Boek 2 – Bertha Dudde - Die profetes van die eindtyd
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 16

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20.

TWYFEL AAN GODDELIKE OPENBARINGE
Bertha Dudde 8251
25 Augustus 1962
Steeds weer sal die mense MY openbaringe in twyfel trek, omdat hulle nie lewend in MY glo nie, anders sou MY werksaamheid in hierdie laaste tyd voor die einde, vir hulle verstaanbaar gewees het. Maar `n lewende geloof vra ook `n lewe in die liefde. En dit kan die meeste mense nie doen nie, want hulle beoefen maar net eieliefde. - In so `n verkeerde liefde kan hulle MY egter nie vind nie en ook nie herken as God en Skepper nie, wat ook hulle Vader wil wees. Die meeste mense het nog net `n vormgeloof, `n aangeleerde geloofskennis wat nog nie lewendig in hulle kon word nie. - Daarom het hulle ook geen begrip vir die uitgiet van MY Gees nie, soos EK aan almal beloof het wat in MY glo en MY gebooie onderhou - want aan hulle sal EK MY openbaar.
Hoe meer die mense nog in beslag geneem word deur `n vormgeloof, des te vyandiger sal hulle hulleself opstel teenoor MY openbaringe. Tog sal EK hierdie boodskappe steeds weer na die aarde stuur, omdat EK vanuit die liefde vir MY kinders nie anders kan as om die mense die suiwer waarheid aan te bied en hulle te behoed daarvan om die sin van die lewe te gaan soek in heel verkeerde dogmas.
Die mense glo eerder in dit wat ver van die waarheid af staan, maar die eenvoudige waarheid wat van MY uitgaan, neem hulle nie aan nie. Daarom is dit makliker om `n heel ongelowige mens met die suiwer waarheid vertroud te maak, as om die mense te wil oortuig wat oorywerig besig is met die bestudering van die "boek der boeke” - wat met hulle verstand trag om elke letter te verklaar, maar MY eenvoudig inspraak afwys as werk van demone.
MY teenstander het reeds `n diepe geestelike duisternis oor die aarde gesprei en hy bedien hulle daarby ook van die boek, deurdat hy die verstandelike denke verwar en van elkeen van die mense hulle duidelike insig ontneem. En dit geluk hom daarom, omdat die verbinding van die mense met MY nie meer so heg is dat die krag van MY liefde die mensehart kan deurstraal nie, d.w.s. om `n helder lig te ontvang om die waarheid van die dwaling te kan onderskei nie. Hoe sleg sou die mensdom vergaan het, as EK MY nie oor hulle sou ontferm en sou probeer om hulle buitengewoon te versterk nie? - Wanneer EK hulle nie deur MY direkte inspraak van MY teenwoordigheid en liefde sou bewys dat EK spreek tot MY kinders as `n Vader nie?
U mense soek MY nog steeds in die verte, en al glo u ook in MY, dan glo u tog nie dat EK tot MY kinders spreek as `n Vader nie. Dat EK MY tot u neerbuig en trag om u te beweeg om u vol vertroue aan MY oor te gee sodat u vir MY kan bid om u deur die aardse lewe te lei. EK is vir u nog steeds die strenge God wat wette gee, wat gehoorsaamheid eis en die mense straf wie HOM ongehoorsaam is. U moet egter weet dat EK MY skepsele nooit straf nie, dat hulle hulleself in `n ellendige toestand bring as hulle op die diepte afstuur. Dit is nie so dat EK hulle verdoem nie, want EK trag om hulle voortdurend weer terug te bring. EK wil hulle vanuit die diepte omhoog help en roep en lok hulle daarom steeds weer sodat hulle nie verdwaal nie, en MY teenstander tot buit word nie.
Hoe kan EK MY liefde duideliker aan MY skepsele openbaar, as deur MY direkte inspraak, as deur die boodskappe wat MY en MY wese duideliker maak? - Wat ook deur die siel as buitengewone krag en as Goddelike waarheid gevoel word, waardeur die siel versterk word vir haar pelgrimstog op aarde. Die liefde tot MY skepsele wat as mense op aarde die terugweg na MY toe neem, roer MY, want hulle kan dan alleen hulle doel bereik as EK hulle die krag self daartoe gee. As EK hulle spysig met die "brood van die Hemele" en hulle die suiwer "water van die lewe" te drinke gee.
Hierdie daad van liefde wil die mense egter nie aanvaar nie en daarom wys hulle MY kosbare barmhartigheidsgawe af. Hulle is self nog nie "lewend" nie en bly daarom eerder trou aan `n "dooie "Christendom”. - Die krag van die geloof ontbreek hulle solank die liefde hulle ontbreek, want die liefde sou vir hulle `n juiste beeld kon gee van MY en MY wese wat Liefde, Wysheid en Mag is. Daarom sal MY Liefde ook steeds en steeds meer gee en aan die swak mense alles gee wat hulle nodig sal hê om hulle pelgrimstog op aarde tot `n goeie einde te bring.
AMEN

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205