Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 3
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 59

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248.

Liefde die basis van egte vreugde

59 `n Derde man uit die geselskap van die twaalf, genaamd Baël, sê: "Vriende, laat my ook eers aan die woord kom! Ek sê weliswaar meestal min en luister liewer sonder om iets te sê na iets wat wys is, maar by al julle gepraat was tot nou toe maar heel weinig wysheid te ontdek. Die jong leerling het sekerlik gelyk wanneer hy julle flink uitlag, want ook ek sê vir julle dat julle vanweë die bome die bos nie meer kan sien nie. Dink eers daaraan wie ons is en waaruit die groot geselskap bestaan en dank dan God dat ons nog lewe! Ons is ellendige, swakke en volslae waardelose erdwurms en hierdie geselskap bestaan uit maghebbers waarvoor die hele aarde beef! En dan waag ons, wurms, dit nog om sulke oerdomme woorde met hulle te wissel!? Vriend Suetal, waarom steur dit jou dan dat hierdie hoë, wondersdoende en werklik almagtige jongeman nou in ons teenwoordigheid agt visse opgeëet het?! Is ons dan nie hier gaste wat gratis saameet en het ons nie genoeg geëet nie? Ek bevind; As ons nou meer as genoeg geëet het, wat wil ons dan nog meer hê? As die natuurlike gesteldheid van hierdie jongman sodanig is dat hy, om daaraan te voldoen, meer moet eet as ons, uitgehongerde tempelrondlopers dan is dit tog nie vir ons om kritiek daarop te lewer nie! Want ten eerste het hy nie op óns koste geëet nie, en ten tweede was dit van julle kant af baie onvanpas om hom daarvoor, sê maar, op die rooi tapyt te roep! Ek vra julle, word tog eers verstandiger! Hierdie jongman beheers in `n sekere sin alle elemente, en julle praat met hom asof hy één van julle gelykes is. O julle oerdomme esels! Hy verdien, meer nog as die profete van destyds, ons algehele verering vanweë die Gees van God wat deur hom tot uiting kom, en julle behandel hom as iemand wat gelykwaardig is aan julle! As julle in die tempel by die hoëpriester moes kom, beef julle van pure eerbied. Hier is miljoene maal meer as duisend hoëpriesters bymekaar en julle gedra julle soos `n span eersteklas sukkelaars! Foei, skaam julle! Wees stil, luister en leer `n bietjie; praat daarna met mense wat minder wys is as julle! Maar laat die goddelike jongman met rus, anders sal ek julle hard moes bydam in die naam van alle ander broers wat hier aan hierdie tafel sit!"

[2] Rafael sê: "Jy het wel goed gepraat, beste Baël, maar aan sulke harde teregwysings ontbreek altyd iets, omdat die onderliggende rede nooit liefde is nie, maar `n verborge hoogmoed. Want as jy jou broers so hard tereg wys, maak jou eie ergernis dat jy jou opwen, kwaad word en dat jy jou kwaadheid self aanwakker tot toorn en dan niks goeds tot stand bring nie. Want dorings en distels bring geen druiwe en vye voort nie, en op `n plek waar dit gebrand het, groei vir `n lang tyd geen gras meer nie.

[3] As jy jou broer wil lei, moet jy hom nie so stewig aan die arm gryp soos `n leeu sy buit nie. Maar soos `n hen haar kuikens lei, moet jy ook jou broer lei, dan sal God jou aansien, omdat jy volgens die hemelse orde gehandel het.

[4] Probeer altyd eers waartoe die krag en die mag van die liefde in staat is en hoe ver dit kan ryk! As dit mag blyk dat haar sagtheid weinig of niks uitrig nie, omhul dan eers die liefde met die kleed van volle erns en lei jou broer so uit groot liefde, terwyl jy hom stewig vashou, tot jy hom op die goeie weg gebring het! As hy hom eenmaal daar bevind, onthul dan jou liefde en dan sal jou broer in dankbaarheid jou ewige, hemelse vriend bly! En dit is beter, omdat dit volgens God se ewige orde is."

