Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 3
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 8

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248.

Die voorwaardes wat Jesus aan die leerlinge stel

8 Na hierdie woorde staan die jong fariseër op, kom na My toe en sê: "Jesus, Heer en weergalose Verlosser! Wie ek en my nege-en-twintig broers is, weet U verseker, en wie U is, het ons ook van die groot maghebber Julius gehoor. Baie hoef daar oor en weer dus nie gevra te word nie. Maar omdat ons gehoor het dat U af en toe ook leerlinge aanneem, sou ons ook - slegs vir `n kort tydjie, tensy dit ook langer mag duur - U leerlinge wou wees!"

[2] Ek sê: "Alles goed en wel, maar besef wel: Die voëls het hul neste en die jakkalse hul gate, maar Ek het geen rusplek vir My hoof nie!

[3] Wie My leerling wil wees of word, moet `n sware las op sy skouers neem en My so navolg! My leerlinge geniet geen aardse voordele nie, hulle moet daarenteen ter wille van My Naam en My liefde die reeds verkreë aardse voordele en besittings nie net gedurende enige tyd nie, maar vir altyd ontbeer. Selfs vroue en kinders mag hulle nie teëhou as hulle geheel en al ware leerlinge van God se ryk wil word nie.

[4] Geld of ander wêreldse skatte mag hulle nie hê nie, net so min as twee bo-klede of ekstra skoene en voorraadsakke, of `n stok of wandelstaf om hulle te verdedig teen `n moontlike vyand nie.

[5] Hulle mag op aarde slegs die verborge geheim van God se ryk hê. As julle julleself daarvolgens kan skik, mag julle My leerlinge wees!

[6] Ook moet elkeen van My leerlinge, net soos Ek, teenoor elkeen vol liefde, sagmoedigheid en geduld wees. Hy moet sy ergste vyand net so seën asof dit sy beste vriend is en moet, as die geleentheid hom voordoen, aan diegene wat hom benadeel het, goed doen en bid vir diegene wat hom vervolg.

[7] Toorn en wraak moet ver wees van die hart van elkeen wat My leerlinge wil wees; oor die bittere gebeurtenisse op hierdie aarde mag hy nie kla of daaroor selfs vererg begin te mor nie.

[8] Hy moet alle vermaaklikhede soos die pes vermy, maar daarenteen alles insit om deur My lewende woord in sy eie hart letterlik `n nuwe gees te vorm en om vervolgens ewiglik algeheel in hierdie gees verder te lewe in die oorvloed van alle geestelike krag.

[9] Dink daarom oor hierdie voorwaardes na, en sê vir My of julle daartoe instem en of julle julleself volkome daaraan sal kan onderwerp!"

[10] Die jong fariseërs begin hulle na aanleiding van hierdie bekendstelling van My behoorlik agter die ore te krap en geeneen van hulle het `n gepaste antwoord daarop nie. Die jong fariseër, wat voorheen altyd met Julius gepraat het, maar nou nog by My staan, sê tog egter na `n rukkie so half-en-half skertsend: "Beste, goeie en onoortreflike Heer! Die voorwaardes wat aan ons gestel is, kan op sigself baie goed wees om moontlik sommige van u buitengewone, goddelik-lykende eienskappe te verkry. Maar, baie min mense sal hulle daarvoor uitspreek en daartoe oorgaan! En in algemene belang kan die wens ook nie wees nie, want gestel dat alle mense U voorwaardes om U te volg sou aanvaar, dan sou die aarde weldra so daar uitsien soos wat sy volgens Moses op die tweede of derde skeppingsdag daar uitgesien het, naamlik verlate, woes en leeg! Weet U, U sal maar min bekeerlinge op hierdie manier kry! Klein getalle, wat hulleself wil onderwerp aan die sogenaamde bespiegelende lewe en in `n sekere sin op aarde reeds wil bereik wat hulle in die hiernamaals te wagte staan, sal wel daartoe oorgaan; maar alle mense!? O God, wat sou dan van die wêreld word?

[11] Dan is en bly die ou leer van Moses vir die fisiese en sedelike lewe van die mens tog wel vir alle skepsels altyd die mees uitgebreide en in elke opsig die mees nuttige! Met dié leer kan `n mens vir God en die wêreld, net soos Dawid, `n geagte mens wees, iets wat baie nodig is vir die handhawing van die orde op aarde. Maak alle mense maar net gelyk, dan sal U gou sien waarheen die mensdom binne`n kort tyd na toe sal neig! `n Geringe aantal moet wel in besit wees van die geheime van die Ryk van God op aarde; maar vir alle mense sou dit net soveel nut hê as wanneer daar by `n leër maar net veldhere van gelyke rang sou gewees het of maar net gewone, ruwe soldate sonder enige kennis van die lei van `n oorlog, dus sonder `n veldheer. Helaas, teen so `n leër sou `n redelik goed aangevoerde groep ou vroue dit kan opneem!

[12] Ek wil ongetwyfeld self graag U leerling word, al sou U my nog swaarder voorwaardes gestel het; maar of al my metgeselle daartoe sal oorgaan, is `n heel ander vraag! Want kyk, die tempel vereis werklik baie, maar U wil dadelik álles hê - en daarvoor, vriend, sal baie min bereidwillig voor wees!"


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205