Boek 2 – Bertha Dudde - Die profetes van die eindtyd
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 15

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20.

GOD SELF AS LERAAR
Bertha Dudde 5150
13 Junie 1951
Wie die buitengewone barmhartigheid ondervind om deur MY self onderrig te word en wie hierdie leer, wat regstreeks aan `n mens (Bertha Dudde) deurgegee is, ontvang en aanneem, hy is nie langer aangewese op die verskaffing van enige kennis van elders af nie. Hy word oorvloedig deur MY versadig met die "brood van die lewe" en hoef die geestelike kos nêrens anders meer te soek nie. Hy hoef ook nie meer uit `n reënput (wêreldse kennis = opm. v.d.uitg.) te skep nie, omdat die suiwer water hom uit die bron toestroom wat waarlik baie suiwerder en beter is. Waar daar egter `n gebrek aan vars bronwater is, daar moet die mense hulleself dankbaar bedien van die water wat hulle ter beskikking staan. Maar hulle moet dit ook sorgvuldig beskerm teen verontreiniging.
Verstaan u wat EK vir u daarmee wil sê? - EK wil in geen geval daarmee die "boek van die vaders" (die Bybel) veragtelik maak nie, wat vir u van oudsher af heilig is, wat ook nooit en nimmer sy waarde sal verloor vir mense wat in goeie geloof en liefde tot MY hulle kennis daaruit probeer haal nie. Want `n diepe wysheid lê daarin verborge wat slegs verstaanbaar is vir hom, in wie die Gees werksaam en lewend geword het.
Maar wanneer EK u Self onderrig, gee EK vir u naas die leer terselfdertyd ook die verklaring. EK pas die onderrig aan, na gelang van die mate van u rypheid, EK gee u die verklarings in so `n vorm dat dit verstaanbaar is. Ten eerste leer EK u steeds om MY wil te ken, want die lewe volgens MY wil is die opdrag van u aardse bestaan. EK vra u om MY aan te neem as God en Skepper van die ganse universum, maar ook as liefhebbende Vader van MY "kinders", wat op aarde die kindskap van God kan bereik, maar baie hulp en ondersteuning daarvoor nodig het. Vir u mense het die betekenis van MY vroeëre woorde onduidelik geword, daarom wil Ek (deur die nuwe openbaringe = opm. v.d.uitg.) aan u op `n eenvoudige manier die korrekte sin van die Bybel verklaar. Daarom stuur EK MY evangelie weer na die aarde toe, soos EK dit eens verkondig het tydens MY verblyf op aarde.
EK wil nie net in u verstand nie, maar ook in u hart teenwoordig wees. EK verlang dat u opreg in MY sal glo en EK wil dit aan u duidelik maak hoe u `n lewende geloof kan verwerf. Nie deur baie kennis wat u self met u verstand u eie maak, bereik u `n lewende geloof nie, nee - slegs deur `n lewe in onselfsugtige liefde.
U insig sal baie omvangryker wees as wat dit moontlik is om alles te bestudeer, en u geloof waaragtiger wanneer u MY gebooie van die liefde tot God en u naaste onderhou, want dan is u waarlik wys en innig met MY verbonde. Dan is u ook geskik om u medemense te onderrig en aan hulle die gevolg van `n opregte lewenswandel te verkondig.
Dan is u ware verteenwoordigers op aarde en predikers volgens MY wil, want dan put u al u kennis uit uself, en MY Gees in u lei u dan binne-in die suiwer waarheid. U besit dan `n kennis wat u nie van buite af verkry het nie, maar wat u blywend deur MY barmhartigheid ontvang. - Dan het die "Bron van die Lewe" Haarself geopen, dan stroom die lewende water uit die "Bron van MY Liefde" tevoorskyn, waaraan u uself almal moet lawe. Maar u moet dan ook hierdie verfrissende drank vir u medemense aanbied, sodat hulle ook daardie suiwer water mag proe. En as hulle van goeie wil is, sal hulle die "water" (MY woord) nimmer wil misloop nie.
Alle mense sou hulle aan hierdie "Bron van die Lewe" kan lawe, maar net min weet hoe om hierdie bron te vind. Hierdie min is egter nie tevrede met hulle onwetendheid nie en soek die Waarheid, so sal hulle hulleself na MY toe wend as die EWIGE WAARHEID en bid vir `n verkwikkende drank, wat EK sekerlik nie van hulle sal weerhou nie.
Skep daarom uit die "Bron van die Lewe" en ontvang met `n dankbare hart wat MY liefde vir u aanbied. Waardeer die groot barmhartigheid om deur Myself onderrig te word, want u sal nog baie krag nodig hê, wat u slegs uit MY woord wat u van bo ontvang, kan kry, want die woord het EK geseën met MY krag.
AMEN

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205