[5] Baël is baie verbaas oor hierdie teregwysing en Suetal en Ribar druk Rafael se hand van louter vreugde, want dit beval hulle ten beste om in die vermeende jongste leerling `n verteenwoordiger van hul menseregte te gevind het.

[6] Maar die jong leerling sê aan hulle: "Vriende, dankbaarheid vir `n goeie diens is goed as daar `n goeie rede voor is. As die rede egter nie heeltemal goed is nie, of liewer eintlik meer sleg is as goed, is ook so `n groot dankbaarheid geen haar beter as die rede self nie!"

[7] Met hierdie opmerking van Rafael maak Suetal en Ribar groot oë vir mekaar en Suetal vra aan Rafael: "Maar, beste jong vriend, sê tog vir ons hoe jy dit bedoel!? Dit lyk gewis of jy gladnie tevrede is oor ons dankbaarheid nie!"

[8] Rafael sê: "Kyk, by `n mens volgens God se orde moet ook álles heeltemal volgens God se orde wees. Net soos in God, moet ook in die mens die suiwere liefde as die fondament van die hele lewe uit elke handeling blyk. Julle is my nou dankbaar dat ek Baël tereggewys het omdat sy teregwysing van julle nie gegrond was op liefde nie, maar op ergernis wat voortgekom het uit toorn en wraak. Baël het kennelik julle gemoed gekwets en in julle harte ontwaak toe heimlik ergernis en julle koester dadelik die wens dat Baël behoorlik op sy plek gesit sou word. En so `n wens is `n kind van die dors na wraak, wat slegs tuishoort in die hel! Ek was julle wens nou egter vóór gewees en het hom die bose sy van die teregwysing duidelik aangetoon en dit doen julle genoeë en daarvoor was julle my dankbaar.

[9] Maar julle plesier het nie in julle opgekom omdat ek broer Baël op die regte weg van God se orde gebring het nie, maar omdat ek hom in julle plek en volgens julle mening `n behoorlike klap uitgedeel het, waardeur julle dors na wraak ietwat afgekoel het en julle nog `n moontlikheid het om hom dit nogmaals voor te hou ten einde julle wraaksug nog verder te laat afkoel. En kyk, omdat julle dankbaarheid híerdie rede het, wat sleg is omdat die liefde daarin ontbreek, kan die dankbaarheid self ook nie goed wees nie!

[10] Ja, as julle dankbaarheid voortgespruit het uit hemelse vreugde omdat `n effens verdwaalde broer weer op die regte pad gebring is, dan is dit ook `n vrug van die hemelse orde wat liefde heet, en is dan daardeur goed.

[11] As julle, wat julle voorbestemming is, waaragtige kinders van God wil wees, dan moet elke handeling geheel en al voortspruit uit suiwere liefde. Van ergernis, wraaksug en ook nóg so `n geringe mate van leedvermaak mag in julle harte nie die minste spoor aanwesig wees nie, want dit behoort tot die hel en nie tot die hemel nie.

[12] Kyk, as daar in julle huis `n broer lê wat liggaamlik baie siek is en groot gevaar loop om aan die siekte te sterwe, deur watter verlies julle baie verdriet sou ondervind, sou julle sekerlik alles daaromtrent gedoen het om die broer van sy pyn te verlos en hom van die doodsgevaar te red! Wat `n vreugde sal dit julle nie besorg as julle broer deur julle inspanning van uur tot uur beter word nie!

[13] Maar as julle al so `n vreugde ondervind deur die liggaamlike genesing van julle broer – hoeveel te meer moet julle dan, omdat julle almal kinders is van een en dieselfde goeie Vader in die hemel, julle nie verheug as `n sielsieke broer, wat hom op die weg van `n moontlike ewige verderf bevind, weer genees en op die weg na die ewige lewe gebring word!? - Sien julle dit in of nie?"


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205