Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 3
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 87

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248.

Die skynson

87 Maar Ek sê: "Julle is nog baie onervare kinders, en vra vir iets wat beslis nie mag gebeur op die manier soos julle jul dit voorstel nie. Want kyk, die son beweeg nie, maar staan altyd stil ten opsigte van die aarde! Wel maak die son ook `n groot beweging, maar daar het die aarde net so min mee te make as `n stoffie op julle klere te maak het met julle beweeg van die een plek na die ander.

[2] Dat dit by julle dag en nag word, kom deur die vinnige omwenteling van die aarde om haar eie as. By geleentheid het Ek julle tog uitgelê dat die aarde `n groot bol is, wat van die weste na die ooste draai en daarom altyd deel na deel na die son toekeer. Op die hele aarde is dit daarom altyd op `n bepaalde plek môre, op `n ander plek ter selfder tyd middag, op `n nog verder na die ooste liggende plek ter selfder tyd aand en nog verder na die ooste middernag, en die genoemde vier punte skuif altyd onophoudelik voorwaarts, sodanig dat dit binne ongeveer 24 uur op elke punt van die aarde een keer môre, een keer middag, een keer aand en een keer middernag word. Dit is `n wetmatigheid wat, op gevaar van volledige vernietiging van alles wat daar op die aarde is, vir wat betref die beweging nooit `n haarbreedte verander mag word nie!

[3] Want sou Ek die son nou in werklikheid nog `n uur lank oor hierdie streek laat skyn, dan moet Ek die hele aarde in haar draaiing - wat deur die groot sirkel van haar omtrek so vinnig is dat `n paar oomblikke al `n afstand van hier na Jerusalem beteken - natuurlik op slag stop. Daardeur sou alle vrye liggame wat nie te vas met die aarde verbind is nie, `n sodanige heftige skok kry, dat daardeur nie slegs alle lewende wesens nie, soos mense en diere, met hul huise en hutte en paleise ure ver met ontsettende krag na die ooste geslinger sou word nie, maar so `n skok sou ook die seë uit hul dieptes oor die berge heen jaag en die berge sou soos mossies deurmekaar vlieg!

[4] Om hierdie heel natuurlike rede, wat Ek julle nou meegedeel het, kan Ek ooreenkomstig die waarheid nie op julle versoek ingaan nie, maar ek kan, soos in die tyd van Josua, vir julle `n paar uur lank `n skynson plaas, wat net so sal skyn soos die egte natuurlike. Hierdie son sal dan natuurlik na `n paar uur weer heeltemal in die niet verdwyn, omdat dit slegs `n suiwer lugspieëling sal wees.

[5] Let nou dus almal goed op! As die egte son ondergaan, sal tewens die onegte in die weste opgaan en daarna twee volle ure bo die horison bly skyn.

[6] Maar ook vir die verskyning van hierdie skynson sal geen bo-aardse, maar heel natuurlike middele aangewend word, hoewel hierdie deur My innerlike wil daartoe opgewek word en bevestig word deur buitengewone kragte uit die sfere van die hemele. - Verstaan julle hierdie uitleg nou so `n bietjie?"

[7] Cyrenius sê: "Ek, sprekende vir myself, verstaan dit volkome, want ek het nog altyd die wonderbare bitter lemoene uit Ostracine! Heer, U verstaan my goed!? Maar of almal hier aanwesig dit sal begryp, lyk vir my twyfelagtig!?"

[8] Ek sê: "Dit maak nie saak nie! Wie dit nou nog nie heeltemal begryp nie, sal dit wel later op `n keer verstaan, want die heil van die mensesiele hang sekerlik nie daarvan af nie. Mense wat die aarde te goed ken, kry dan te veel sin om die hele aarde - wat mettertyd tog nie sal uitbly nie - op elke plekkie te deursoek en daardeur trek hulle hul siele te veel na buite, wat dan baie materialisties en hebsugtig word.

[9] Daarom is minder kennis oor die aard van die materie – die aarde, maar in plaas daarvan meer selfkennis, beter.

[10] Want wie eenmaal sy innerlike geheel en al ken, sal ook vroeg genoeg nie net kennis vergaar oor die hele aarde nie, maar ook oor alle ander hemelliggame in die eindelose skeppingsruimte, sowel stoflik as geestelik, en slegs daardie laaste is van belang en dra die grootste gewig. Die uitwendige kennis oor die natuur van hierdie aarde sal vir geen siel die weg baan na onsterflikheid nie.

[11] Maar let nou op, die natuurlike son verdwyn byna agter die horison en die skynson sal op daardie oomblik sy plek inneem!"


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205