Boek 2 – Bertha Dudde - Die profetes van die eindtyd
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 9

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20.

BEGIN VAN DIE ONTVANGS VAN DIE WOORD, 25 JAAR GELEDE 15 JUNIE 1937
Bertha Dudde8192
15 Junie 1962
EK het beloof om u die TROOSTER te stuur, die Gees van die Waarheid. EK het dit ook gedoen deur u die suiwer waarheid te bring via een van MY toegeneë aardse kinders (Bertha Dudde) aan wie EK die missie toevertrou het om hierdie waarheid aan die mense deur te gee wat bereid is om dit aan te neem. EK het dus vir u mense `n lig aangesteek wat nie onder `n koringmaat gesit mag word nie, wat helder moet uitstraal in die nag wat oor die aarde uitgesprei is, omdat hierdie donkerheid maar net nog deurbreek kan word deur `n "lig uit die hoogte".
EK het aan u MY woord gestuur en uself aangespreek. Deur MY woord is EK by u teenwoordig, al is dit aan u mense gebring deur MY dienares. Die ‘ontvanger’ ( Bertha Dudde) van MY woord hoor MY Self, want sy staan in so `n innige verhouding met MY dat EK haar direk kan aanspreek, sodat sy `n bewys van MY teenwoordigheid kan toon deur MY woord - wat aan haar en aan u almal gerig is. Want MY woord weerklink in haar en onthul aan u die diepste geheime. Dit voer u in die waarheid binne, in kennis wat uit die waarheid ontspring, omdat EK self tot u spreek en u slegs die suiwer Waarheid vanuit MY kan bereik.
U het dus `n geskenk van MY van onskatbare waarde ontvang en u kan uself gelukkig prys dat EK u aangespreek het, want niemand kan van u wegneem wat EK u gegee het en wat u in geloof aangeneem het nie. U siel het daarmee iets kosbaar ontvang wat vir haar spys en drank beteken en haar ook help met haar ontwikkeling, sodat sy haar aardse lewensdoel kan bereik, omdat sy die verbinding soek met MY, haar God en Skepper en haar Vader van ewigheid.
Steeds weer sal die ontvanger van MY woord (Bertha Dudde) die barmhartigheidsgeskenk by u aanvul. Steeds weer sal sy die barmhartigheidsmiddel met so `n enorme werking van MY ontvang, om u mense te help om so die doel op aarde te bereik. Want daardeur sal u steeds nader aan MY kom en stadigaan krag ontvang om aan die voleinding van u siel te werk.
En daarom sal EK nie ophou met die bron wat EK ontsluit het om steeds die "lewende water", d.w.s. MY woord, te laat binnestroom nie, want u mense het voortdurend `n toevoer van krag nodig. U moet u daarom ook voortdurend neerplaas by hierdie "bron" om u te lawe, om daaruit te skep om u deur MY kragstroom te laat verkwik. U moet stadig drink van die lewende water wat na u toestroom uit die fontein van MY onuitputlike liefde en barmhartigheid, want dit bly tot in ewigheid. Daarom sal EK die bron van MY barmhartigheid nie laat uitdroog nie en MY steeds weer tot MY kind wend wat haar wil vir MY skenk (Bertha Dudde), en wat deur MY aangespreek wil word.
Daarom sal EK daarvoor sorg dat hierdie krag steeds na haar toe toevloei solank sy vir MY besig sal wees, want MY kind gee haarself geheel in MY hand, sodat EK die leiding kan neem. EK kan haar dus liggaamlik en geestelik laat toekom wat sy nodig het om haar missie te vervul, wat sy vrywillig op haarself geneem het. EK alleen weet hoe belangrik hierdie missie is en watter sukses tallose siele, wat hulle in groot nood bevind, daardeur kan behaal, want vir hulle is hierdie missie `n reddingsaksie van onmeetlike waarde. Hierdie is `n unieke barmhartigheidsgeskenk, naamlik dat EK u mense kan aanspreek via MY kind wat so toegeneë is, wat MY in vrye wil aanhoor en aan MY woorde geloof skenk. Wat haar in die waarheid laat binnevoer en dit deurgee aan alle mense wat die helder lig dringend nodig het, om hulle in hierdie enorme duisternis as geeste te oriënteer.
Veel seën mag die mense reeds ontvang het wat die lig van die waarheid aanneem, en ook die ontvanger self (Bertha Dudde) kom daardeur nader aan MY hart. Sy neem MY woorde gelowig aan en vergroot daarmee haar innerlike lig. Sy verkry daardeur `n insig in MY bestuur en werke en in MY heilsplan van ewigheid af, en sy word ook klarigheid gegee oor MY verlossingswerk in Jesus Christus. Hierdie klarigheid kan MY kind nou aan haar medemense deurgee, hulle wat voorheen in die duisternis was en daarom ook nie die barmhartigheidsgeskenk, naamlik MY verlossingswerk in Jesus, kon benut nie.
EK kan steeds die waarheid na baie mense toe stuur, maar net as daarna verlang word. Slegs hulle wat MY woorde aanneem, sal Ek nie meer vergeet nie en daardeur sal hulle op die goeie weg gehou word; maar hierdie weg kan die mense alleen vind wanneer hulle hulleself nie vir MY woord, wat tot hulle kom as `n gawe van die Vader, afsluit nie. Want HY wil SY kinders help om die weg na HOM toe te vind.
Die wil van elke mens is beslissend vir die vraag, of die seën van MY woorde na Hom toe sal kom. As EK Hom egter eenmaal kan aanspreek, dan sal hy MY ook steeds meer as SY Vader in Jesus Christus herken. Sonder middelaar is dit egter nie by die mense moontlik nie, omdat EK geen mens daartoe dwing om MY aan te hoor as EK tot Hom wil spreek nie, terwyl niemand andersyds MY Vaderstem sou herken het, as hy nie die wil daartoe sou gehad het om hom direk deur MY te laat aanspreek nie.
MY seën sal u dus voortdurend begelei as u uself aan MY toevertrou en MY direkte inspraak in u hart toelaat, want die nood op aarde is baie groot en alle mense het MY hulp nodig wat hulle via MY direkte inspraak duidelik ten deel kan laat val. Daarom sal MY "knegte" op aarde ook alle hulp ten deel val en EK sal u altyd deur MY troue Vadersorg geestelik en liggaamlik versorg met MY krag omdat u in MY plek kan arbei vir MY en MY ryk, omdat u in MY plek besig is en dit moontlik maak dat EK tot MY kinders kan spreek wat hulleself in nood bevind - en die stem van hulle Vader wil hoor. Hulle sal die hulp ontvang wat slegs EK hulle kan gee, omdat EK verlang na hulle tuiskoms en daarom alles sal doen om hulle te help om terug te keer in die Vaderhuis in.
AMEN

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205