Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 3
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 84

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248.

Gode en mense

84 Maar Ek sê vir die Griek: "Luister, beste vriend! Die veertien bediendes van jou kan ten beste ywerige en vaardige mense wees, maar jy het sóveel by jou dat dit hulle tog `n behoorlike tydjie sou neem voordat hulle dit alles in orde sou hê.

[2] Kyk, hierdie skynbare knaap is één van My talle dienaars en sal in `n oogwink meer doen as al jou veertien dienaars in ruim honderd jaar. Laat jou dienaars daarom vir hierdie keer rus, dan sal hierdie enigste dienaar van My wat hier aanwesig is, in `n oogwink alles so op die ou bekende manier van jou ingerig hê soos jou veertien dienaars skaars in drie dae sou kon!

[3] As jy daarmee instem, sal Ek hom daartoe opdrag gee!"

[4] Die Griek sê: "Vriend, as so iets op aarde moontlik is, dan vra ek Jou dit! Want my dienaars is tog al baie vermoeid van die reis en kan dus met die uitpak en oprig van die tente ten beste baie lank besig wees!"

[5] Ek sê vir Rafael: "Wys wat `n suiwer gees in `n oogwink kan doen!"

[6] Rafael buig diep en sê: "Heer, U het beveel en kyk, alles is reeds kant en klaar!"

[7] Daarop sê Ek vir die Griek: "Wel, vriend, staan op en ondersoek of die werk na wense gedoen is!"

[8] Die Griek gaan staan, slaan driemaal sy hande ineen en sê stomverbaas: "Ja, alle gode nog aan toe! Wat is dit nou?! Die jongeling was nog gladnie weg gewees nie en my tente staan al kant en klaar daar en alles sien daar piekfyn uit! Nee, nee, nee! Dit is nie meer natuurlik nie! Nou moet ek tog eers sien of dit ín die tente ook alles in orde is!"

[9] Toe verlaat hy die skip en gaan, begelei deur ons en sy dogter, sy tente in en vind tot sy groot verbasing werklik dat alles heeltemal in orde is.

[10] Nou is hy egter eers goed van stryk gebring. Asof in `n soort verbasingsroes sê hy na `n rukkie, terwyl sy verwondering maar nie kan ophou nie: "Ek het óf by die aartsmagiërs van Egipte uitgekom, óf by loutere gode, want wat ek hier meemaak, is ongehoord en sedert menseheugenis het dit nie voorgekom nie! En jy, vriend, (hy wend hom tot My) skyn te midde van hierdie almal die Heer, of Zeus self te wees!? Jy is nie uit `n mens gebore nie, en hierdie jongeling ook nie, Jy moet van eeue her uit die gees gebore wees! O gode, o gode, watter krag moet julle besit om dit te kon doen en hoe ellendig is die arme mens, die blinde wurm in die stof, vergeleke met julle?! Julle kan alles doen, maar die sterflike wurm in die stof van sy verganklikheid kan niks doen nie! Vriend, U wat `n God is en aan wie almal gehoorsaam is, wat kan ek, `n sterflike mens, vir U, onsterflike God, doen? Wat kan ek U gee, U, wat oor die hele aarde, oor son, maan en alle sterre gebied?"

[11] Ek sê: "Vriend, jy besit baie natuurlike insig en beoordeel die gebeure, wat vir jou na `n wonder lyk, gewis met die regte gesindheid, maar jy moet die mense nie te ver benede jou gode stel nie, want Ek sê vir jou: Alle gode, wat jy as sodanig ken en vereer, is eintlik glad niks vergeleke met `n mens wat met die ware Gees van God vervul is.

[12] Kyk, die talle mense wat jy hier sien is merendeels al net so magtig soos hierdie jongeling hier en is tog net mense van vlees en bloed!

[13] Raak My aan en jy sal merk dat ook Ek, wat betref My uiterlike liggaam, uit vlees en bloed bestaan, maar hierdie vlees en bloed is vervul met die Gees van God, die enige Almagtige, na Wie alles hom moet voeg deur die mag van Sy Wil.

[14] Daaraan sien jy dus dat ons hier maar net handel deur die krag van die Gees van God, wat in ons is, in ons denke en wil wat Sy alsiende en alvoelende, hoogste wysheid nodig en goed ag.

[15] Wel, op hierdie oomblik besit Ek Self alleen hierdie eienskap volkome en daarom is Ek daarin `n Heer, maar Ek kan ook enige mens wat van goeie wil is, daartoe in staat stel.

[16] Maar natuurlik kan daardie vermoë aan `n mens wat `n kwade, opstandige wil het, nie en nooit gegee word nie, want dit is noodsaaklik dat hy eers volledig ingewy word in die heilige orde van die Gees van God voordat die vermoë van die mag van die ewige Gees van God aan hom gegee word, en dit kan maar net dáárin bestaan dat die suiwer mens in sy siel heeltemal deurdring word met die Gees van God. Die siel wat van God se Gees deurdronge is, wil slegs dit wat die Gees van God wil, en wat Hy wil, moet gebeur omdat Hy alleen die ewige oerkrag en mag van die hele oneindigheid is!

[17] Want alles wat in die eindelose ruimte is, leef en dink, is vir wat betref die geestelik lewende deel die onwrikbare vasgehoue gedagte van hierdie ewige Gees in die orde wat Self deur Hom bepaal is en die daaruit onder woorde gebragte idee, wat egter heeltemal volgens sy aard eweneens selfstandig geestelik kan word.

[18] Kyk, vriend, om dit kort te stel is dit so met die dinge gesteld! Jy is `n bekwame denker en sal weldra baie verstaan, maar op hierdie oomblik sal dit vir jou voldoende wees!

[19] Ek sal jou egter `n sekere Mathael, `n baie wyse man, as geselskap gee. Hy sal jou baie vertel en jy sal My Self daarna beter begryp as nou!"

[20] Daarmee is die Griek, wat hom baie oor My wysheid verbaas, heeltemal tevrede en hy is baie begerig om die man te sien.

[21] Ek roep dadelik vir Mathael en sê: "Vriend, daar vind jy `n ietwat bouvallige huis. Jy is `n goeie timmerman en sal wel weet wat daaraan gedoen moet word!"

[22] Mathael sê: "Heer, met U hulp sal die huis goed en stewig word!"


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205