Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 3
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 66

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248.

Die geslagtelike omgang van manne en vroue

66 "Kyk, die verwekking van `n mens is `n besondere aangeleentheid! Om `n goeie en gesonde vrug te verwek, moet twee volwasse mense, en wel `n man en `n vrou, `n korrekte* sielsverwantskap hê, omdat dit anders moeilik of ook dikwels gladnie deur die bekende geslagsdaad tot bevrugting sal kom nie. (*sluit in van dieselfde soort/ras soos per Génesis 1)

[2] As nou `n man en `n vrou in hart en siel aan mekaar verbind is, moet hulle ook `n huwelik aangaan en volgens die natuurlike orde alleen maar dán tot die geslagsdaad oorgaan as hulle in goeie harmonie `n lewende vrug wil verwek. Alles wat meer beoog as dit, is teen die orde van God en die natuur en daarom `n kwaad, en `n sonde wat byna net so sleg is as die van Sodom en Gomorra!

[3] As `n man baie saad het, laat hy dit dan in `n ander akker saai op die goeie wyse van die ou vadere en patriarge, dan sondig hy nie. Maar as hy daar maar net heimlik op uit is om sy luste by beskikbare meisies te bevredig en hom so te vermaak sonder om `n vrug te verwek, begaan hy daardeur sekerlik `n growwe Sodomitiese sonde, sowel teen die goddelike as teen die natuurlike orde!

[4] Slegs `n jong man, wie se geslagsdrif deur die bekoorlikhede van `n meisie sodanig aangewakker is dat hy nouliks meer meester van homself is, mag gemeenskap hê met `n maagd, met of sonder verwekking van `n vrug. Maar ná die gemeenskap moet hy na eer en gewete dit aan haar betaal wat Moses voorgeskyf het. En ontstaan daar na so `n deur die nood veroorsaakte gemeenskap `n vrug, dan moet hy die maagd die tien- tot honderdvoudige gee van dit wat hy volgens Moses aan haar verskuldig was as daar géén vrug uit die geslagsdaad voortgekom het nie. Want `n maagd bring vir so `n man `n groot offer waarmee lewe en dood gemoeid is! As `n man daarna so `n maagd kan trou, mag hy dit nie nalaat nie, want, soos gesê, sy het hom `n groot offer gebring en hom van `n bedwelmende las bevry.

[5] Maar in die vervolg moet so `n man wat deur sy geslagsdrif gedrewe is dadelik `n fatsoenlike vrou trou en in noodgevalle, in goeie oorleg met sy wettige vrou, ook `n byvrou, sodat daar geen rusie en onmin daardeur ontstaan nie. As so `n man homself egter kan verloën, sal hy daardeur gou, makliker as `n ander, `n hoëre, geestelike genade van die innerlike lewe deelagtig word.

[6] Hoe `n mens aan `n wettige vrou moet kom, het Moses reeds volgens die hemelse orde voorgeskryf, en dit moet ook so bly tot aan die einde van die wêreld.

[7] Uit wat jy nou gehoor het, kan jy maklik uitmaak wat ontug is en waarom Moses dit as `n swaar sonde verbied het. Want God het die mense alles volgens die goddelike orde voorgeskryf. Wie hom by die orde hou, sal ook die vrugte van die seën van bo oes; wie egter in stryd met die orde handel, sal die vrugte van die vloek oes.

[8] As `n deur geslagsdrif opgewonde man in sy groot nood sy kwellende vuur nie op `n natuurlike wyse kan blus nie, dan raai Ek hom aan om herhaalde kere in koue water te bad en innig te bid om versagting van hierdie plaag, dan sal dit spoedig van hom weggeneem word. Elke ander manier is sleg, en word die bron van verdere kwaad en daardie kwaad heet sonde en veroorsaak ook weer sonde.

[9] Tewens moet ook alle ouers op die hart gedruk word dat hulle hul volwasse kinders nie moet blootstel aan prikkelende gevare nie! Want brandbare materiaal kan maklik ontvlam, maar as die vlamme daar eenmaal aan alle kante uitslaan, geluk vinnig blus dikwels nie meer nie, en elke vlam eis sy offer! Na die blus word die skade wat dit veroorsaak het, gou sigbaar.

[10] Daarom moet veral die maagde goed, maar nooit uitdagend nie, geklee gaan en die jongmanne moet nie aan niksdoen oorgelewer word nie, want niksdoen is altyd die verwekker van alle ondeugde en sonde.

[11] Wie egter eenmaal met `n fatsoenlike vrou getroud is, is tot die dood toe aan haar gebonde en die egskeidingsoorkonde van Moses hef vir God se orde die egbreuk nie op as so `n man dan met `n ander sou trou nie. Trou die geskeide vrou, dan breek ook sy die huwelik. Kortom, wie na die egskeiding trou, is `n egbreker, wie daarna nie trou nie, is dan ook geen egbreker nie.

[12] Geestelik pleeg diegene ook owerspel wat `n reeds getroude vrou aankyk en daarby in sy hart die plan beraam om haar deur allerlei verleidinge tot egbreuk te verlei, ook al het dit geen resultaat nie.

[13] Laat jy jou egter betoor deur die bekoorlikhede van die vrou van jou naaste, dan begaan jy ook egbreuk, want daarmee het jy die vrou van jou naaste tot hoer gemaak en met haar hoerery bedryf. En dit is `n groot en growwe sonde voor God en voor die mense, ook wanneer jy met die ander vrou `n vrug verwek het. Maar die kwaad is natuurlik nog groter as jy met die vrou van jou naaste maar net ter wille van die blinde en stomme drif van wellus hoerery gepleeg het. Sulke sondaars sal moeilik deel kry aan die hemelryk. "


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205