Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 3
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 70

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248.

Wanneer egskeiding geoorloof is

70 Cyrenius sê: "Baie hartlike dank daarvoor, want nou is ek heeltemal voorgelig oor iets wat my altyd baie hoofbrekens besorg het by die vel van `n goeie oordeel. Ek glo dat daar nou skaars `n geval meer denkbaar is waarby ek nou nog sou twyfel hoe om te oordeel. Maar één vraag hou my nog baie besig en dit is: Is daar nou glad geen omstandighede waarby mens `n eenmaal geslote huwelik kan ontbind nie, en beide partye, sonder om hulle skuldig te maak aan die noodlottige sonde van egbreuk, kan hertrou nie?"

[2] Ek sê: "O ja, sulke gevalle kan hulle sekerlik voordoen, byvoorbeeld: As `n man `n vrou trou wat heel aantreklik vroulik daar uitsien, maar in die huweliksnag tweeslagtig blyk te wees. In so `n geval kan, as dit geëis word, die huwelik dadelik ontbind word. Maar dit is natuurlik wel so: Sonder klaers is daar ook geen regters op die aarde nie. Vir hierdie soort gevalle sou daar eintlik `n wet moet wees tengevolge waarvan so `n huwelik gladnie moontlik is nie, en waarby die een, wat vanself goed weet dat hy nie deug vir `n huwelik nie, as bedrieër tot verantwoording geroep en tot skadevergoeding veroordeel kan word. Maar wat hier gesê is van die vrou, geld ook net so vir die man wat nie volledig man is nie. As die vrou hom verlaat en met `n ander trou, begaan sy geen egbreuk nie.

[3] By manne kan daar egter ook hulle wees wat hulleself gekastreer het ter wille van die Ryk van God, of dié wat al in hul jeug om die een of ander wêreldse rede gekastreer is, terwyl daar ook diegene is wat so gebore word. Al dié manne is heeltemal ongeskik vir die huwelik en hul ongeskiktheid bepaal van tevore reeds dat `n uiteindelike huwelik verbreek mag word.

[4] Ook kan één van die twee partye `n sodanige liggaamlike gebrek hê, dat die ander party onmoontlik daarmee kan saamlewe. So `n huwelik kan ook ontbind word - maar slegs as die een party vóór die huwelik niks van die gebrek kon merk nie. As hy of sy ondanks voorkennis tog die huwelik aangegaan het, is die huwelik geldig en kan nie ontbind word nie! Sulke gebreke, wat `n ontbinding van `n reeds geslote huwelik moontlik maak, is byvoorbeeld: verborge besetenheid van die een of die ander party, periodieke waansin, `n verborge, kwaadaardige velsiekte, kankergeswelle, om luise te hê, `n ongeneeslike longtering, vallende siekte, die algehele nie-funksionering van minstens twee sintuie, die ly aan jig en `n verpestende stank van die liggaam of die asem.

[5] As die gesonde party vóór die huwelik niks daarvan geweet het dat die ander party een van die bogenoemde gebreke het nie, kan hy dadelik na die voltrekking van die huwelik weer die algehele ontbinding eis en dit moet verleen word! Want in hierdie gevalle is die gesonde party bedrieg, en bedrog ontbind enige ooreenkoms en dus ook die huwelik.

[6] As sulke eggenote hulle in onderlinge oorleg nie wil laat skei nie, word die huwelik as geldig beskou en later kan dit, behalwe van tafel en bed, nie meer ontbind word nie, want dan geld julle gesegde: ‘Volenti non fit iniuria’ (gedwonge reg is geen onreg)!

[7] Behalwe hierdie gevalle is daar haas geen ander wat as rede vir `n geldige egskeiding aanvaar kan word nie.

[8] In alle ander onaangename gevalle moet die eggenotes tot die dood geduld met mekaar hê, want as die jong eggenote die heuning van die huwelik smaak, dan moet hulle die gal van die huwelik ook leer aanvaar.

[9] Die heuning van die huwelik is tog die slegste deel daarvan, want eers met die bittere deel van die huwelik begin die goue lewenserns. Dit moet egter iewers sy intrede maak, want kom dit nie, dan sal dit sleg gaan met die saad vir die hemele.

[10] Dikwels begin die saad eers tydens bittere lewenserns tot lewe te kom en hom te ontwikkel, terwyl dit tydens `n deurlopende heuninglewe net so verstik sou wees soos `n vlieg wat hom gretig in die heuningpot stort en deur die groot soetheid van die heuning die lewe laat. - Is alles nou vir jou duidelik?"


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205