Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 3
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 47

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248.

Die afgrond van die leuen

47 Nou stap Mathael, wat die gesprek van `n afstand af beluister het, na die twaalf toe en sê: "Julle is nog baie aan die aarde gebonde mense en veral jy, Suetal, met jou sewe kollegas. Julle het nog nie die geringste vermoede van wat hier aan die gang is nie!

[2] Die Verlosser uit Nasaret is hier. Ja, hier ís Hy - maar wie Hy is, daarvan het julle glad geen idee nie en daarom vertel julle irriterende dom dinge oor Hom en Sy dade!

[3] `n Betroubare mens behoort egter slegs die waarheid te praat. As hy dit nie ken nie, moet hy swyg, soek en ondersoek. En as hy die waarheid gevind het, moet hy praat! Want, wie praat sonder om die waarheid te ken, lieg, ook al praat hy toevallig die waarheid!

[4] Daar behoort nooit `n leuen oor die tong van `n ware mens te kom nie, want deur die leuen getuig die siel van haarself dat sy nog in die dood en nie in die lewe wandel nie!

[5] Wie dus geniet om te lieg, ken nog lank nie die waarde van die lewe nie, want lewe en waarheid is één! Dus, die waarheid maak die siel vry en open vir haar wese, bestaan en werke die oneindigheid van God.

[6] Maar as julle dink en praat soos wat ek dit nou hoor, getuig julle openlik van julleself dat julle siel in plaas van in die groot Tempel van Lig en Waarheid, slegs in `n varkstal woon!

[7] Wat is die nut van veronderstellinge as `n mens geen kennis van dinge het nie? Hoofman Julius uit Genesaret het julle tog so wys te kenne gegee van wat julle vandag nog alles sal sien en hoor, en het selfs gesê dat julle liewer nie soveel daaroor moet vra nie, maar dat julle eerder alles liefdevol in julle harte moet opneem en daarvolgens moet handel, dan sou die uitleg wel vanself kom! En die hoofman het daarmee reg en waaragtig gepraat!

[8] Hou dus op met al daardie oorbodige, onwaaragtige heen en weer gepraat, let wel bo alles goed op en neem dit op in julle harte, dan sal julle in `n kort tydjie meer daaraan hê as wanneer julle jare lank leuens vir mekaar vertel met die bedoeling dat die waarheid gespreek word!

[9] Vra is weliswaar beter as om iets uit te lê wat mens self nie ken nie, maar as `n mens vra, moet `n mens weet vir wie `n mens vra en waarom `n mens vra. Anders is elke vraag net sulke groot onsin as `n leuenagtige antwoord wat uit die lug gegryp word.

[10] Want deur ervaring moet ek in myself die volle oortuiging hê dat hulle vir wie ek `n vraag vra, my die waarheid kan vertel. Tewens moes ek dit vooraf self nougeset deurdink het of dit wat ek iemand gaan vra, geen onsin is nie, anders verraai ek deur die vraag óf my groot domheid óf my geheime, kwade sin! Onthou hierdie lewensreël goed, dan sal julle in elk geval as beskeie mense met beide voete op die grond staan!"

[11] Suetal sê `n bietjie kwaad: "Maar beste vriend Mathael, jy gee ons hier `n soort aanmerking, terwyl daar volgens ons mening niemand is wat jou daarvoor gevra het nie! Jou raad is wel goed en waar, maar daar ontbreek `n sekere vriendelikheid daaraan en daarom maak dit absoluut nie die indruk op ons wat dit sou gemaak het as dit `n bietjie vriendeliker was nie. Ons sal dit wel navolg, omdat ons die waaragtige daarvan insien, maar ondanks dit is ons tog van mening dat die waarheid, as dit ietwat vriendeliker gebring word, net so waar bly!

[12] Kyk, twee en twee is vier! Dit is `n waarheid en dit bly dit tog ook so as dit met `n vriendelike gesig gesê word!? Gestel dat ek `n blinde lei, is dit dan dieselfde as ek hom op pynlike wyse vashou, of dat ek die arme drommel op sagsinnige wyse op die goeie weg begelei? Vir my lyk die sagsinnige begeleiding van `n blinde beter, want as ek hom te pynlik vashou, sal hy trag om hom los te worstel uit my hande en wie weet of hy nie juis op daardie oomblik, waarop hy hom aan my sterk drukkende hande ontworstel het, sal val en hom ernstig beseer nie!? As ek hom egter op `n sagte manier vasgehou en begelei het, sal ons opgewek en vrolik die doel bereik. - Het ek gelyk of nie?"

[13] Mathael sê: "O ja, as die omstandighede dit veroorloof, maar as jy `n blinde op die rand van `n afgrond sien staan en tewens sien dat jy hom kan red deur hom met `n stewige greep te gryp en weg te ruk, sal jy dan ook vooraf eers met jouself oorleg pleeg hoe hard of hoe versigtig en sag jy hom sal aangryp?"

[14] Suetal sê: "Ja, was ons wat hier is dan al geestelik so dig by `n dreigende afgrond?"

[15] Mathael antwoord: "Beslis, anders sou ek julle nie so stewig vasgevat het nie! Want kyk, alles wat `n leuen uitlok en daarom self al leuen is, ook al is dit vir die liggaamlike mens nog hoe gering ookal, is al vir die siel `n afgrond na die dood!

[16] `n Klein, haas onmerkbare leuentjie is vir die siel baie gevaarliker as `n growwe en daar dik bo-op lêende leuen! Want op `n growwe leuen sal jy sekerlik nie ingaan nie, maar so `n baie klein en onmerkbare leuentjie sal as `n waarheid jou aanspoor om iets te doen en jou baie maklik tot by die rand van die verderf bring. Maar slegs diegene wie se geestelike oog geopen is, sien dit! Daarom hoef jy nie kwaad te wees omdat ek jou ietwat stewiger vasgegryp het nie, want daar sluip so `n klein leuentjie soos `n giftige adder onder julle rond. Ek en my vier broers sien dit baie duidelik en daarin kan jy die oorsaak van my ietwat onsagte uitruk nou gaan soek. - Is dit nou duidelik?"

[17] Suetal sê: "Ja, as dit die geval is, dan sien jou ietwat onsagte optrede teen ons natuurlik baie anders daaruit en ek kan verder niks meer daarteen inbring nie. Natuurlik, weliswaar sien ons nie geestelike toestande nie en moet ons van jou glo dat dit so is, maar ons erken dat jy baie oortuigende argumente het en ons glo daarom wat jy sê. Maar waaroor moet ons twaalf dan praat? Om niks te sê nie is tog vervelend en aan ons waarheid kom die nodige nog kort."

[18] Mathael sê: "Vriend, as jy in `n stik donker nag deur `n digte bos in die berge moet gaan en jy weet dat die bos ryk aan steil hellings en gapende afgronde is, sou dit dan nie beter vir jou wees om te bly staan en die daglig af te wag nie, as om byvoorbeeld `n dwaallig te volg en daarmee in `n afgrond te stort nie? Dit is natuurlik ook nie aangenaam om in `n digte bos in die berge te oornag nie, maar sekerlik tog baie beter as om verder te wandel oor grond wat jou by elke volgende stap die dood kan bring! - Wat dink jy daarvan?"

[19] Suetal sê: "Weet jy, met jou kan eintlik gladnie verder gepraat word nie, want jy het altyd gelyk en niks is daarteen in te bring nie. Daarom sal ons wel by jou raad bly en dan sal jy sekerlik geen verdere opmerkings oor ons hê nie."


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205