weet nog lank nie wat ek weet nie, want julle kom uit die suide en weet weinig van dit wat in `n kort tydjie by die Galileërs afgespeel het. Julle weet dat ek en nog drie ander uit die bergagtige omgewing van Genesaret tesame met julle gevange geneem is weens deelname aan julle pogings tot opruiing en hiernatoe gebring is. Kwalik drie dae voor julle aankoms het ongehoorde gebeurtenisse in Genesaret plaasgevind. Die Wonderheiland uit Nasaret, wat vroeër deur die Romeinse hoofman genoem was, kom toe en genees slegs deur Sy goddelike, almagtige woord alle siekes wat, met watter kwaal dan ookal, daarheen gebring was!

[12] Ek het self `n broer, wat nou tuis die erfgenaam is. Hy was deur die jig soos `n soort knol krom getrek, hy kon nie lê of sit nie - van staan was daar natuurlik heeltemal geen sprake nie. Ons het hom in `n hangende korf (mandjie) wat met sagte strooi opgevul was, gehou. Dikwels het hy dae lank gehuil, deur die ergste pyne gefolter, waarna hy dan meestal sy bewussyn so volkome verloor het dat hy soos `n dooie daar uitgesien het. Alles wat jy jou maar kan bedink, was geprobeer om hom te genees, selfs die water van die fontein van Siloam - alles egter tevergeefs.

[13] Toe ons ook by ons in die berge hoor dat die beroemde Verlosser uit Nasaret hom in Genesaret bevind het en alle siekes genees, het ek ook met my knegte en muildiere my broer met onvoorstelbare moeite na Genesaret gebring. Toe ons na al die inspanning daar aankom, sê die mense egter dat die Verlosser `n bergtog onderneem het en dat hulle nie weet wanneer en of hy nog sou terugkom nie. Daar staan ek toe soos `n pilaar langs my jammerende broer en begin van droefheid self te huil en ek bid uit die grond van my hart tot God of Hy nie `n einde sou wou maak aan die bittere lyding van my arme broer nie, omdat ek nie die geluk gehad het om die Wonderheiland nog aan te tref nie. Ek, as eersgeborene, lê die gelofte af om aan Hom al my erfregte af te staan en Hom sonder eersgeboorte reg my lewe lank te dien, as hy genees kon word.

[14] Wel, baie gou daarna kom daar knegte uit die groot herberg die straat op na my toe en sê dat die genoemde Verlosser alle kreupeles, waaronder daar baie was soos my broer, in `n oogwink op `n dergelike wyse genees het dat hulle daarna daar uitgesien het asof hulle nooit iets makeer het nie! Maar hierdie Verlosser het met Sy leerlinge, die meester van die huis en nog andere uit hierdie huis en uit hierdie plek, die hoë berg opgegaan, wat nog nooit vroeër deur `n sterfling beklim was nie omdat dit veels te steil is. Hy sou wel terugkom, maar wanneer, dit het hulle nie geweet nie. Dit was nou ook nie belangrik nie, want hierdie Verlosser het `n weide (weiveld) geseën en ek hoef my broer slegs gelowig op hierdie geseënde weide neer te lê en dan sou dit met hom beter gaan.

[15] Ek vra dadelik waar die geseënde weide was. Die knegte wys dit aan en ek dra my broer dadelik na die genoemde weide toe en lê hom daar op die gras neer. Wel, die oomblik toe my siek broer met die weide (gras weiveld) in aanraking gekom het, begin hy hom heel behaaglik uitrek. Alle pyn het soos in `n sug verdwyn en in `n paar tellings was my broer net so gesond soos ek! Voorheen was hy slegs vel oor been en ek verseker julle, hy het so goed deurvoed langs my gestaan dat ek nog verbaas is oor die onvoorstelbare verandering!

[16] Maar ek het toe ook by my gedane gelofte gehou en gee toe aan my broer, wat nou baie gelukkig is en God vrees, alles en het al die werk met graagte vir hom gedoen, ook dit van die minste van my vroeëre knegte, hoewel my goeie en dankbare broer my altyd daarvan weerhou het.

[17] Maar ek was maar net `n paar dae `n kneg by my broer, wie julle gesien en mee gepraat het, toe julle by ons aankom en eintlik die oorsaak daarvan was dat ek en nog drie knegte van my broer ons nou hier bevind, gelukkig as onskuldiges.

[18] Hiermee wou ek julle eintlik maar net opmerksaam gemaak het op die beroemde, wonderbaarlike Verlosser uit Nasaret, waaroor julle, volgens julle eie mededeling, tog ook hier en daar al iets van gehoor het!

[19] Wel, te oordeel aan die vraag van die hoofman uit Genesaret, wat ek baie goed ken, dink ek - wat ook duidelik blyk uit die genesing van die vyf besetenes - dat die Wonderheiland uit Nasaret nou hier is en Sy werk doen.

[20] Die hoofman het ons dus met dit wat ons sal sien en hoor, seker opmerksaam wou maak op dade en gesprekke van die wonderbaarlike Verlosser en geensins op die ruwe Romeinse Olimpiese spele nie, waaruit daar sekerlik geen besondere wysheid gehaal kan word nie en waarvan die hoofman self geen groot vriend blyk te wees nie! - Wat dink julle daarvan?"


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205