Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 3
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 68

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248.

Oor sondige geslagsverkeer

68 "As `n ongehude of `n reeds getroude man met die sensuele vrou van sy buurman sonder sy medewete seksuele omgang het, is dit skandelike hoerery. So `n vrou is dan `n egte hoer en die betrokke manne is dan egte hoerelopers, wat as sodanig nooit die ryk van God sal binnegaan nie omdat hierdie skandelike hoerery alle goeie gevoelens in hul siel sloop en al die geestelike dood.

[2] Sulke hoerery is derhalwe geen haar beter nie as egbreuk nie en dikwels selfs nog baie erger. Want by egbreuk kan omstandighede saamspeel wat die begaan van hierdie sonde baie minder erg maak, en dit werd maak dat die regter dit swaar moet laat inweeg. Maar by hoerery kan daar nooit íéts as versagtende omstandighede saamspeel nie, want daar gaan dit enkel en alleen maar om verderflike geilheid en daarvoor hoef die regbank ook geen enkele toegeeflikheid te hê nie.

[3] `n Vrou, wat haarself sonder enige aantoonbare noodsaak maklik daartoe laat verlei, is sleg en verdien nie die minste toegeeflikheid nie, want swakheid verontskuldig niks hier nie, omdat elke vrou deur die regte vertroue op God voldoende krag kan kry. Maar nog slegter is `n vrou wat die manne self in haar owerspelige net inlok om tydens afwesigheid van haar eggenoot met hulle te hoereer!

[4] Net so skandelik misdadig handel `n vrygesel, en `n getroude nog erger, as hy getroude vroue verlei, in die verborgene geslagtelike omgang met hulle het en hulle daarvoor betaal. Want so `n man verlei ten eerste die vroue tot skandelike ontrou, en maak hulle in die tweede plek byna heeltemal onvrugbaar, waarmee hy soos `n kwaai storm die landerye verwoes sodat daar nooit weer met vrug enig saad gesaai kan word nie.

[5] Tot hierdie selfde kategorie moet ook ongehude en gehude manne gereken word wat teen betaling met ongehude meisies verkeer, en so `n beskikbare meisie is net so goed `n hoer as die een of ander getroude vrou wat vir geld of ander geskenke te koop is.

[6] Laat die jong vroue maar vlytig wees en hul lewe met werk vul, dan sal hulle nooit hoef te sê dat hulle deur armoede gedwing word nie, want enige behoorlike man hou van `n vlytige en werklustige jong vrou en sal haar geen gebrek laat ly nie. As `n werkgewer egter `n gierige en harde mens is, wel, gaan dan uit sy diens weg en soek `n ander. Vir `n vlytige en werksame jong vrou sal dit werklik nie so moeilik wees om `n goeie betrekking te vind waar sy sekerlik geen gebrek sal ly nie!

[7] Maar die slegste sal dit eendag met diegene gaan wat alles inspan om sulke vlytige, jong vroue of selfs jong meisies met allerlei geskenke te verlei. Helaas, sulke mans, of hulle nou getroud of ongetroud is, is soos verskeurende wolwe in skaapsklere en hulle sal hul loon oes!

[8] Wie egter `n meisie of `n maagd of `n vrou met geweld neem, moet sy straf al híer ondergaan! Die geweld mag wees wat dit wil, liggaamlik of die verleiding deur kosbare geskenke, dit maak vir hierdie misdaad geen verskil nie. Ook oorredingskrag of die gebruik van magiese, verdowende middele, waardeur die vrou haar skynbaar vrywillig tot diens stel aan die begeerte van die man, doen geen afbreuk aan die grootte van hierdie sonde nie, ook nie eers as daar werklik `n vrug verwek sou word nie, want so `n verwekking gebeur teen die wil van beide partye en maak die misdaad daarom nie minder erg nie.

[9] Die mees verwerplike seksuele daad bestaan egter uit die skend van jong seuns en in die daarby betrek van ander ledemate en dele van die vroueliggaam as dít wat God daarvoor bestem het, of selfs in die skend van diere. Hierdie skenders moet vir altyd heeltemal uit die menslike samelewing geban word.

[10] As mens oor sulke misdade regspreek, moet `n mens altyd rekening daarmee hou watter ontwikkelingspeil so `n ontspoorde man of vrou gehad het. Ook moet ondersoek word of so `n mens dalk deur `n bose gees beset was, wat hom of haar daartoe aangedryf het. In die eerste geval moet die gemeenskap daarvoor sorg dat so `n swak begaafde mens in `n goeie opvoedingstehuis ingebring word, waar hulle hom net soos `n bedorwe kind só lank dissipline inskerp totdat hy `n ander mens geword het. Want as so `n mens sy dierlike instinkte oorwin het, en as sy verstand weer helder is, sal hy ook `n reiner lewe begin en nie maklik weer in sy ou, dierlike natuur terugval nie. In geval van besetenheid, moet so iemand agter slot en grendel geplaas word, want sulke mense moet dadelik, vanweë hul groot oorlas, uit die vrye mensegemeenskap verwyder word.

[11] As hy eenmaal goed opgesluit is, moet hy deur vas en deur gebede in My Naam genees word. As hy weer genees is, en dit aantoonbaar is dat hy sy onreine besetenheid kwyt is, kan hy weer sy volledige vryheid terugkry. "


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205