Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 3
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 9

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248.

Die voordele van selfverloëning

9 Ek sê: "Dit is niks nie; Ek dwing niemand nie! Wie My wil volg, hy volg; wie egter nie wil en nie kan nie, hy bly tuis!

[2] Maar in hierdie dae word die ryk van God geweld aangedoen; en diegene wat dit nie met geweld na hulle toe aantrek nie, sal dit nie in besit neem nie.

[3] Ek sê egter na aanleiding van My voorwaardes wat aan julle gestel is, wat werklik nie so maklik is nie: As jy `n ou en reeds baie verslete oorkleed aanhet, waarmee dit `n skande sou wees om nog voor die mense te verskyn, en daar kom `n mens by jou aan met `n nuwe, goeie oorkleed, wat vir jou sê: 'Vriend, trek jou ou kleed uit en vernietig dit omdat dit nie langer meer te gebruik is nie en ek gee jou daarvoor `n nuwe, wat nooit sal slyt nie omdat dit uit `n stof geweef is wat die storms van die tye sal kan deurstaan!' - sal jy jou dan deur so `n aanbod ook nog soos `n dwaas gedra en die ou, verweerde, tot stukke vergane kleed behou?

[4] Verder weet jy, net soos jou metgeselle, dat hierdie aardse skolings-en proeflewe slegs `n baie kort tydjie duur en dat die eindelose ewigheid dadelik daarna begin. Weet jy egter hóé en óf jy na die liggaamlike dood nog `n verdere lewe sal hê? - Net Ek is in staat om jou, net soos vir almal, in ruil vir hierdie kort en armsalige lewe met volkome sekerheid die ewige, volmaakte lewe van `n engel te gee.

[5] Sal jy dan nog enigsins aarsel om My aanbod aan te neem terwyl Ek die Enigste is wat jou die ewige lewe kan besorg en heeltemal kan skenk? Helaas, Ek vra maar baie min - en gee daarvoor buitengewoon baie!

[6] Dink jy dat die aarde woes en leeg sou word as alle mense, wat eendag ook sal gebeur, sou voldoen aan die eise van My leer? O, kortsigtige fariseër!

[7] Kyk na hierdie engel van My! Hy alleen het al soveel mag en krag uit My, dat hy, as Ek dit sou wou, hierdie hele aarde, die groot son, die maan en al die ander sterre wat vir jou sigbaar is, net so vinnig in `n oogwink sou kon vernietig as die klip wat hy so ewe vernietig het. En dink daarby dat, as jy hierdie groot aarde vergelyk met die grootte van die wêrelde, die aarde nouliks die grootte sou wees van die kleinste sandkorreltjie. As jy egter glo dat die bewerking van die aardbodem maar net van die mense afhang, dan vergis jy jou deeglik!

[8] Ek sal vir jou `n stuk grond gee, maar dit eers vervloek, en dan kan jy daarop werk soveel as wat jy wil en dit sal jou nie eers dorings en distels as voedsel vir die wurms oplewer nie! Die saaier saai wel die koring in die vore van die aarde, maar ook My engele moet by die saai saamwerk en sodoende die landerye seën, anders sal sy in ewigheid geen vrugte vir jou dra nie! - Verstaan jy dit?

[9] As die vernaamste bewerkers van die aardbodem vir die dra van eetbare vrugte dan nou altyd My engele is, kan hulle as gunstige uitsondering ook wel die saaiwerk op hulle neem, soos wat hulle dit ook op plekke van hierdie aarde doen wat nog deur geen mensevoet betree is nie.

[10] Maar omdat die mense onder die ou vloek ly en met alle geweld self wil werk vir hul liggaam - wel, daarom kan My engele ook nog altyd dieselfde ou rus in ag neem!"


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205