Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 3
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 94

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248.

Mathael gee uitleg oor die beweging van die sterre

94 "Kyk, die son wat nou aan die hemel skyn is in `n reguit lyn skaars sover van ons verwyder as die afstand wat `n ervare ruiter in `n halwe dag sal aflê. Die egte son staan in `n reguit lyn egter sover van die aarde verwyder dat, as dit moontlik sou wees, `n ervare ruiter, as hy sonder om te rus dag en nag deur sou ry, die ontsettende lang pad beswaarlik in tienduisend jaar sou kon aflê. Hoe ver reik die strale van die natuurlike son en hoe onmeetbaar is die ruimte wat hy vul en hoe kort is die strale van hierdie skynson daarenteen! Na die ooste reik dit nie baie ver nie, wat ook goed te sien is aan die groot duisternis in die ooste, en daarom is die lug daar nie so oogverblindend van lig deursif as met die natuurlike son nie. Die oogverblindende, deurdringende lig in die lug wat hierdie aarde na alle kante toe omgewe, maak egter juis dat ons oordag nooit `n ster kan sien nie.

[2] As die lig van die son nie so sterk sou gewees het nie, sou ons ook oordag seker die groot sterre kon sien, maar as gevolg van die sterk en onmeetlike ver verstrooide sonlig is die sig van die grootste sterre oordag nie moontlik nie. - Verstaan jy dit so `n bietjie?"

[3] Ouran sê: "Ja wel, ek verstaan dit nou so half en half, maar totale begrip is daar by my voorlopig nog nie, want van sterre en hul bewegings het ek nog altyd die minste verstaan. So kan ek dit byvoorbeeld nooit rym nie, hoe gebeur dit dat vlak na die ondergang van die son `n aantal bekende sterre aan die hele uitspansel sigbaar word. Maar later kom daar nog altyd meer vanuit die ooste te voorskyn, en die wat daar was, verdwyn weer in die weste. `n Paar bly egter daar, winter en somer, altyd met `n klein verandering van hul eerste staanplek aan die uitspansel. Dit gebeur veral by die sterre wat aan die noordelike hemel pryk, maar daarteenoor staan dat die sterre in die suide baie veranderlik is, en elke jaargety is daar ander te sien. Daartussen is ook nog bepaalde dwaalsterre, wat die origens welbekende en nie veranderende sterrebeelde nooit getrou bly nie, maar heel willekeurig van die een vaste sterrebeeld na die ander dwaal.

[4] Ook skyn die maan in die opkom en ondergaan geen reël te hê nie, nou eers kom dit ver in die noorde en dan weer ver in die suide op. Wel, vriend, daar jy sekerlik bietjie meer daarvan verstaan as ek en my dogter, moet jy ons hierdie hemelse raaisels eers uitlê!"

[5] Mathael sê: "Weet jy, om dit vir julle almal goed verstaanbaar te maak, sal die tyd hier gewis bietjie te kort wees, en julle sal sekerlik nie die geduld kan hê om tot die end na my te luister nie. Daarom verskuif ons dit na `n geskikter tyd. Maar iets daarvan kan ek jou wel vir jou gemoedsrus meedeel, luister daarom goed na my.

[6] Kyk, dit is nie die sterre, die son en die maan wat op en onder gaan nie. Slegs die aarde, waarvan die oppervlakte geen sirkel is nie, maar `n baie groot bal met `n omtrek van enkele duisende ure gaans, draai volgens die ure op ons sandlopers in ongeveer 25 uur om haar sentrale as, soos die Heer dit al Self vroeër uitgelê het. Deur hierdie draaiing word alles wat jy my so ewe gevra het, te weeg gebring. Dit is nou die hele verklaring in `n neutedop.

[7] Sterre, wat jy altyd as vaste beelde sien, is self sonne en staan, volgens die uitleg van die Heer Self en volgens my eie verkreë aanskouing, so oneindig ver van die aarde verwyderd dat ons nóg van hul grootte, nóg van hul afstand en ewemin van hul beweging iets kan gewaarword. Eers oor talle duisende jare kan `n beweging by die vaste sterre sigbaar word, maar in `n paar honderd jaar is dit nie moontlik om op te merk dat hulle van plek verander het nie.

[8] Die sterre wat egter altyd van plek verander, staan baie nader aan hierdie aarde, en is ook kleinere hemelliggame as `n son. Hulle beweeg om ons son en daardeur is hul beweging goed sigbaar. Dit is die kern van die saak, al die ander sal jy by `n volgende geleentheid van my hoor! - Is jy daarmee tevrede?"

[9] Ouran sê: "Tevrede ongetwyfeld, maar ek is maar net al `n taamlike ou boom, wat werklik moeilik ombuig, en daarmee moet jy altyd ietwat rekening hou.

[10] Kyk, ek het my vanaf my prille jeug tot aan my nou al taamlik gevorderde leeftyd eerlik en gewetensvol ingeleef in die ou domhede en het, omdat jy nooit iets beters hoor nie, dikwels heel gedenkwaardige bevestiginge daarin gevind van dit wat `n mens in glo. Maar hier is alles so volkome nuut en al die oue moet gewoon oorboord in die see van die vergetelheid gewerp word, en daar het ek tog wel bietjie moeite mee.

[11] Daarom kos dit my, as ek hier nou oor `n uitleg hoor wat dan ook `n nuwe ding is wat ek nooit vroeër vermoed het nie, altyd tog nog `n bietjie moeite voordat dit vir my heeltemal duidelik word dat die oue geen waarde het nie en dat die nuwe die waarheid is. Daarom moet jy veral met my `n bietjie geduld hê. Stadig maar seker sal ek nog wel `n redelike goeie leerling van jou word ondanks my taamlike hoë leeftyd.

[12] Met my dogter sal jy daarenteen veel minder moeite hê, want hierdie meisie het `n goeie begripsvermoë. Maar met my sal dit ook goed gaan, maar natuurlik slegs `n bietjie stadiger. Ek sal wel geen hert meer kan inhaal nie, maar `n heel beskeie os sal ek nog wel kan bybly.

[13] Ja, die sterre, die sterre, beste vriend, die sterre, die son en die wispelturige maan! Dit is baie vreemde sake, en ook ons aarde. Wie alles daaroor sou weet, sou wel die hoogste graad van menslike wysheid bereik het! Maar voordat mense daarvan alle ondeurgrondelike geheime en verborgenhede tot die daglig sal bring, veral vir iemand soos ons, o vriend, sal die brawe maan nog dikwels heel gemoedelik bo die horison moet opstyg! Ek voel dat die dinge, wat ek nou van jou gehoor het, algehele waarhede is. Maar dit lê nog so los en sonder verband in my kop soos die eerste boustene van `n nuwe, groot paleis wat nog gebou moet word. Elke klip op sigself is vas en goed en dus `n soliede waarheid, maar hoe hierdie eerste, onderste boustene later deur die boumeester tot `n fondament van die paleis saamgevoeg sal word, dit vriend, lê vir my nog baie veraf, en ek dink dat dit selfs vir jou geen maklike taak sal wees nie!"


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205