Boek 2 – Bertha Dudde - Die profetes van die eindtyd
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 11

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20.

DIE DRUK EN VERSPREIDING VAN DIE OPENBARINGE
Bertha Dudde 8899
24 Desember 1964
Dat die verspreiding van die waarheid buitengewoon belangrik is, was al voorheen vir u gesê. Immers, van die houding wat mense teenoor die waarheid het, is hulle lewe tot in die ewigheid afhanklik. Daarom moet alles gedoen word om die waarheid onder die mense te versprei. Elke mensehart is aan MY bekend en EK weet wie nog ontvanklik is vir die waarheid, EK ken dus ook die weë om die mense te bereik wat nog in staat is om MY woord op te neem. Hy wat oor `n liefhebbende hart beskik en daarom begrip vir MY woord het, sal van bo aangereik word.
Alleen die wat na MY en MY woord hunker, laat EK kennis neem van MY boodskappe, dikwels, deurdat EK vir mense die mees sonderlinge drade aaneenknoop en MY woord daarheen lei waar dit nog met `n dankbare hart aangeneem word. Vandaar sal MY woord weer verder versprei word, al is dit maar langsaam, want die mense van hierdie wêreld het geen verlange na MY woord nie - sodat daar steeds maar enkeles is wat aangespreek kan word.
Maar één ding mag nie vergeet word nie, dat MY woord steeds in liefde aangebied moet word om werksaam te kan wees. Slegs `n liefhebbende hart sal MY en MY woord aanneem, daarom is alle arbeid wat vanuit hierdie oogpunt uitgevoer word, ook geseënd. U sal nou kan verstaan dat vir elke klein werk van MY liefde, waardeur u dit moontlik maak dat EK die harte van die mense met MY woord kan aanspreek, EK ook elke medewerker sal seën wat homself onselfsugtig uitsit vir die verspreiding van MY woord.
EK sorg vir elke mens wat MY dien as `n kneg en sorg gelyktydig vir Hom as `n goeie huisvader, sodat hy MY woord aan elkeen kan oorbring as `n gawe van die liefde - net soos wat hy dit self van MY ontvang het. - MY woord is geen "handelsartikel" nie, maar sal dit steeds word wanneer onverligte mense hulle daarmee sal besighou. Dit is mense wat nóg MY woord na waarde kan skat, nóg kennis daarvoor, nóg die regte insig het. Hulle sou slegs `n massa-artikel daarvan maak, wat MY woord in waarde sou verminder het, - want in dié vorm sou dit dan weer aan vele versprei word wat MY inspraak nie sou waardeer nie.
Die kring van hulle op wie MY woord indruk sou kan maak, is maar baie klein, maar hulle word deur MY met sekerheid omvat. U sal steeds weer enkele siele ontmoet wat MY woord met vreugde sal aanneem en dan ook heeltemal oortuig word van MY liefde en barmhartigheid. Maar om die massas met MY woord te wil aanspreek, is vergeefse liefdesmoeite, want die mense word steeds meer deur die wêreld in beslag geneem en luister veel eerder na haar stem as na MY Stem. Elke mens wie se Gees ontwaak is, weet hoe moeilik dit is om mense te wen vir woorde van bo. Hy weet ook dat die aktiwiteit van MY teenstander so duidelik verleidelik is, dat die meeste mense geen behoefte het aan `n gawe van liefde wat hulle uit MY liefdevolle Hand aangebied word nie.
En dit kan u vir uself goed indink, dat die vele geskrifte wat aan u as geestesgoed aangebied word, maar wat nie van MY af uitgegaan het nie, slegs met één sou vermeerder het, as MY woord ook in massa-oplae versprei was. Om MY openbaringe egter te kan herken as MY woord, is die geestelike "opwekking" noodsaaklik, maar `n so `n ontwaking is nouliks meer by die mense te vinde. Maar EK ken alle siele waarna EK nog met MY woord kan kom, en hulle sal dit ook ontvang sonder dat groot oplae daarvoor nodig sal wees.
Ook die kennis om te weet hoeveel tyd u nog tot u beskikking het om MY woord te versprei, is vir u siel nie van belang nie. Maar u sou verbaas wees as u geweet het hoe naby die einde is. Daarom spoor EK MY wingerdarbeiders aan tot ywerige werksaamheid, want elkeen nog moet doen wat in sy vermoë lê. Hy mag nie moeg word om dit te doen nie, want alles wat aan die mense gestuur word en nog gestuur sal word, sal hulle eendag as `n kosbare skat na die ewigheid volg, of hulle troos en krag gee in die nood wat nog voor u lê. EK self sal by almal wees wat MY wil dien. EK sal hulle werk seën, want dit is buitengewoon belangrik en moet almal bereik wat nog verstrik is in die dwaling, maar wat tog met hulle ganse hart die waarheid begeer.
AMEN

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205