Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 3
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 86

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248.

Helena, die dogter van die wyse Griek

86 Toe kom die ietwat skugter dogter Helena na My toe en sê smekend: "Heer, onbegryplike grote Heer en Verlosser! O neem dit my ou vader nie kwalik nie. Helaas, as sy dogter ken ek hom tog al my hele lewe lank en ek kan vir U na waarheid getuig dat hy `n goeie, sagte en baie meelewende man is. Ek kan my nie herinner dat hy selfs ooit een gelyk gegee het nie, wat hy verseker aan sy kant gehad het, of laat vóór gaan het op die reg van iemand anders nie, ook al was dit eerder onreg as reg. Hy het nog nooit met iemand daaroor gestry of hom vererg en gemopper oor `n onreg wat hom aangedoen is nie! Maar die hoë gode het hom daarom ook nooit laat val nie, en die skone godin van die geluk was hom altyd vriendelik gesind.

[2] Daarom moet ook U, wat ook so `n bietjie van `n God blyk te wees, die besorgdheid wat my vader uitspreek, nie as beledigend vir U hoogheid beskou nie! Maar as U tog so streng is, neem dan my lewe ter versoening van my vader, wat ek bo alles liefhet!"

[3] Ek sê vir alle omstanders: "Het julle ooit al so `n voorbeeld van kinderliefde in Israel ervaar? Waarlik! Sy is weliswaar `n heiden, maar sy beskaam die hele Israel, wat tog deur Moses die wet van God ontvang het om vader en moeder te eerbiedig, te eer en lief te hê!"

[4] Almal sê: "Nee, Majesteit en Heer! So iets is in Israel ongekend!"

[5] Ek sê vir Helena: "Wees nie bang nie My dogter, want Ek ken jou vader al baie lank en vir jou ook, en as Ek nie vir hom en vir jou geken het nie, dan sou julle in hierdie bose see begrawe gewees het!"

[6] Helena sê: "Maar buitengewoon wyse, magtige en tog baie vriendelike Heer! Hoe kan U my vader en vir my al so lank ken? Ons ken u nouliks `n uur lank?"

[7] Ek sê: "O Helena, kyk om jou heen, die see en die hele aarde is al baie oud, en tog was Ek daar vroeër as dit alles!"

[8] Nou skrik Helena en vra My angstig en eerbiedig: "Is U dalk die oppergod Zeus self?"

[9] Ek sê: "Aanvallige duifie, beangstig jou hart nie met leë dinge nie! Zeus is Ek nie, omdat daar in werklikheid nooit `n Zeus was nie. Maar Ek is die Waarheid en die Lewe. Die wat aan My glo, sal die dood in ewigheid nie sien, voel en ken nie! - Weet jy nou wie en wat Ek is?"

[10] Helena sê: "Maar as u slegs die koue waarheid is en daaruit die suiwer lewe, hoe is dit dan dat ek nou soveel liefde vir u in my begin voel?"

[11] Ek sê: "Duifie! Dit sal jou eers op die berg bekend gemaak word! Maar nou gaan ons, want anders is die son ons nog voor!"

[12] Toe verlaat ons die werklik koninklike tente en gaan die berg op, wat ons vanweë sy geringe hoogte in `n kort tydjie bestyg.

[13] Toe ons bo kom, merk Cyrenius op hoe heerlik en mooi die hele, uitgestrekte omgewing daaruit sien, en dat hy so iets pragtigs gewis urelank sou kon bekyk sonder om maar enigsins moeg te word. Dit was maar net ewiglik jammer dat die dag nou al byna om was.

[14] Na `n rukkie kom Simon Juda na My toe en sê: "Heer, nou sou U ook ten beste, net soos Josua, vir die son kon sê: 'Staan stil, son!', sodat die kinders hier langer kan geniet van hierdie glansryke aand, en Hom verheerlik wat dit geskape het!"

[15] Cyrenius sê: "O Simon, ou, troue visser en nou leerling van ons groot Heer en Majesteit, dit was `n goeie gedagte van jou, en ons Majesteit en Heer sou dit om welbekende redes nog baie makliker kon doen as Josua!" Daarop wend ook Cyrenius hom met hierdie versoek tot My en Jarah ondersteun dit.


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205