Boek 2 – Bertha Dudde - Die profetes van die eindtyd
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 17

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20.

VERKLARING VIR DIE BUITENGEWONE BARMHARTIGHEIDSGESKENK
Bertha Dudde 6592
10 Julie 1956
Die is `n onverdiende barmhartigheid wanneer EK mense direk aanspreek, want selde verkry `n mens op aarde al `n graad van rypheid wat hom so naby aan MY bring, dat `n straling van MY liefde na hom toe kan plaasvind. Daarom spreek EK in die laaste tyd voor die einde alle mense op `n manier aan sodat hulle MY kan hoor, al geskied dit nie op `n direkte wyse nie.
Daarvoor het EK iemand nodig wat MY direkte werksaamheid in haar toelaat, (Bertha Dudde) en daarom gewillig is om haar heeltemal aan MY oor te gee. Hierdie wil tot oorgawe gebruik EK op `n besondere wyse, want dit is dringend nodig dat nog hulp aan die mense verleen word. Dit is egter slegs moontlik om iemand as MY "werktuig" te maak wat reeds `n bepaalde rypheid van siel bereik het. Maar selfs hierdie rypheid sou onvoldoende gewees het om MY "lig" te kan opneem, omdat slegs `n waaragtige "kind" van God MY openbaringe kan ontvang; iemand wat reeds vergeestelik die aarde sal verlaat om deur MY as kind ontvang te word en sodoende met MY kan omgaan, soos `n kind met sy Vader omgaan.
U moet weet dat so `n graad van rypheid nodig is voordat MY liefdeskrag-uitstraling in `n wese kan binnestroom, sodat die krag dan verder gelei kan word na hom wat na die "lig" verlang.
EK noem dit `n onverdiende barmhartigheid wanneer EK ook by `n mindere graad van rypheid `n menslike wese benut om hierdie liefdeskrag-uitstraling na die mense toe te bring. Met die oog op die naderende einde moet die stroom van barmhartigheid vergroot word om die mense te help, want slegs `n buitengewone toevoer van geestelike krag kan nog bereik wat andersins nie moontlik sou gewees het nie. Daarom neem EK al genoeë met die ernstige wil om MY te dien, want dit is wel die geringste voorwaarde wat `n mens moet vervul om die werke van MY Gees in homself moontlik te maak.
MY belofte lui: "EK sal vir u die TROOSTER stuur, die Gees van die Waarheid; hy sal u binnelei in die waarheid in en u alles in herinnering bring wat EK vir u gesê het!” MY Gees werk derhalwe in elke mens wat homself deur die liefde tot `n houer vir opname gemaak het. MY Gees lei hom tot die ware kennis, verlig sy denke en gee hom innerlike opheldering waardeur die mens homself nou ook in die waarheid gaan beweeg. Dit sal dus helder in hom word en hy sal sy kennis ook aan die medemense kan oordra. Hy sal met MY Gees vervul wees en daarom ook met reg kan spreek van MY teenwoordigheid in homself. Maar vir hierdie werking van MY Gees in die mens word `n sekere graad van liefde vereis, wat u mense met `n goeie wil reeds op aarde kan bereik.
Hierdie graad van liefde kan voortdurend vergroot word en kan tot so `n innige verbondenheid met MY gevoer word, dat EK MY kind met die gloed van MY liefde kan omhels. Daardeur sal hy met `n onbeskryflike gevoel van geluksaligheid MY Stem in homself hoor en sodanig met die krag van MY Liefde vervul wees, dat hy homself geroepe sal voel om MY woord verder uit te dra.
AMEN

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205