Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 3
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 46

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248.

Suetal vertel oor die invloed van die Wonderverlosser

46 Suetal sê: "Daarin sou jy heeltemal gelyk kon hê! So sal dit beslis inmekaar steek, en ek begin nou rasend nuuskierig te word oor die persoonlike kennismaking met hierdie beroemdste van alle genesers. Ek wou weliswaar nie netnou te veel aan die hoofman sê toe hy ons gevra het oor hierdie wonderbaarlike Man nie, maar glo my, die hele Samaria en die hele Sigar is vol daarvan! In Sigar beskou mense Hom sonder meer as `n mens waardeur die Gees van God volledig werksaam is! En dit, staan my toe dat ek dit sê, is tog werklik ook nie te gering om te noem nie!

[2] En wat dink julle van die tempel! Die hoë menere breek hulle koppe daaroor hoe hulle so `n Verlosser uit die wêreld sou kon help. Maar as Hy sulke kragte tot Sy beskikking het met die sigbare vriendskap van die hoogste Romeinse maghebbers daarby, kan alle tempeldienaars etter en bloed sweet, maar sal tog uiteindelik nog minder teen Hom uitrig as `n muggie teen `n olifant!

[3] In die voorjaar was Hy al `n keer in die tempel gewees en het hom met toue en gésels gesuiwer van alle wisselaars en duiweverkopers. En dit moet nog maar nouliks `n kwart jaar gelede gewees het dat hierdie Verlosser begin het om naam te maak!

[4] O, mense vertel in die hele Judéa al die wonderlikste dinge oor hom! Die gewone volk, wat deur die tempel baie dom gehou word, glo dat hy dit doen deur die krag van Beëlsebul, soos mense die owerste van die duiwels noem. Die meer ontwikkeldes beskou Hom as `n groot profeet; Grieke en Romeine beskou Hom as `n towenaar.

[5] Die mense uit Sigar vereer hom selfs al as `n God, wat ook al met sommige Grieke en Romeine die geval is! En ek durf te wed dat ook hierdie Romeine hom daarvoor aansien, want hulle heg nog altyd baie waarde aan die ou gesegde ‘Non exsistit vir magnus sine afflatu divino’ (Daar bestaan geen groot man sonder `n geesdrif van die goddelike nie). Dit het in elk geval die voordeel dat hulle ten opsigte van mense wat blyke gee hoogstaande en intelligent te wees, beslis nie vyandig is nie en hulle altyd met raad en daad bystaan en dit skyn ook hier duidelik die geval te wees.

[6] Maar as Hy net `n besondere, menslike krag sou hê, moet Hy maar liewer nie dikwels na Jerusalem toe gaan om die tempel te reinig nie! Want Hy kan wel eendag daar die onderspit delf. Hy kan maar hoe `n groot profeet of towenaar wees, Hy sal Hom tog nie lank teen al die helse intriges en voortdurende vervolgingsplanne kan bly beskerm nie en Hy sal hulle uiteindelik ellendig ten prooi val.

[7] Kortom, wie die tempel nie regstreeks met bliksem, donder en swawelreën uit die hemel sal aanval nie, sal weinig of niks teen die tempel uitrig nie!"

[8] Die vorige spreker uit die berge van Genesaret sê: "Die tempel sal nie veel aan Hom kan doen nie! Want noudat die hoë menere Hom die tempelreiniging nie toegereken en Hom nie gegryp het nie, sal dit `n die tweede maal ook maar moeilik gaan, want toe moes Sy Wil tog wel heeltemal vervul gewees het met `n ware goddelike krag! En wanneer dit die geval is, kan elke menslike krag so goed as niks inbring nie!"

[9] Suetal sê: "Vriend, dit verstaan jy nie heeltemal nie! Weet jy, toe Hy omstreeks Pasga die tempel op die beskrewe manier gereinig het, het die tempel verskeie honderde ponde suiwer silwer en goud deur daardie voorval ryker geword. Wel, op die manier mag Hy op die beste elke dag die tempel moreel skoonmaak, dan sal die hoë tempelhere Hom geen noemenswaardige hindernisse in die weg lê nie! Maar as Hy ook maar net één keer die tempel en Sy ongehoorde bedrieërye self aanvat, sal jy wel gou sien wat Hom te wagte staan! Helaas, ek sou dan nie graag in Sy skoene wil staan nie!

[10] Hoe lank gelede is dit nou dat die mense die beroemde profeet Johannes, wat `n tyd lank aan die Jordaan gedoop en sy boete-preke gehou het, so vinnig na sy einde gehelp het, terwyl hy selfs onder beskerming van Herodes gestaan het! Die tempel het ongemerk die slegte moeder van die skone Herodias opgestook en Herodes word daarop self die moordenaar van sy beroemde beskermling. Die tempel beskik oor ontelbare middele om `n gevaarlike geagte mens te vervolg en dit is maar selde dat dit geen sukses is nie.

[11] Die geheime intriges van die tempel gaan so ver dat selfs die Romeine `n sekere respek daarvoor het. Baie het al wel daarvan uitgelek, maar wat doen jy daaraan as mense hierdie kêrels niks aantoonbaar ten laste kan lê nie?"


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205